Oorgewig in Covid-tye: Hier is die feite en wat jy behoort te doen

Verskaf deur Slender Wonder

Soos die Covid-19-pandemie sy pad van verwoesting regdeur Suid-Afrika voortsit, leer ons al hoe meer oor hoe die virus in mense manifesteer en vir wie dit die hoogste risiko in terme van ernstige komplikasies en selfs sterftes inhou.

Slender Wonder het hierdie inligting opgesom op ʼn manier wat maklik is om te verstaan. Die span by Slender Wonder het ook ʼn paar handige wenke saamgestel wat jou meer sal leer oor hoe om jouself te beskerm.

Dit is bevestig dat sekere komorbiditeite soos suikersiekte en hipertensie die risiko sal verhoog vir Covid-19 om baie ernstiger toe te slaan en vinniger te vorder en selfs tot die dood kan lei. Ongelukkig is vetsug ook een van die grootste risikofaktore wat jou lewe in gevaar kan stel.

Navorsing wat gepubliseer is deur die International Journal of Obesity, verduidelik dat vetsug regtig ʼn groot rede tot kommer behoort te wees. Behalwe dat jy waarskynlik baie ernstiger en selfs noodlottige gevolge van Covid-19 mag ervaar, is dit ook so dat jy vir ʼn langer periode gehospitaliseer kan word wat weer verdere komplikasies tot gevolg mag hê.

In ʼn ander studie gedek deur Health24, word daar verduidelik dat oorgewig pasiënte met Covid-19 amper ʼn drie keer hoër risiko loop om ʼn pulmonale embolisme (‘n verstopping in een van die slagare in die longe) op te doen.

Verskaf deur Slender Wonder

Die presiese rede hoekom oorgewig mense ʼn groter risikogroep is, is steeds onduidelik, maar huidige navorsing dui op die volgende moontlike oorsake: daar is verhoogde spanning op die longe vanweë die hoër vetvlakke in die bors en maag wat dit dan moeiliker maak vir die longe om teen volle kapasiteit te funksioneer, selfs onder normale omstandighede. Die ekstra gewig sal ook ʼn groter aanvraag na suurstof tot gevolg hê. Die nuutste teorie is dat daar ook ʼn toename is in inflammasie van die vetweefsel, wat dan weer tot ʼn ongebalanseerde immuunstelsel sal lei wat bes moontlik tot gevolg sal hê dat die stelsel self sal oorreageer wanneer die virus dit aanval. Hierdie oorreaksie sal dan weer lei tot skade aan die longe, ernstige akute asemhalingsnood en in sommige gevalle, selfs die dood.

So, wat kan gedefinieer word as “vetsug”?

Vetsug word gedefinieer as ʼn mediese toestand waar ʼn persoon ekstra gewig of liggaamsvet ronddra wat hulle gesondheid mag affekteer en die risiko vir chroniese toestande soos hipertensie of diabetes verhoog.

Baie mediese riglyne maak steeds gebruik van die sogenaamde ligaamsmassa-indeks (of BMI soos dit bekend staan) waar beide jou lengte en gewig in berekening gebring word. ʼn BMI-telling van tussen 25 en 29.9 beteken die persoon weeg meer as wat hy of sy moet en as dit hoër as 30 is, word dit as oorgewig, of dat die persoon aan vetsug ly, gedefinieer.

Die verspreiding van vet – m.a.w. waar jou liggaamsvet gevind kan word, is ook ʼn belangrike riglyn om in gedagte te hou. ʼn Oormate maagvet (vet in die ingewande) wat byvoorbeeld te naby is aan die organe, word as meer gevaarlik beskou as vet in die onderste deel van die liggaam. Die omtrek by die middellyf van ʼn volwasse man van meer as 94 cm en by ʼn volwasse vrou van meer as 80 cm, beteken die persoon het beslis ʼn groter kans vir tipe 2-diabetes, hipertensie, dislipidemie en kardiovaskulêre siektes.

Met soveel verskillende maniere om ons gesondheid te monitor, is dit belangrik om te besef dat die samestelling van elkeen se ligaam uniek is.

As jy besorg is oor jou huidige gewig en gesondheid, is dit raadsaam om ʼn dokter of ʼn dieetkundige te gaan sien wat dan ʼn persoonlike gesondheidsassesering kan doen wat jou in staat sal stel om ʼn gesonde dieet en oefenprogram te kan volg wat reg is vir jou liggaamstipe.

Slender Wonder is ʼn beproefde mediese program wat gevolg kan word om gewig te verloor en is oor die laaste 20 jaar as effektief bewys om pasiënte te help om hul BMI-telling te verbeter, hul vet in hul ingewande te verminder en gesonder leefstyle te volg.

Hier is ʼn paar stappe wat voorgestel word deur ons dokters om jouself te beskerm indien jy oorgewig is of aan vetsug ly:

  1. Neem die fisiese afstand wat gevolg moet word tussen mense ernstig op en bly soveel as moontlik tuis.
  2. Dra ‘n gesigmasker om die risiko om Covid-19 op te doen, verminder.
  3. Beoefen streng maatreëls rondom handhigiëne om infeksie te voorkom.
  4. Maak veranderinge aan jou dieet en oefenprogram. Moenie fokus op hoe jy beter kan lyk nie, maar fokus eerder op jou algehele gesondheid om jou teen Covid-19 te beskerm. Begin met klein, realistiese veranderinge soos om vars, gesonde kosse te eet.
  5. In plaas daarvan om kitsdiëte en nuwe onbeproefde eetplanne te volg, vind eerder meer uit oor ʼn mediese program om gewig te verloor en wat bewese resultate het.
  6. Versterk jou immuunstelsel deur aanvullings met voedingswaarde te neem wat bekend is daarvoor dat dit die liggaam sterker maak.

Om die paadjie met Slender Wonder te begin stap, stuur ‘n e-pos aan [email protected] en ons sal jou in kontak bring met een van ons mediese dokters vir jou eerste afspraak.

Vir meer inligting en om uit te vind hoe Slender Wonder werk, besoek https://www.slenderwonder.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.