Maroela Media se 10 gewildste leefstyl-artikels vir 2021

Hierdie tien artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se leefstyl-portaal.

  1. Lang pad na herstel ná post-Covid-sindroom

Toe ’n jong paartjie van Mosselbaai in September 2020 ewige trou aan mekaar gesweer het, het hulle nie besef dat die spreekwoordelike sewe sakke sout so kort ná hul wittebrood sou volg nie.

Jurgen en Marisa met hulle troudag. (Foto: Verskaf)

  1. Suster Julie Moore: Elke mens kan net só lank sterk wees

Wanneer Julie Moore inligtingspraatjies oor geestesgesondheid lewer, moedig sy mense aan om gesonde lewensgewoontes te kweek, om medikasie vir geestesongesteldhede te neem, en om oor jou psigiatriese probleme te praat.

Suster Julie Moore. (Foto: Verskaf)

  1. Die vrou agter die Ferrari, Chanelle Zackey

Chanelle Zackey is die ideale voorbeeld van iemand wat heel onder begin het en gegroei het na waar sy vandag is.

(Foto: Okay Deer)

  1. Mannetjies Roux en die juweel van die Karoo

Op die rugbyveld was Mannetjies Roux bekend vir sy spoed. Met sy liefdeslewe het hy dalk bietjie stadiger spoed opgetel, maar net soos met die bal onder die arm, geweet waarheen hy op pad is.

Mannetjies en Charlotte Roux na meer as ses dekades saam. (Foto: Theo Coetzee)

  1. Is dit SA se nuwe gewildste motor?

Indien Toyota sy teiken – ʼn konserwatiewe teiken na my mening – haal, sal die nuwe Corolla Cross met Volkswagen se Polo kan meeding om die topverkoper-passasiersvoertuig in die land te word.

  1. Strand-video: ‘Ek lag nog steeds’

Wat veronderstel was om ʼn romantiese oomblik vir ʼn jong paartjie op die strand te wees, het in ʼn skreeusnaakse internetsensasie ontaard toe een van die “videograwe” oor ʼn klip gestruikel het en daarna spartel om weer regop te kom.

‘n Skermgreep van Celine Edwards wat oor ‘n klip struikel tydens haar suster se verlowing.

  1. Dié maaltye en medisyne nie maats

Het jy al sommer ’n pilletjie met jou koffie of ’n glas melk afgesluk? Dan moet jy jou ore spits.

Sommige medikasie kan glad nie saam met maaltye, sekere kossoorte of drank geneem word nie. (Foto: iStock)

  1. Iemand in jou huis het Covid-19, hoe nou?

Ligter gevalle van Covid-19 kan tuis behandel word deur jouself onmiddellik te isoleer van die res van die mense in jou huis.

(Argieffoto: Unsplash)

  1. Raak só ontslae van huisvlieë

Vlieë is ongelukkig een van die algemeenste onwelkome huisgaste; nie net is hulle irriterend nie, maar hulle kan ook siektes versprei, terwyl die peste ook graag hul eiers in vleis en ander kos lê.

(Foto: Verskaf)

  1. Kos dié motortjie regtig net R150 per maand?

Die Bajaj Qute, ʼn piepklein motortjie, is besig om ʼn groot opskudding te veroorsaak.

Die Bajaj Qute. (Foto: https://africabajaj.com/)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.