Ly jy aan angsversteuring? Hier is die simptome

stress-venster-hand

(Foto: Unsplash/Pixabay.com)

Dit is nie ongewoon om van tyd tot tyd angstig en bekommerd te voel nie, maar vir party mense het dié soort gevoelens geen einde nie en kan dit verlammend wees.

Angstigheid is ʼn normale deel van die lewe en daarom is dit nie altyd maklik om te onderskei tussen gesonde angs en ʼn angsversteuring nie.

Die sielkundige Sindisiwe Mlotshwa sê angstigheid bestaan gewoonlik uit fisieke, emosionele en verstandelike reaksies. In matige hoeveelhede is hierdie reaksies normaal in ʼn alledaagse lewe en kan dit selfs positief wees.

“Klein dosisse van angs kan ons help beskerm teen gevaar en help dat ons op spesifieke take fokus om dit te voltooi. Dit is egter wanneer hierdie reaksies te gereeld en hewiger plaasvind dat hulle ons werk, verhouding en lewensgehalte negatief begin beïnvloed.”

Wanneer kommer en angs met ʼn mens weghol, is die kanse goed dat die persoon aan ʼn angsversteuring ly.

Mlotshwa sê daar is verskillende soort angsversteurings, waaronder sosiale angs, sosiale fobie, paniekaanvalle en skeidingsangs, maar dat baie van hierdie versteurings gemeenskaplike simptome het.

“As jy die volgende simptome ervaar, en veral wanneer hierdie simptome te gereeld of te ernstig raak om te bestuur, is dit tyd om professionele hulp te kry,” sê Mlotshwa.

  • Onbeheerde kommer
  • Oordadig op jou senuwees wees
  • Sukkel om te slaap
  • Spanning in die spiere
  • Swak konsentrasie
  • ʼn Verhoogde hartklop
  • Ongestelde maag
  • Vermyding van situasies wat na vrees kan lei, of vrees self

Gelukkig is daar verskeie maniere om angsversteurings te behandel. ʼn Sielkundige of psigiater kan byvoorbeeld oefeninge, ontspanningstegnieke, kognitiewe-gedragsterapie of medikasie voorskryf om jou te help om jou versteuring te oorkom.

In ʼn geval van ʼn sielkundige krisis, kontak 0861 435 787.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johanf ·

Dit is bitter swaar……raak baie fasette van jou daaglikse lewenstyl, en die famile en mense om jou…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.