Wenke om jou vel teen die somerson te beskerm

(Foto: Pixabay)

Die somer is hier, die son skyn en almal bring meer tyd buite deur. Maak van die son jou vriend met die regte velsorg.

Alexa Wilding, handelsmerkbestuurder van Everysun, sê dit is belangrik om in gedagte te hou dat ons vel hierdie seisoen selfs minder gewoond aan die son is, aangesien ons vanjaar soveel maande in ons huise, tydens afsondering, deurgebring het.

“Jy kan nie te versigtig wees nie. Vanjaar sal jy jou sonbeskerming moet opskerp, veral as jy ʼn sensitiewe vel het.”

Hier is vyf wenke as jy baie tyd in die son deurbring:

  1. Gebruik genoeg sonroom

Wend die regte hoeveelheid sonroom aan om seker te maak jy is voldoende beskerm. Maak ook seker dat die gebied waar jy sonroom aanwend heeltemal bedek is voordat jy in die son is. Koop ʼn sonroom met ʼn hoë SBF (50 SBF) sodat die hele familie beskerm kan word.

  1. Maak jou vel gewoond aan die son

Bring elke dag ʼn klein bietjie meer tyd in die son deur, eerder as om eensklaps ure in die son te verwyl.

Probeer om elke dag meer tyd in die son deur te bring en kyk hoe jou vel daarop reageer. Dit maak dit maklik om te bepaal hoeveel tyd goed is vir jou vel.

  1. Wees versigtig

Indien moontlik, bly binnenshuis gedurende die warmste tye van die dag – 10:00 tot 15:00. Dit is die tyd waarin die son se strale die sterkste is en die meeste skade kan aanrig. Indien jy buite moet wees in hierdie tyd, maak seker jy wend ekstra sonroom gereeld aan.

  1. Sit in die skadu

As jy steeds buite wil wees, maar jy wil nie in die skerp son kom nie, sit onder ʼn boom of sambreel. En moenie ʼn hoed vergeet om jou gesig te beskerm nie.

  1. Let op jou vel

Enige velkleur of gelaat kan sensitief raak vir die son – moet dié kwessie nie ignoreer nie aangesien dit ʼn blywende uitwerking kan hê. Nadat jy tyd in die son deurgebring het, gebruik room wat lig is op jou vel, geen parfuum bevat nie maar wel ekstra anti-oksidante, om seker te maak jou vel herstel en word goed versorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.