Só lyk die suikervlakke in koeldrank

Het jy al ooit gekyk hoeveel suiker daar in jou gunsteling-koeldrank, -sap of -melkdrankie is?

Ons is dikwels baie gesteld op die hoeveelheid suiker in kos, peuselhappies en sjokolade, maar laat na om te kyk na die suikervlakke in daardie lekker lafenis waarmee ons al te gereeld ons dors les.

Luidens bepalings deur die Amerikaanse hartvereniging moet mans nie meer as 37,9 g (nege teelepels) en vrouens nie meer as 25 g suiker (ses teelepels) bygevoegde suiker per dag inkry nie. Kinders tussen twee en 18 moet minder as ses teelepels bygevoegde suiker per dag inkry.

Bygevoegde suiker verwys na die ekstra suiker of suikerprodukte wat in die meeste geprosesseerde kos, gaskoeldranke, gebak en lekkers voorkom (en natuurlik wat jy in jou koffie of tee gooi). Natuurlike suiker verwys na suiker wat natuurlik in kos soos vrugte en groente voorkom.

Vir optimale gesondheid moet bygevoegde suiker so ver moontlik vermy word, aangesien suiker “leë kalorieë” is wat geen voordeel vir jou gesondheid inhou nie.

Vir ʼn regverdige vergelyking tussen die verskillende drankies het ons gekyk na suiker per 100 g en nie grootte per porsie nie.

Hier is hoeveel suiker daar in jou gunsteling-drinkgoed is:

DrankieHoeveelheid suiker per 100 g
Oros (mango)2,4 g
Vitamin Water3 g
Sprite3,1 g
Iron Brew3,5 g
Sparberry3,6 g
Cream Soda3,7 g
Oros (bessie)3,7 g
Gegeurde water3,9 g
Ystee (perske)3,9 g
Ystee (lemoen)3,9 g
Ystee (bessie)4 g
Oros (lemoen)4 g
Energade4 g
Tropica (mango)7,5 g
Super M (sjokolade)7,8 g
Fanta Orange7,8 g
Milo8 g
Fanta Grape8,4 g
Steri Stumpie (aarbei)9 g
Liqui Fruit (lemoen)9,5 g
Appletizer9,6 g
Steri Stumpi (sjokolade)10 g
Coke10,3 g
Liqui Fruit (lemoen & mango)10,3 g
Monster-energiedrankie10,6 g
Liqui Fruit (bessie)10,8 g
Red Bull10,7 g
Liqui Fruit (appel)10,9 g
Grapetizer12,3 g
Dry Lemon12,8 g

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

WIEBO ·

Skrikwekkend toe ek nou die berig lees. Nooit besef dit bevat soveel suiker nie. Ek drink seker die afgelope 25 jaar ELKE dag 2 liter Coke. Drink 4 lepels suiker in my koffie so 4 keer per dag. Ek is blakend gesond, en glad nie oorgewig nie.

Peer ·

@Wiebo, presies, ek slaap elke kans wat ek kry met iemand anders, nog nooit swanger gemaak of siektes gekry nie.

Wielspore ·

Ek en my vrou handhaaf nou al ‘n geruime tyd ‘n gesonder eet leefstyl, die voordele daarvan maak dit die moeite werd. Die smaak en volume aanpassing het ‘n tyd geneem en jou liggaam raak dit gewoond, Rome is nie in een dag gebou.
Ons ken nou al die voedingwaarde van die meeste produkte op die rak en wat om te vermy, nuwe produkte vereis die lees van die voedingswaarde op die houer. Suiker in ‘n oormaat is baie nadelig, lees wat op die houers staan voordat jy dit gebruik. Dit is ook moontlik om so nou en dan ‘n blikkie Coke te drink en dit te geniet.

Zettie ·

Mens het so min “lekker” in die lewe deesdae……..nou is die “lekker” ook ongesond…….

Iemand ·

Ek het as 4 jarige laas n slukkie gaskoeldrank gevat (dit was 35 jaar gelede). Ek eet selde lekkergoed en bly weg van geproseseerde kos. Ons eet elke dag vars groente, vleis en aartappels/rys/pasta. Ek doen sport (dans/yoga 4 ure per week en ry bergfiets op naweke) en die vreudge wat ek put uit my gesonde liggaam is honderde-duisende male meer as wat ‘n gaskoeldrank en ‘n homp koek ooit kan bied. Suiker is gif. Selfs al maak dit nie almal oorgewig nie stel dit baie vrye radikale vry wat mens se liggaam vinniger laat verouder. Ons voor ouers het nie so baie suiker in hul diete gehad nie, ons liggame kan dit nie hanteer nie. Moenie die gate in jou siel met koek en sjokolade vul nie, gaan buitentoe, stap, hardloop, dans en speel en geniet jou gesonde liggaam.

