Lewensveranderend: ‘Hoe ek ná gewigsverlies ʼn gesonde leefstyl behou het’

Talle mense onderneem ʼn gewigsverliesreis om hul gesondheid te verbeter, en sommige behaal suksesvol hul doelwitte. Maar wat gebeur daarna?

Ansie Kotze deel haar inspirerende verhaal van hoe sy met haar gesonder leefstyl volgehou het en beduidende terugslae oorkom het ná sy deur die Slender Wonder-program gewig verloor het.

Ansie, van Alberton, se reis met Slender Wonder het in April 2022 begin. Sy was vasberade om beheer te neem oor haar gesondheid, wat weens oortollige gewig benadeel is.

Sy het noukeurig die Slender Wonder-program vir drie maande gevolg onder leiding van Finesse Nuwe Jy en Supreme Aesthetics Brooklyn met dr. Anmarie Kok.

Ná die gestruktureerde fase, het sy onafhanklik vir nog drie maande die reis voortgesit en gebruik gemaak van die lesse wat sy geleer het.

Sy het uiteindelik altesaam 33 kg afgeskud.

Sy het nou al reeds ʼn jaar lank haar doelgewig behou – ʼn prestasie wat haar steeds vreugde besorg.

Ansie Kotze (Foto verskaf deur Slender Wonder)

Haar gesondheid was die grootste rede vir haar gewigsverliesreis. Sy was moeg daarvan om oorgewig te wees, om te sukkel om rond te beweeg en sy het gedurig rugpyn beleef. Dit was tyd vir ʼn verandering.

Die gewigsverlies het ʼn beduidende impak gehad op haar fisiese gesondheid. Sy kon makliker rondbeweeg en haar rugpyn is byna iets van die verlede. Sy is ook ʼn gelukkiger en meer aktiewe mens. Die sielkundige veranderings was net so merkwaardig en sy straal nou selfvertroue uit en poseer graag vir foto’s. Sy glimlag ook meer as ooit tevore.

Alhoewel sy groot sukses behaal het, het sy ʼn paar terugslae beleef tydens haar reis. In Maart 2023 het sy ʼn gesondheidskrisis beleef en albei haar eierstokke is verwyder. Daarna moes sy onverwags ʼn skildklieroperasie ondergaan weens ʼn gewas. Hospitalisering en medikasie het beteken dat sy ʼn paar kilogram opgetel het, maar sy het deurgedruk en haar gesondheid teruggekry.

Sy het verskeie strategieë geïmplementeer om op koers te bly – selfs tydens uitdagings. Sy het gesonder opsies gekies wanneer hulle uiteet, met porsiebeheer volgehou en begin stap.

Die gesonde gewoontes wat sy tydens die Slender Wonder-program gekweek het, het ʼn integrale deel geword van haar leefstyl. Dit was nie net ʼn dieet nie – dit was ʼn transformasie.

Haar familie en vriende beskou haar as ʼn inspirasie. Hulle het ook ʼn gesonder leefstyl begin handhaaf, gereeld voedsame opsies gekies en saam met haar aan fisiese aktiwiteite begin deelneem. Haar geluk het ʼn positiewe rimpeleffek gehad.

“Hulle beskou my as ʼn inspirasie, as hulle sien dat ek nie meer in my dop gekruip is nie,” sê Ansie. “Hulle eet gewoonlik gesond saam met my en gaan stap selfs saam met my. Hulle sien ek is gelukkig en dit maak hulle gelukkig. En wanneer ek saam met my vriende kuier, is daar gewoonlik gesonde happies, omdat hulle nou my leefstyl ken.”

Die belangrikste lesse wat sy tydens haar reis geleer het, is om gefokus te bly, om enige gewigstoename dadelik te takel en jou gesondheid te prioritiseer. Sy glo dat die krag van jou denke en motivering noodsaaklik is vir sukses, veral wanneer jy onvoorsiene uitdagings beleef.

Ansie Kotze (Foto verskaf deur Slender Wonder)

Op ʼn vraag of sy gedink het dat sy ooit hier sou wees, sê sy: “Nee, maar as ek na my ‘vet’ foto’s en klere gekyk het, het dit my gemotiveer om op koers te bly. Ek is oortuig dat as my denke nie reg was of so gemotiveer was deur 2022 se reis nie, sou ek 2023 nie gemaak het nie. Maar ek gaan voort en moet so gesond as moontlik bly en met dié leefstyl voortgaan. Mens is net so sterk as wat jou gedagtes is, so ek glo dat geestelike gesondheid net so belangrik is.”

Vir diegene wat aan ʼn gewigsverliesprogram wil deelneem, is haar raad om gefokus te bly op jou gesondheid.

Mens se lewe kan in ʼn oogwink verander, en om so gesond as moontlik te wees, is noodsaaklik om toekomstige gesondheidskwessies te oorkom.

Haar reis het haar verander van iemand op die randjie van nóg ʼn rugoperasie tot ʼn gesonder, gelukkiger mens. Haar hoogste prioriteit is haar gesondheid, en sy is vasberade om hierdie leefstyl vol te hou.

Haar gewigsverliesreis was lewensveranderend, en het haar met die fisiese en emosionele krag toegerus om terugslae te oorkom. Dit is ʼn getuienis aan die krag van deursettingsvermoë, ʼn toewyding tot gesondheid, en die onwrikbare geloof dat jy jou doelwitte kan haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.