Mej. Heelal en Mej. Wêreld: Dís wie SA verteenwoordig

Zozibini Tunzi en Sasha-Lee Laurel (Foto: Instagram)

Die Mej. Suid-Afrika-organisasie het pas aangekondig dat Sasha-Lee Laurel, wat vanjaar as die naaswenner in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie gekroon is, die land by die Mej. Wêreld-kompetisie sal verteenwoordig.

Dit beteken dat Mej. Suid-Afrika 2019, Zozibini Tunzi, Suid-Afrika op die Mej. Heelal-verhoog sal verteenwoordig.

In 2018 is Tamaryn Green as Mej. Heelal Suid-Afrika aangewys en Thulisa Keyi as Mej. Wêreld Suid-Afrika. Vanjaar was daar slegs ʼn wenner en ʼn naaswenner. Maar Laurel het vandag die titel van Mej. Wêreld Suid-Afrika amptelik aangeneem.

Green was die naaswenner van die Mej. Heelal kompetisie en Keyi het tot die top-30 van die Mej. Wêreld-kompetisie deurgedring in 2018 se kompetisie.

Maroela Media het vroeër berig dat daar beduidende verskille is tussen die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisie.

Zozibini Tunzi (Foto: Facebook)

“Die Mej. Heelal-wenner moet nie net beeldskoon wees nie, maar ook glansryk en sexy, aangesien daar nog ʼn bikini-afdeling by die uitdunrondes van dié kompetisie is,” het Claudia Henkel, die voormalige skakelbeampte van Mej. Suid-Afrika, destyds aan Maroela Media gesê.

Demi-Leigh Nel-Peters is die laaste Suid-Afrikaner wat die titel van Mej. Heelal kon inkatrol in 2017. Adé van Heerden het dieselfde jaar aan die Mej. Wêreld-kompetisie deelgeneem en onder die tien top-kandidate geëindig

“Die Mej. Wêreld-beoordelaars verkies weer ʼn meer statige vrou wat elegansie en fiksheid versinnebeeld. Dié kompetisie het die bikini-afdeling uitgeskakel en het weer ʼn sport-en-talentronde wat die Mej. Heelal-kompetisie nie insluit nie,” het Henkel gesê.

Die hoofdoel van die Mej. Wêreld-wenner is om die leuse van dié kompetisie, “Skoonheid met ʼn doelwit”, uit te leef deur bewustheid te skep.

Vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie vind in Suid-Korea plaas, terwyl ʼn nuwe Mej. Wêreld later vanjaar in Londen gekroon sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kiepie ·

Planeet Aarde het al soveel keer die Mej Heelal-titel gewen, dis asof die ander planete nie eers probeer nie ;-)

Raaskoppie ·

Ek het al van die ander planete se meisies gesien, hulle staan nie ‘n kans nie…
Ons s’n is baie mooier.

Jan ·

So ons Mej.SA kwalifiseer nie vir een van hierdie twee skoonheids kompetisies nie.

Anoniem ·

Lees weer, dit is ons mej SA wat ons verteenwoordig in mej Heelal En die 1ste prinses in mej wereld.

Mel ·

Ek dink dis goeie keuses met wie ons waar verteenwoordig as ek vergelyk met wat ek ervaar het op die Mej SA verhoog.
Ek dink die twee sal Suid Afrika se naam hoog hou. Sterkte dames! Ons staan agter julle.

DS ·

Kom ons kyk maar hoe ver hulle kom in die wedstryde waar wen/verloor nie aan kleur gekoppel is soos in ons geliefde land nie. Sal weer kommentaar lewer na die twee kompetisies verby is en ons met feite sit.

WESKUS NOOI ·

Sterkte Dames, ek weet julle sal ons trots maak.

ek geniet skoonheidswedstryde deesdae, dit gaan nie meer net oor “looks” nie!

humor ·

Og ………… magtig…………………… Hou niks van hierdie mensverheerliking nie. En dan is daar nog so baie ander faktore wat dit nog minder aangenaam maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.