Nuwe kookkanaal nou op YouTube beskikbaar

CatchCook.com is ʼn nuwe avontuur- en leefstylkanaal wat ʼn etiese, volhoubare en organiese leefstyl bevorder – waar mense aanspreeklikheid aanvaar vir dit wat hulle en hul gesinne eet: eet slegs wat jy vertrou en vertrou slegs dit wat jy self geoes het.

Op dié kanaal word daar visgevang, gejag, geduik en organies geboer. “Hierdie kookkanaal glo mense kan kanker en ander siektes vermy deur nie enigiets te eet wat antibiotika, geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s), plaagdoders, groeihormone, preserveermiddels of hoë vlakke adrenalien bevat wat deur abattoir-prosesse veroorsaak word nie.”

Dit is ʼn internasionale webwerf wat met trots in Suid-Afrika begin is en verder deur ʼn wêreldwye gemeenskap en gehoor ontwikkel is om bewusmaking te skep van doelbewuste organiese verbruik.

“Daar is baie YouTube-video’s en artikels wat melding maak van die negatiewe impak van huishoudelike handelsmerke wat ons daagliks verbruik. Sommige van dié handelsmerke word reeds in die VSA verbied, maar word dalk steeds toegelaat in die Verenigde Koninkryk en ander lande en vice versa.”

Jag, visvang, boer en die bymekaarmaak van kos was nog altyd deel van die mens se bestaan en is steeds die norm vir 90% van landelike bewoners. Op die tuisfront het ma, pa, ouma, oupa en sy oupa vroeg in die winter gejag en die vleis self verwerk – of dit na ʼn plaaslike slagter geneem om bietjie vet en hul gunstelingspeserye by hul organiese voorraad boerewors en patties by te voeg.

Die kanaal bevorder ook die optimale gebruik van jou oes – of dit nou groente, vis of vleis is. Die kanaal beveel byvoorbeeld aan dat jy die twee visfilette eet met die graat in die middel (as ʼn derde filet). Kykers word ook aangemoedig om diere se harte, lewers, niere, ens. te eet wat gewoonlik by die plaaslike slagter beskikbaar is. Gevolglik hoef minder vis/diere gejag te word om meer mense kos te gee.

Die kanaal leer mense ook wettige en etiese bewusmaking deur streng maksimum sakvlakke in te stel, asook ʼn beperking op visgroottes, in teenstelling met lande se bestaande beperkings, wat ʼn positiewe impak sal hê op die broeipotensiaal en waarde toevoeg tot spesies en ekostelsels.

CatchCook.com ondersoek ook die moontlikheid om ʼn selfgefinansierde internasionale merk-en-vrylaat-stelsel vir visbewaring bekend te stel deur gratis merkers aan vissermanne toe te ken, in teenstelling met huidige programme waar duur merkers aan vissermanne verkoop word en ʼn beperking geplaas word aan deelname en ontwikkeling.

CatchCook.com is ten volle gekant teen trofeejag of om enige dier dood te maak tensy dit vir kosdoeleindes is.

Kykers kan ook deelneem aan ʼn kompetisie en tuisvideo’s instuur wat met ʼn selfoon, GoPro (aksiekamera) of DSLR-kamera verfilm is. Een van die kriteria is die bevordering van die bewaringswaardes van CatchCook.com, natuurlikehulpbronnebestuur, maksimum gebruik van die oes, minimale impak op die omgewing, skoonmaak van strande en omgewingsbewustheid.

“CatchCook.com se YouTube-kanaal gaan jou uitdaag om ondersoek in te stel en aanspreeklikheid te aanvaar vir dit wat jou gesin eet. Gesels gerus met ons op ons YouTube-kanaal – lewer kommentaar en deel die video’s met vriende en familie.”

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Gesondheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae