Moenie laat oorgangsjare jou onderkry nie!

(Foto verskaf deur Manna Health)

Oorwin die simptome van menopouse met Manna Menopause Support en voel wonderlik!

Wat is Manna Menopause Support?

Manna Menopouse Support is ons eie, unieke formule wat goed nagevorste samestellings insluit om simptome verwant aan menopouse te verlig.

Dit is nie ʼn medisyne of HVT (hormoonvervangingsterapie) nie, maar ʼn natuurlike, plantgebaseerde nutriënt-aanvulling wat die liggaam help om estrogeen te vervaardig. Sodoende word die natuurlike siklus van menopouse en die verwante simptome daarvan teëgewerk.

Hoe werk Manna Menopause Support?

Manna Menopause Support help met die verbetering van vaskulêre stabiliteit. Die produk bevat fito-estrogeen en het soortgelyke voordele as estrogeen wat van diere afkomstig is. Die ander voedingstowwe is vir verhoogde beendigtheid.

Die verskillende bestanddele werk op ‘n sinergistiese wyse om te help om die simptome van perimenopouse en menopouse te verminder. Die kombinasie van hierdie bestanddele help om menopousale simptome te verlig.

Wat is ‘fito-estrogeen’?

“Fito-” is ‘n Griekse stamwoord wat “plant” beteken. Estrogeen is ‘n vroulike hormoon wat funksies in beide vroue en mans reguleer. Alhoewel fito-estrogeen van plante afkomstig is, funksioneer dit baie soos die estrogeen in ons liggame.

Voordele van Manna Menopause Support

  • Help om warm gloede te verlig
  • Help om gemoedskommelinge uit te balanseer
  • Verhoog energievlakke
  • Help om libido te verhoog
  • Help om vaginale droogheid om te keer
  • Kan help om slaap te verbeter
  • Help met die verbetering van geheue en breinfunksie
  • Help om stres te bestuur
  • Help om stamina te verhoog
  • Help om osteoporose te verminder

Aktiewe bestanddele

Bloekomboombas-ekstrak (flavonoïede en polifenole) (1)
Hierdie ekstrak is ʼn anti-oksidant en help om die immuunstelsel te versterk. Polifenole help om warm gloede en ander simptome van menopouse te verminder. Dit help ook met die voorkoming en teëwerking van osteoporose en borskanker.

Sojaboon-isoflavone – Fito-estrogeen (2)
Die hoofkomponente van soja is proteïene, sojaboonolie en koolhidrate. Al hierdie komponente het gesondheidsvoordele, maar die soja-isoflavone is verantwoordelik vir ongelooflik baie gesondheidsvoordele. Daar is in 100 g gedroogde sojabone ongeveer 200 mg soja-isoflavone.

Kalsiumlaktaat – Kalsiumaanvullings (4)
Kalsiumlaktaat kan toegedien word om te help met lae bloedkalsiumvlakke (hipokalsemie), osteoporose en vir die voorkoming van post-menopousale osteoporose.

Maca-wortel (Peruaanse Ginseng) – Fito-estrogeen (3)
“Peruaanse Ginseng” is van Suid-Amerika en word al hoe meer gewild in die Verenigde State vir die suksesvolle ondersteuning van energie, stamina en libido. Dit help ook met hormoonbalansering vir mans en vroue. Maca word gebruik vir menopousale simptome en menstruele versteurings. Dit help ook om energievlakke ʼn hupstoot te gee en kan dien as ʼn anti-stresmiddel.

Vitamien E
Vitamien E is ‘n noodsaaklike anti-oksidant wat deur die liggaam benodig word. Dit help om die menopousale simptome, veral warm gloede en nagsweet, te verminder. Dit dien as ‘n plaasvervanger vir estrogeen en werk in perfekte sinergie met die res van die bestanddele in Manna Menopouse Support om die simptome van menopouse te verlig.

Vitamien D – Kanker voorkomende effek (4)
Hierdie klein wonder van ‘n vitamien speel ʼn sentrale rol in baie liggaamsprosesse en is noodsaaklik vir menopousale vroue. Studies het dit gekoppel aan die voorkoming van hartsiektes, osteoporose, diabetes, kanker en gewigstoename. Die probleem is egter dat soveel as die helfte van volwassenes ʼn tekort aan vitamien D het en dus nie die voordele kan geniet wat hierdie vitamien bied nie. Manna Menopause Support bevat genoeg vitamien D om aan jou aanbevole daaglikse vereistes te voldoen.

Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?

(Foto verskaf deur Manna Health)

Ja. Manna Menopause Support is veilig om saam met enige ander medikasie te gebruik.

As jy op HVT is, kan jy ook die produk gebruik, maar jy kan ook van HVT na die Manna Menopause Support oorskakel as jy menopousale simptome op die natuurlike manier wil teëwerk.

*Gratis versending in Suid-Afrika vir bestellings meer as R450

Besoek die webwerf by mannaplus.co.za
Stuur ʼn e-pos na [email protected]
Of skakel 021 852 8446
Die produk is ook beskikbaar by Takealot, Dis-Chem, en Alpha Pharm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.