DIS MY SUIKER ·

Ek wil mos self besluit of ek wil suiker gebruik of nie , Hoekom moet daar vir my besluit word , dis soos die rice krispies wat ook verander is om gesonder te wees , maar die goed is so sleg soos gal en stroop soet oor al die bygevoegde suikers en twak. As ek n Cream soda wil drink dan sal ek dit doen wat is die verskil van n Coke 50 jaar terug en nou ? jare terug was dit nie ongesond nie en nou is dit . Ons leef in n skaap wereld as een dit doen dan moet almal maar gedwing word in dieselfde rigting

Joesef ·

@DIS MY SUIKER. Ons lewe in n wereld waar oorgewig en vetties moan dat dit die koeldrank, sweets ens se skuld is en nié hulle sin nie, so die wereld moet verander sodat dit hul pas.

Helien ·

Ek kyk altyd op die produk hoeveel suiker daar is. As dit te veel suiker is los ek die produkt en kyk vir iets anders.

Overbese ·

Wel, SA is die vetste land in Afrika. As ek sien hoe mense hul vergryp na kos en koeldrank, verbaas dit my glad nie. Fat Acceptance is mos die inding, kyk na Tess Holiday en kie, maar laat jy nou iets sê.

Daleen ·

‘DIS MY SUIKER” ek stem 110% saam met jou!!! Los my net uit

johan ·

Is dit die nuwe Coke se suiker , maw na suikerbelasting ingekom het se vlakke ? Hulle sit nou ook kunsmatige versoeter in

Gawie ·

Johan, dis die suiker in die ou Coke. die nuwe Coke is 7.3g/100g.

Genieve ·

So bly ek drink niks suiker in tee nie en en julle moet ook kyk hoeveel suiker daar in melk is nogals baie en nou al gewoont sonder suiker ook nie oor my pap nie ook nie n lover vir gaskoeldrank.

Weet darm nie ·

Ek drink n gemiddelde 20 to 25 koppies koffie per dag elke een met 3 lepeltjies suiker, seker al vir die laaste 15jaar. Ek is gesond, weet nie hoe lyk n dokter nie en is ook nie oorgewig nie. Klim saans in die bed met n koppie koffie. En slaap soos n baba! So los my suiker uit dankie.

Tjoklits ·

Nou is almal weer behep met suiker. Die regering soek net geld met die suikerbelasting. Die oorgewigmense gaan niks gewig verloor tensy hulle nie begin oefen en reg eet nie!Eet jou sjokolade, maar oefen ook net gereeld!

So bly ·

So bly vir julle gesondheids bewuste mensies. Ekt beter dinge om met my tyd te doen as om elke gram op te tel en maal en deel voor ek iets koop.

Ek gryp die grootste tjoklate op die rak met ‘n coke en geniet ‘n fliek saam my man en kinders voor die TV en geniet elke oomblik daarvan…. En nee, nie een van ons is oor gewig nie.

Ons weet wanneer om te stop. Maar ons geniet wat lekker is. So los ons uit wat die lekker wil en kan geniet.

Tannie ·

Ek pleit skuldig – ek “troos” myself dikwels met snoepgoed na ‘n moeilike dag by die werk. Die probleem is, deesdae help dit nie eens meer nie. Dit laat my net skuldig voel oor wat ek met my mond aan my gesondheid doen. Die skaal en bloedtoetse jok nie…..

Patrys ·

Suger free ice tea dis dit regtig wwar en is dit gesond om te drink dankie

Zettie ·

Gaan soek bietjie vir Amanda Strydom, die sangeres, op die net. Sy het by die dood omgedraai omdat sy skade aan haar niere opgedoen het. Sy het slegs water en ystee gedrink en haar niere het ingegee weens die ystee, téveel ystee. Niks is meer gesond nie, so word daar gesê oor eier, avo’s, aartappels ens ens ens……mens weet nie meer nie.

SjN ·

Dit is hoekom ek net bier drink, geen tee, koffie of koeldrank.

Hospitaal ·

As ek die kommentare bo lees verstaan ek waarom ons van die ongesondste mense in die beskaafde wereld is met meeste suikerverwante siektes, en ja Peer, Vigs ook. En dit sluit die blanke demografie in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.