Talle beroepsmoontlikhede met regte kwalifikasie in skoonheid

Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie

Die skoonheid-, velsorg- en gesondheidsbedryf het oor dekades ontwikkel tot een van die mees snelgroeiende bedrywe ter wêreld, met behoeftes wat veel wyer strek as net skoonheid. Die bedryf toon ʼn toenemende behoefte na toegewyde en goed gekwalifiseerde terapeute om resultaatgedrewe behandelings aan kliënte te bied.

Ook in die sakewêreld is daar ʼn tendens bespeur in besigheids-tot-besigheidsdienste onder vervaardigers en verskaffers van bedryfsverwante tegnologie wat werksgeleenthede skep. Daar is ook ʼn groeiende behoefte aan personeel wat doeltreffende ontvangs- en kantooradministrasie kan doen, met of sonder terapeutiese vaardighede. Jou loopbaan in die skoonheids- en gesondheidsomgewing kan dus op verskeie plekke in die waardeketting afskop, afhangende watter soort kwalifikasie verwerf sou word.

Daarom het die Isa Carstens Akademie die instelling in drie afdelings verdeel om te verseker dat alle behoeftes in die mark in ag geneem word:

  • School of Beauty
  • School of Somatology
  • School of Business

Die terapeut 

Die beste kwalifikasie om ʼn holistiese benadering in gesondheid en skoonheid te kombineer, is ʼn Diploma in Somatologie – NQF 6. Met ʼn wetenskaplike benadering tot behandelings en die nodige tegniese vaardighede, ontwikkel die terapeut se kreatiewe en holistiese denke, sowel as vaardighede om resultaatgedrewe behandelings te kan uitvoer.

Die somatoloog is tipies iemand met ʼn oog vir estetika en detail in alle aspekte van haar lewe. Hulle is gewoonlik empaties, en stel ook dikwels belang in die kunste, onderwys, sielkunde, arbeidsterapie, fisioterapie en verskeie ander mediese rigtings. Hy/sy kan werk by onder meer skoonheidsalonne, spa’s op passasierskepe, velsorgklinieke en mediese estetiese praktyke.

Die gewildste spesialisering wat voortvloei uit Somatologie is in velsorg en word ondersteun deur die Gevorderde Diploma in Vel-estetika – NQF 7-kwalifikasie. Hier brei hul kennis uit in gevorderde velsorg en tegnologie waar behandelings onder die toesig van ʼn mediese praktisyn uitgevoer word.

Opleiding en korporatiewe verteenwoordigers 

Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie

Opleidingsinstansies benodig dosente en produkvervaardigers benodig rolspelers met genoegsame agtergrondkennis om terapeute op te lei in die voortdurend-veranderende tegnologieë, onder meer produkte, apparate en masjiene. Verkoopsverteenwoordigers ondersteun weer saketransaksies met hul wetenskaplike agtergrondskennis in verskillende tegnologieë en besigheidsvaardighede. Verder is daar werksgeleenthede as skoonheidsjoernaliste of inhoudskeppers vir digitale media.

Die gevorderde kennis wat verkry word in somatologie en gevorderde estetika is noodsaaklik om dié rolle te bemeester. Hierdie loopbaan bied ʼn korporatiewe aanslag, in teenstelling met die rol as terapeut waar daar met die eindverbruikers gewerk word. 

Operasionele en algemene bestuurders 

Puik kliëntediens en administrasie is onder andere die sleutel tot sukses, goeie gasvryheid en persoonlike dienste. Daar is ʼn behoefte aan gekwalifiseerde en bekwame persone wat die administrasie en bestuur van skoonheidsalonne, spa’s, mediese estetiese klinieke, spa’s aan boord passasierskepe en in hotelle kan behartig. Terselfdertyd word ondersteunende terapeute benodig om gewilde behandelings te doen oor die besigste tye in die salon of spa.

Dit is die kombinasie van selektiewe praktiese vaardighede tesame met kantooradministrasie-bekwaamheid, wat unieke waarde skep vir werkgewers en entrepreneurs deur buigsaamheid te bied. Só verhoog die kandidaat hul kans om vinnig ʼn inkomste te begin verdien ná slegs ʼn jaar se studies.

Isa Carstens Akademie het dié behoefte raakgesien en ʼn unieke kursus ontwikkel: die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie – NQF 5Vyf gewilde praktiese modules word selektief bygevoeg, terwyl kleinhandelbemarkingsvakke kan lei tot ’n loopbaan in verkope en bemarking by enige van die gesogte velprodukhuise. ʼn NQF vlak 5-kwalifikasie kan vir jou toegang gee tot verdere studies op NQF vlak 6.

Wat gaan ek leer in die hoërsertifikaatkursus in kantooradministrasie?

Die ondersteuning wat hierdie rolspelers bied, is van kardinale belang om vloei en bedryfsukses te verseker en ontwikkel vaardighede in:

  • Ontvangs van en kommunikasie met kliënte
  • Die bestuur van afsprake
  • Bemarkingskoördinering
  • Kantoorbestuur
  • Basiese rekeningkundige verantwoordelikhede soos om betalings te hanteer en rekenings na te gaan
  • Die bestuur van verkope

Let wel: As jy in skoonheid belangstel, het jy die opsie om in die volgende te spesialiseer, bykomend tot kantooradministrasie:

  • Basiese behandelings soos grimering, haarverwydering, lyfmassering, manikuur, pedikuur en naeltegnologie 

Wat is my werksgeleenthede met die hoër sertifikaat in kantooradministrasie ?

Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie

Met hierdie agtergrond kan die kandidaat die res van die span bystaan en ondersteun as administratiewe assistent en bestuurder, en ook instaan vir sekere skoonheidsbehandelings. Die vaardighede stel ook die entrepreneuriese student in staat om ekonomies self-onderhoudend te raak en hul eie ondernemings te begin.

ʼn Ses maande lange aanlyn kursus in Salon en Spa-bestuur met internasionale erkenning word ook deur die Isa Carstens Akademie aangebied vanaf 2021 om weer opgeleide terapeute se besigheidsbestuursvaardighede verder te ontwikkel, of om vir entrepreneurs bedryfspesifieke besigheidsvaardighede te leer indien hulle die skoonheidsmark wil betree.

Waar kan ek dit studeer?

Isa Carstens Akademie is in 1978 gestig, en met 42 jaar in die bedryf is hulle Suid-Afrika se mees gerespekteerde en gesogte skoonheidsakademie. Isa Carstens Akademie se kursusse is geakkrediteer deur die Raad van Hoër Onderwys en het kampusse in Pretoria en Stellenbosch.

Die Akademie bied die volgende geakkrediteerde kursusse aan:

  • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
  • Diploma in Somatologie
  • Gevorderde Program in Vel-estetika

Akkommodasie is by albei kampusse beskikbaar.

Besoek die Isa Carstens Akademie se webwerf vir meer inligting en woon een van ons opedae by. Beperkte plekke is steeds beskikbaar vir 2021-aansoeke.

 

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Gesondheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.