Slaan seisoenale allergieë hok

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Vir sommige mense plaas allergieë wat met die seisoenswisseling gepaard gaan ʼn demper op die opwinding en pret wat met die lente verband hou.

Mario Correia, handelsmerkbestuurder vir Karvol, sê allergieë word in die lente vererger weens die toename in stuifmeel in die lug.

“Een van die maniere om allergiesimptome te beveg is deur voorbereid te wees daarop. As jy jouself verlos van die simptome, sal jy jou dagtake gemakliker kan voltooi.”

Correia het die volgende binnenshuise wenke vir allergielyers gedeel:

  • Maak so ver moontlik seker dat jou vensters toe is deur die dag. Maak die stof, muf en kondensasie teen die ruite en vensterrame gereeld skoon.
  • Was jou beddegoed en kussingslope een keer per week met warm water. Maak seker om alle wol-, veer- en sintetiese materiale te verwyder.
  • Hou ʼn ontstumiddel soos Karvol byderhand. Gebruik dit wanneer jy slaap en selfs deur die dag om jou te help om gemakliker asem te haal. Die Karvol-formule sluit ʼn kombinasie van aromatiese olies soos bloekom en mentol in.
  • Matte en vloere moet gereeld gestofsuig en gemop word. Stof en allergene kan oral vestig en kan deur skoene en troeteldiere in die huis gedra word. ʼn Deurmat by die ingang van jou huis kan ook ʼn reuseverskil maak.

Die Allergiestigting van Suid-Afrika (AFSA) stel voor dat die volgende stappe gedoen word om allergieë te bekamp:

  • Wees bewus van wat jou allergieë veroorsaak. Gesels met ʼn allergiekenner om vas te stel wat jou allergiese reaksies veroorsaak, in plaas daarvan om drastiese stappe te doen soos om na ʼn ander streek te verhuis. Jou allergie kan dan ook met die gepaste medikasie behandel word.
  • Wees gereed vir die stuifmeelseisoen deur bekend te wees met die stuifmeeltelling in jou omgewing. The Real Pollen Count deel stuifmeeltellings vir verskillende Suid-Afrikaanse stede. Met dié inligting kan jy voorbereid wees vir wat op jou wag wanneer jy die huis verlaat en watter medikasie jy moet inneem
  • Doen navorsing oor die stuifmeeltelling in ander gebiede wanneer jy reis. Nie alle plekke in Suid-Afrika word gelyktydig of op dieselfde wyse beïnvloed deur stuifmeel nie.
  • Kies eerder vetplante as binnenshuise plante en dra ʼn gesigmasker as die grasperk gesny word. Hang ook jou klere binnenshuis op as jy dit gewas het gedurende die stuifmeelseisoen.
  • As jy alles op die proef gestel het en dit lyk asof niks wil werk nie, spreek jou algemene praktisyn vir verdere toetse.

“Om ʼn allergielyer te wees behoort jou nie te keer om die beste van die somerweer in die buitelug te maak nie. Beheer jou allergieë deur seker te maak jy is voorbereid,” sluit Correia af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.