Hier is die top-neigings vir 2020

2020 het pas aangebreek, maar Pinterest kan ons reeds sê watter neigings dié jaar sal inhou.

Pinterest stel jaarliks ʼn lys van onderwerpe saam met die neigings vir die nuwe jaar. Dit bestaan uit die onderwerpe of items wat die meeste groei getoon het sedert die einde van verlede jaar. Hou dus gerus jou oë op die volgende neigings:

Verantwoordelike reise

Argieffoto (Foto: MabelAmber/Pixabay)

In hul reisbeplanning is mense meer op soek na meer volhoubare bestemmings, wat steeds pret is. Hulle gebruik meer volhoubare vervoermetodes, en hul bly selfs eerder tuis as om weg te gaan, om hul omgewingsimpak te verminder.

Vir ander is die kulturele impak ook groot. Hulle vermy toeristebestemmings en kies eerder bestemmings wat minder toeriste lok, maar wat meer kulturele geleenthede bied.

Die hemelruim

Argieffoto (Foto: FelixMittermeier/Pixabay)

Ruimtetoerisme is uiteindelik besig om sy kop uit te steek in 2020, ʼn halfeeu nadat die eerste mense op die maan gestap het. Mense dagdroom oor ruimtevakansies en wat hulle alles daar sal kan doen.

Terugkeer van die 90’s

“Preppy” 1990’s (Clueless (Paramount Pictures) | Saved by the Bell (NBC)

Van mode tot partytjietemas tot dekor vir jou huis is die 90’s se styl weer in. Jonger generasies gee veral hul eie unieke interpretasie aan die mode van dié jare.

Internasionale inspirasie

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Deesdae het ʼn mens nie ʼn paspoort nodig om ander kulture te ervaar nie. Digitale media word deesdae gebruik om mense se stories te gebruik en om tradisies en erfenisse reg oor die wêreld te versprei.

Indien mense wel ʼn paspoort het, is hulle ook meer geneig om van die kulturele aktiwiteite soos ʼn kosmaakklas aan te pak in ʼn nuwe land en om dan herinneringe van hul ervaring saam huis toe te neem.

Maklike balans

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Mense begin al meer aan gesondheid dink as ʼn vorm van balans. Mense soek maklike maniere om angs, stres en uitbranding te voorkom. Hulle ontwikkel roetines wat by hul leefstyl kan inpas.

Pamperlang jou troeteldiere

Argieffoto (Foto: huoadg5888/Pixabay)

Mense hanteer hul troeteldiere asof dit deel is van die familie: van die beste moontlike kwaliteit hondekos tot speelparke vir jou kat.

Millenniërs stel tradisionele mylpale soos om te trou en kinders te kry uit tot later, en wend hulle eerder tot troeteldiere vir kameraadskap. Daarom is hulle ook bereid om moeite te doen met hul viervoetige vriende.

Nie net ʼn huis

Argieffoto (Foto: Arek Socha/Pixabay)

Die huis raak al belangriker omdat dit nie net meer ʼn huis is nie, maar ook ʼn kantoor, ʼn gimnasium en jou plek van ontspanning.

Die meeste goed wat mense gewoonlik buite hul huise gedoen het, kan nou in die huis gebeur te danke aan tegnologie en fleksie-ure. Dit gee ook aanleiding tot ʼn groot uitbreiding in bedrywe soos huisdekor, afleweringsdienste en athleisure.

Volhoubare verbruikers

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Daar is ʼn definitiewe skuif vir mense om meer volhoubaar en meer omgewingsvriendelik te wees en om minder afval te produseer. Of dit nou ʼn klein daaglikse verandering is of ʼn groot lewensveranderende bydrae.

Terug na natuur

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Mense bestee meer tyd buite, en wanneer dit nie genoeg is nie pak baie nou ook uithou-uitdagings, leer nuwe oorlewingstrategieë aan en bestee tyd met hul buitemuurse stokperdjies. Selfs om die natuur na jou huis te bring deur middel van plante is nou hoog mode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.