Video: ‘ʼn Lied vir my pa in die hemel’

Burre Burger (Foto: Facebook)

Burre Burger het net voor Vadersdag ʼn liedjie bekendgestel vir almal wat reeds hul pa aan die dood moes afstaan.

Burger, wat meer bekend is vir sy droogtehulp-projekte, se pa het net na Kersfees in 1987 verdrink toe Burger net drie jaar oud was.

Burger het aan Maroela Media vertel dat sy pa saam met familie met vakansie was toe die fratsongeluk gebeur het. Hy en familielede het in ʼn boot op die see uitgegaan, toe branders die boot omgeslaan het. Burger se pa kon daarin slaag om strand toe te swem, maar het toe teruggegaan om van sy familielede te help. Daarna het hy onder die water verdwyn.

“Ek skryf elke jaar op Vadersdag ʼn gedig oor my pa. Ek doen dit op Kersfees en verjaarsdae en ander spesiale dae ook. Hierdie is my gedigte wat later ʼn lied geword het met die hulp van die liedjieskrywer Pierre Rossouw,” het Burger gesê.

“Ek dra In die hemel op aan my pa, maar ek dra dit ook op aan elke mens daar buite wat al ʼn pa in die hemel het. Ek is nie ʼn sanger nie, hierdie lied kom uit my hart uit en dit maak dit vir my spesiaal.”

Burger, wat met depressie sukkel, het gesê sy pa se afsterwe het ʼn groot rol daarin gespeel.

(Foto: Skermgreep uit die video)

“Ek het ʼn groot hunkering na my pa gehad. Ek het heeltyd gewonder hoe dit sou wees as hy nog gelewe het. Hierdie lied het my gehelp om van my vrae te beantwoord. Op so ʼn manier dans ons lekker met mekaar en het ons nog ʼn verhouding sonder dat ons weet,” het hy gesê.

Burger het ook op Facebook hulde gebring aan “Pa Tewie” wat vir hom ʼn vaderfiguur is. “Dankie aan my pa Tewie wat my groot gemaak het asof ek sy eie seun is. Dankie dat ek vir jou mag Pa noem, dankie dat ek jou mag baai soen, dankie dat jy my soms vasdruk sonder dat jy dit agter kom. Dankie Here dat U na my pa in die hemel kyk, druk hom vanaand vas, want ek dink hy weet ek sou vanaand saam met hom gedans het.”

Burger moedig mense wie se pa’s nog op aarde is aan om vir hulle die liefde en tyd te gee terwyl hulle nog kan. Hy het gesê mense wat hul pa op Vadersdag mis, kan ʼn kersie vir hom aansteek, musiek luister, en lekker saam met hom dans.

Hierdie lied dra ek op aan my pa wat verdrink het 30/12/1987 toe ek en my broer Tredoux Burger 3 jaar en 7 maande onderskeidelik was… Dankie aan Pierre Rossouw dat jy altyd in my glo, dankie dat as ek woorde gee dit soms net musiek raak… Ek dra ook die lied op aan elke mens daar buite wat al 'n pa in die hemel het… Asseblief onthou een ding, ek is nie 'n sanger nie, ek love skryf, maar die lied kom uit die hart uit, en dit maak dit vir my spesiaal…Dankie aan my pa Tewie wat my groot gemaak het asof ek sy eie seun is… Dankie dat ek vir jou mag pa noem, dankie dat ek jou mag baai soen, dankie dat jy my soms vasdruk sonder dat jy dit agter kom… Dankie Here dat U na my pa in die Hemel kyk, druk hom vanaand vas, want ek dink hy weet ek sou vanaand saam met hom gedans het… Mag pa die beste vadersdag ooit in die hemel geniet… Hierdie song is vir jou vir Vadersdag die komende Sondag…Vir jou daar buite vra ek om die video te deel, ek vra jou om jou pa liefde te gee terwyl jy kan, tyd is net geleen aan ons… As jy my pa geken het, en as jy jou pa mis, steek die Sondag 'n kersie aan vir hulle in die Hemel…

Posted by Burre Burger on Thursday, June 13, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

MCS ·

Pragtig. My Pa ook al na sy ewige huis. Vir my was dit te vroeg, sou graag hom ‘n bietjie langer wou vashou maar berus in God se besluit.,

Ella ·

Sjoe, dit is ontsettend mooi!
Dit het my so na my pappa laat verlang.

???? leser ·

dankie, burger, my pa is ook by die Here, verlos van al sy aardse en liggaamlike pyn
ek verlang party dae vreeslik na hom, al is dit net om sy stem weer te kan hoor
RIV dad

Leonie ·

Met Vadersdag wat nader kruip raak die heimee en verlange so bietjie meer as n mens se liefste Pa alreeds in die hemel vir ons wag. Stywe drukkies vir almal wat die hartseer deel. Ook n Burger (nooiensvan)

Willem ·

Dankie Burre dis baie mooi! Sterkte aan almal wat hierdie seer ken. Ek loof Jesus vir die vertroosting wat daar in Hom is en die belofte van ‘n ewige lewe!

Colleen ·

Ek onthou daardie dag soos gister. My pa was baie hard geslaan. Hulle wad altwee mense van die see.

Gesiggie ·

Pragtig, en waar woorde… en ek stem 100% saam jou Burre Burger ons moet ons ouers koester, om sonder n Ma of Pa te wees is nie dieselfde. Vir die wat nog ouers het bederf hul elke dag, soos hul jou as kind bederf het, wees daar vir hul en gee aan hul baie liefde. Gelukkige Vadersdag aan elke Pappa wat nog die vooreg het.

Mia Duvenage ·

Pragtig. … môre steek ek ook n kersie vir my Pappa aan… hy is reeds in 1963 oorlede & my Moeder in 1994…. , ek weet dat ons eendag as gesin weer bymekaar sal wees… rus in vrede…. (van 8 kinders; is ons drie oor)

Sarie Viljoen ·

Hoendervleis mooi. Miskien moet jy dit op dit op ‘n enkelsnit CD sit en verkoop

Venessa ·

Ek moes my pappa die 6de Mei groet. Vandag is sy verjaarsdag….more vadersdag…ek sou als gee vir nog tyd saam met hom!! Pappa ek velang jou so ontsettend baie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.