Luister: Gesonde spysverteringstelsel beteken gesonde vel

Daar is ‘n direkte verband tussen ʼn ongesonde spysverteringstelsel en velprobleme soos aknee en inflammasie. (Foto: Kjersten Michaela/Pixabay)

Hippokrates, die vader van Westerse medisyne, het destyds gesê dat alle siektes in die spysverteringstelsel ontstaan.

ʼn Gesonde spysverteringstelsel is egter nie net belangrik vir jou algehele gesondheid nie, maar beïnvloed óók jou geestesgesondheid en veral jou vel. Dr. Vanessa Lapiner, ʼn dermatoloog en eienaar van die TASH360, ʼn holistiese-velsorgsentrum in Seepunt en stigter van die Root4-velsorgreeks, het met Maroela Media gesels oor die direkte verband tussen ʼn ongesonde spysverteringstelsel en velprobleme soos aknee en inflammasie.

In die eerste episode verduidelik dr. Lapiner die vyf stappe (oftewel die vyf R’e) wat gevolg word om ʼn ongesonde spysverteringstelsel te balanseer en herstel.

  • Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.
  • Volg vir Lapiner op Facebook en Instagram.
  • Besoek TASH360 se webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.