Só lyk fiksheid in 2021

(Foto: Verskaf/ShowertoShower)

Die voordele van ʼn aktiewe, fikse leefstyl is eindeloos en sluit in alles van ʼn gesonde gewig handhaaf tot bloedsuiker bestuur en breinfunksionaliteit opkikker.

Die wêreldwye inperkings van 2020 het wel die fiksheidslandskap oor die wêreld heen verander namate mense meer tuis moes bly, asook nie gimnasiums kon besoek en sportbyeenkomste bywoon nie.

In 2020 het mense baie meer tuis of in die strate begin oefen. Persoonlike afrigters het aanlyn klasse begin aanbied en mense het al hoe meer op hul eie begin werk aan hul fiksheid, waar hulle voorheen saam met ʼn vriend of groep die pad sou vat.

In 2021 is die meeste inperkings wat met oefening en fiksheid verband hou reeds gelig, en kan mense amper weer normaalweg aangaan, maar dit beteken nie mense keer terug na hul ou gewoontes nie.

Hier is vyf gesondheidstendense vir 2021:

  1. ʼn Holistiese benadering

As gevolg van die pandemie is mense baie meer ingestel op hul gesondheid en die belangrikheid van ʼn gesonde, volhoubare leefstyl.

Mense fokus nie slegs op fiksheid en oefening nie, maar ook op die voedingswaarde van hul kos, hul stresvlakke en die gehalte van hul slaap.

  1. Oefenmaats

Nadat mense vir lank nie saam met vriende of in groepe kon oefen nie, blyk dit dat dit deesdae selfs belangriker as voorheen is om oefentyd met ander te deel.

Mense wil nuwe uitdagings saam met ʼn oefenmaat aanpak en dit is ook ʼn lekker manier om in die buitelug veilig te sosialiseer. ʼn Oefenmaat hou jou ook verantwoordbaar om op ʼn sekere plek op ʼn sekere tyd te wees. Hulle help ook om jou aan te moedig wanneer jy lui is of wanneer jy dink jy kan nie aangaan nie.

  1. Virtuele gesondheid

Al is beperkings wat met fiksheid verband hou al grotendeels in Suid-Afrika gelig, het die tendens om gebruik te maak van aanlyn platforms nie afgeneem nie.

 

Mense maak steeds gebruik van regstreekse of vooraf opgeneemde oefenvideo’s en aanlyn meditasies. Die moontlikhede vir hierdie video’s is eindeloos en mense kan enigiets van Zumba tot joga en pilates beoefen sonder om die huis te verlaat.

  1. Oefening-apps

In ooreenstemming met die toename in die gebruik van oefenvideo’s, gebruik mense ook in 2021 toenemend meer apps om hul fiksheid te monitor.

Apps soos MapMyRun, RunKeeper en MyFitnessPal word gebruik om te weet hoe gereeld jy aktief is en of dit genoeg is. Mense belê ook in toestelle soos ʼn FitBit of Apple-horlosie om seker te maak hulle behaal hul fiksheidsdoelstellings van die dag.

  1. Maak oefening pret

Aktiewe speletjies word toenemend gewilder, aangesien die rekenaarspeletjiebedryf liggaamsbeweging by baie speletjies begin inwerk het. Videospeletjies soos Just Dance moedig mense aan om te beweeg in die vorm van dans om na die volgende vlak aan te beweeg.

Xbox en Nintendo bied ʼn verskeidenheid van speletjies wat prettig én aktief is sodat jy nie eens agterkom jy doen oefeninge nie.

 

Bron: Shower to Shower

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.