Leer hoe om ʼn wildsplaas te bestuur

(Foto: Moletani Game Ranch/Facebook)

Moletani Game Ranch en Epic Adventure Camps bied tans ʼn fantastiese kursus van twee weke aan vir jong mans oor wildsplaasbestuur.

Moletani is geleë in die pragtige Waterberge, net so paar kilometer buite Modimolle (Nylstroom). Die kursus rus sy studente toe oor hoe om ʼn goeie veldgids te wees, wildstropery te bestry, kliënte op veilige jagtogte te neem asook die fynere kuns van 4×4-bestuur. Deel van die opleiding is ook plaasveiligheid en selfverdediging met ʼn internasionale akkreditasie in Kapap Krav Maga wat deur Golden Eagle Defense aangebied word. ʼn SETA NQF-geakkrediteerde noodhulpsertifikaat asook brandbestrydingsopleiding deur FPA (Fire Proof Africa) is ook ingesluit.

(Foto: Moletani Game Ranch/Facebook)

Verdere opleiding behels lodgebestuur, persoonlike bystand vir die eienaar, plaas- en voertuig-“doen-dit-jouself” asook kennis van die wet oor vuurwapens, inhegtenisnemings, selfverdediging, bedreigde spesies en natuurbewaring.

Moletani, Noodhulpdiens en FPA stel klaar belang om van die studente wat die kursus voltooi het in diens te neem en E.A.C en Moletani bied bystand met werksverskaffing vir die ander studente.

Die natuurbewaring- en veldgidskursus word aangebied deur die hoof van natuurbewaring in Modimolle asook die Moletani-wildbewaarders.

Die jagkursus behels wapenveiligheid, etiese jag, goeie skootplasing vir verskillende spesies, spoorsny, veld- en dierekennis asook ballistiese, kaliber en teleskoopkennis, wapenwette en verskillende jagmetodes.

Studente word ook opgelei om kliënte voor die tyd voor te berei oor geweerveiligheid en begeleiding tydens die hele jagervaring.

Die teenstroperykursus behels fisiese en psigiese voorbereiding, verkenning, spoorsny, taktiese beweging, hantering van wapens, inhegtenisnemingstegnieke en kennis oor die wet. Dit word aangebied deur oud-weermagpersoneel, GED-instrukteurs en Moletani-veldwagters wat jare se ondervinding het in die veld.

Moletani bestaan uit drie gebiede en gevorderde opvolgkursusse gaan ook aangebied word. Studente kan kies op watter vakgebied hul hulself wil toespits indien nodig.

Moletani huisves ʼn groot hoeveelheid verskillende wild naamlik buffels, elande, kameelperde, luiperds, swartwitpense, koedoes, blou- en goue wildebeeste, nyalas, waterbokke, bosbokke, blesbokke, vlakvarke, bosvarke, rooibokke, bruin hiënas en om en by duisend verskillende voëlspesies.

Moletani verskaf verblyf tydens elke kursus asook twee of drie etes per dag. Daar is ʼn snoepie op die perseel asook ʼn swembad en goeie selfoonopvangs.

Hierdie is ʼn gulde geleentheid vir enige jong man wat lief is vir die natuur en wat ʼn avontuurlustige lewe wil lei. Die volgende kursus is van 12 Junie – 24 Junie 2023. Die koste beloop R12 000 per persoon. Die kursusse word maandeliks aangebied.

Moletani beplan ook vrouekampe in die nabye toekoms.

Besprekings en verdere inligting navraag kan geplaas word by Henk van Epic Adventure Camps. Kontak hom by 072 592 2105.

Jy kan ook Riana van Moletani Game Ranch kontak by 073 217 9443.

Besoek die webwerf www.moletani.com of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.