Kry sonslim-hoede vir die somer

(Foto: Freya Hats)

Freya-hoede word plaaslik met die hand gemaak, is volhoubaar en het pas die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se sonslimseël ontvang omdat dit voldoen aan internasionale veiligheidstandaarde vir sonbeskerming vir mans, vroue en kinders.

“Kansa verwelkom Freya-hoede in ons leefstylmandjie en in ons organisasie se strewe om die risiko van kanker te verminder,” het Elize Joubert, uitvoerende hoof van Kansa, gesê.

Kansa het ʼn Slim Keuse-program wat mense help om hulle blootstelling aan kankerverwekkende stowwe en ander risikofaktore wat verband hou met die ontwikkeling van kanker, soos sonbestraling, te verlaag.

Freya-hoede het ʼn UBF 50, wat die hoogste vlak van ultravioletbeskerming is, in UV-beskermende kledingstukke.

Die hoede is ook van 100% katoen gemaak, wat omgewingsvriendelik en sag op allergiese velle is. Die hele gesin kry ook die voordeel van sonbeskerming met ʼn reeks hoede vir babas en kinders. Die hoede moet natuurlik saam met ʼn sonskerm wat deur Kansa goedgekeur is en sonslim-gewoontes gebruik word om optimale beskerming teen die son se skadelike strale te verseker.

(Foto: Freya Hats)

Stephanie Brearley, stigter van Freya-hoede, is verheug oor die nuwe vennootskap met Kansa.

“Freya is ʼn klein plaaslike onderneming met ʼn vaste verbintenis tot volhoubaarheid. Ons glo daaraan om mode-items met ʼn doel te skep, en ʼn deel van die verkope word geskenk aan verskillende liefdadigheidsorganisasies wat vroue en kinders in nood ondersteun.

“Kansa het ʼn sterk reputasie, en deur saam te werk, wek dit die vertroue dat ons hoede die beste beskerming teen die son bied. Suid-Afrikaners hou daarvan om veral in die somer tyd in die son deur te bring, en ons wil seker maak dat hulle dit veilig doen.”

Elke hoed is verpak in ʼn pasgemaakte trekkoordsakkie wat herbruikbaar en plastiekvry is. Hierdie sakke is gemaak van die einde-van-die-rol- of weggooimateriaal. Die hoede sal beslis in enige modebewuste persoon se smaak val. Freya-hoede skenk ook ʼn deel van alle winste aan liefdadigheidsorganisasies soos The CORA- en Sithanda-opheffingsprojekte.

Kansa se sonslimseël. (Foto: Kansa)

Kansa het sy eie sonslimseël bekendgestel om Suid-Afrikaners aan te moedig om produketikette te lees en om hulle te help met ingeligte keuses vir gebalanseerde leefstyle. Die beskermingskategorie bevat UV-beskermende klere aangesien UV-straling materiaal kan binnedring. Hoede met ʼn breë rand wat die ore en agterkant van die nek bedek en wat Kansa se sonslimseël bevat, is ʼn belangrike deel van ʼn beskermingstelsel wat jou en jou gesin teen die son beskerm.

Dié sonslimseël word slegs toegeken aan produkte wat by ʼn onafhanklike laboratorium getoets is en wat voldoen aan die nasionale standaarde (SANS) of soortgelyke internasionale standaarde (ISO), asook die streng bewysgebaseerde vereistes vir elke kategorie soos deur Kansa uiteengesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaptein67 ·

Miskien sonslim hoed, maar belaglike pryse op die web werf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.