Woon aanlyn meesterklas oor Enneagram by

Johan Beukes. (Foto: verskaf)

Indien jy nog altyd meer wou uitvind oor die Enneagram, is dié drie uur lange aanlyn meesterklas net vir jou.

Een van Suid-Afrika se bekendste leierskapafrigters, Johan Beukes, bied op Dinsdag 16 Augustus om 17:30 ’n aanlyn meesterklas aan wat sal fokus op persoonlike groei en leierskapsontwikkeling.

Beukes, wat meer as 23 jaar ervaring in leierskapafrigting het, sal gedurende die Introduction to Enneagram-sessie die deelnemers leer om die beste weergawe van hulself te word.

Die deelnemers se nege maniere van reageer en die redes daarvoor sal tydens die meesterklas ondersoek word. Hierna sal hulle ook toegerus word met die nodige gereedskap om positiewe veranderinge in hul lewens teweeg te bring.

“Wanneer ons die Enneagram-ontleding gebruik, kan ons onsself beter verstaan en begin groei,” het Beukes verduidelik.

“Dit gee jou die gereedskap wat jy nodig het om te weet hoe om te verander. Dit is die wonderlike ding van die Enneagram; dit wys jou hoe jy die beste weergawe van jouself kan wees.”

Die meesterklas sal deelnemers in staat stel om die nege verskillende leierskapparadigmas beter te verstaan en te identifiseer. Hulle sal sodoende hul eie leierskapvermoëns kan opskerp op grond van hul Enneagram-persoonlikheidstipe.

“Wanneer hulle gevra word om hul leierskapstyl te beskryf, voel die meeste leiers verward. Dikwels is die antwoord baie eenvoudig en kan dit gebaseer wees op terugvoer wat hulle ontvang het.

“Ons leierskapstyl ontwikkel egter eintlik deur ons Enneagram-styl en is verbasend duidelik. Hieruit kan ons leer wat ons sterk punte is en die geleentheid kry om te groei.”

Beukes is het ’n meestersgraad in teologie van die Universiteit van die Vrystaat, asook ’n honneursgraad in bedryfsielkunde van die Noordwes-Universiteit.

Hy het sy meestersgraad in filosofie aan die Universiteit van Johannesburg voltooi, met ’n doktorsgraad wat daarop gevolg het.

Hy is passievol daaroor om te inspireer en lewer gereeld toesprake oor leierskap, strategie, fasilitering, bedryfsielkunde, opvoeding en geloof.

  • Die drie uur lange aanlyn meesterklas, Introduction to Enneagram, se koste beloop R900 per persoon (assessering uitgesluit) en kaartjies daarvoor kan hier aangekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.