Werk veroudering teen met kollageen

Kollageen is ʼn goeie aanvulling wat voordele vir die liggaam inhou. (Foto: Unsplash/Coline Haslé)

Welstand is lankal nie meer net ʼn gonswoord nie en het ʼn wêreldwye gier geword – met goeie rede.

Die Covid-19-pandemie het die feit dat goeie gesondheid een van ons waardevolste bates is weer tuisgebring. Terwyl veroudering onvermydelik is, kan leefstylveranderinge wat nou aangebring word jou help om beter te verouder en kan selfs ʼn paar jaar by jou lewe voeg.

In hierdie moeilike tye is dit des te meer belangrik om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te neem en is dit noodsaaklik dat jy jouself geestelik en fisiek toerus sodat jy kan byhou met wat ook al na jou kant toe kom.

Met somer op ons voorstoep is daar geen beter tyd om op ʼn welstand- en langlewendheidsreis te gaan nie.

Dit begin alles met ʼn gesonde leefstyl: Gesonde eetgewoontes, gereelde oefening en genoeg slaap. ʼn Goeie plek om te begin is deur bewus te wees van wat jy eet, waar jou kos vandaan kom en wat dit bevat. Daar is ook aanvullings wat jou kan bystaan.

Kollageen is ʼn goeie aanvulling wat voordele vir die liggaam inhou. Kollageen is ʼn proteïen wat natuurlik deur die liggaam vervaardig word en word omtrent oral in die liggaam aangetref, soos in bloedvate, die spysverteringskanaal, spiere, gewrigte, vel, hare, tande en tandvleis.

Omdat die liggaam minder kollageen produseer soos wat jy verouder, is dit belangrik om jou dieet met kollageenaanvullings aan te vul.

Dermgesondheid is ook belangrik. Kollageen is bekend daarvoor dat dit die spysverteringskanaal ondersteun en herstel en deur daagliks ʼn aanvulling te neem, kan jy verseker dat jou liggaam al die nutriënte in jou dieet opneem. Dit help dan weer om die immuunstelsel ʼn hupstoot te gee sodat jy infeksies makliker kan afweer.

Be Bright se kollageenaanvullings.

Oefening, of dit nou stap, draf, joga of ʼn sportsoort is, speel ʼn kardinale rol in elke welstandsprogram. Daar is bewyse dat die endorfiene wat vrygestel word wanneer jy oefen stres verlig, die gemoed lig en angstigheid en depressie teenwerk.

Deur ʼn kollageenaanvulling te neem kan jy jou bene, gewrigte, kraakbeen, tendons en ligamente versterk sodat jou liggaam in staat is om makliker oefening te doen. Dit sal ook verligting bring vir stywe gewrigte.

Kollageen help ook om vet te verbrand. En al hierdie oefening sal ook jou slaap verbeter, wat belangrik is om die liggaam en siel te herstel. Kollageen help ook vir hidrasie en elastisiteit, wat bydra om veroudering teen te werk. Dit gee ook die kondisie van jou hare, naels en tande ʼn hupstoot.

Om dié voordele te ervaar moet jy dit gereeld geneem. “Ons stel voor dat jy ten minste 10 g (een opgehoopte teelepel), kollageenpoeier per dag inneem,” sê Leanne Rohrs, gesondheidsaanvullingspesialis en stigter van Be Bright.

“Om goeie resultate te sien moet dit oor ʼn langer periode ingeneem word. Jy behoort die effek binne drie tot 12 weke te sien en te voel, afhangende van die toestand van jou bestaande kollageenstrukture.”

Be Bright se Açai-bessiepoeier en kollageenpoeier.

Om kollageenpoeier by jou dieet te voeg is maklik. “Jy kan dit by jou jogurt of in ʼn skommeldrankie meng, dit oor jou ontbytpap strooi of dit in lemoensap of koffie meng. Voordat jy dit by ʼn koue item voeg, maak seker dit is heeltemal opgelos deur dit eers met ʼn klein bietjie warm water te meng. Kollageenpoeier is hitte-stabiel en kan dus selfs by bakresepte soos piesangbrood, beskuit en proteïenstafies ingesluit word.”

Nog ʼn aanvulling wat Rohrs aanbeveel is Açai- (uitgespreek ah-sigh-ee) bessiepoeier. Dit word geoes van die açai-palm wat in beskermde woude in Brasilië aangetref word en dié bessie is een van die wêreld se superkossoorte.

Dit is propvol vitamine A, B1, B2, C en E en minerale soos kalsium, magnesium, sink en koper. Dit bevat ook ʼn buitengewone hoë aantal antosianien en omega-3-, omega-6- en omega-9-vetsure wat belangrik is vir die bevordering van hart- en breingesondheid.

Açai-bessiepoeier is ook bekend vir sy teenverouderingsbestanddele. (Argieffoto: Unsplash/Vicky Ng)

“Aangesien hierdie bessies afgaan binne 24 uur nadat dit geoes is, word dit gevries om die vitamine en nutriënte te bewaar en word dit dan in ʼn poeier gemaal wat maklik is om te absorbeer,” verduidelik Rorhs.

“Dit is laag in suiker en hoog in vesel, wat goed is vir dermgesondheid en dit proe soos onversoete donkersjokolade.”

Sy beveel aan dat dit saam met water gemeng word en dan by skommeldrankies, jogurt en sap gemeng word. “Dit is ook geskik vir diegene wat keto-, paleo- en vegan-diëte volg.”

Açai-bessiepoeier is ook bekend vir sy teenverouderingsbestanddele. Die gekonsentreerde antioksidante verbeter die vel en gereelde gebruik verhoog energievlakke en verlaag inflammasie in die gewrigte.

Vir meer inligting besoek www.bebright.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charl ·

Ja alles goed en wel maar ek het ook al uit ondervinding geleer dat hierdie tipe gesondheidsprodukte belaglik duur kan wees en onbekostigbaar vir die gewone mens op straat !

Belinda ·

Stem saam. Ek kan nie eens vitamien pille bekostig. Ek probeer maar eerder vrugte ens koop om só vitamines in te kry maar ja, dis ook net so duur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.