Handwerk: ’n Tafel met kerse en sterre

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif)

Maak jou Kerstafel die middelpunt van die feesvierings en versierings met flikkerende kerse en sterre wat towermooi met van papier en klei tot suiker gemaak is.

Ons het swart en wit as hoofkleure gebruik en dit met tikkies goud en blospienk opgekikker. Om ons kerse en Kersversierings die fokuspunt van die tafel te maak, het ons alles eenvoudig op ʼn houtmiddelstuk staangemaak. Dek die tafel met jou mooiste glas- en porseleinware en eetgerei, en steek die kerse aan.

Hier kry jy idees vir eetgereihouers en aanwysings vir klei-, papier- en suikerversierings vir jou tafel. Ons wys jou ook hoe om papiersneeuvlokkies te maak.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se November/Desember 2022-uitgawe verskyn.

Jy kan die projek in jou e-posbus ontvang:

Velde met * word verplig.

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.