Die drie grootste rolspelers in die Suid-Afrikaanse bakkiemark is Toyota se Hilux, Ford se Ranger en Isuzu se D-Max. Daar is talle ander, en hulle is beslis nie slegte produkte nie, maar vir die een of ander rede verkoop hulle maar min, dink aan die Navara, Amarok en Triton.
Toyota het verlede jaar hulle bakkie-aanbieding opgeknap, en daarna het Ford se Ranger party maande ʼn bietjie pak gekry in die verkoopsyfers. Ford is terug na die beplanningstafel om ál hul potlode vlymskerp te maak. Die resultaat is ʼn Ranger-aanbieding met ʼn bakkie in elke hoekie van dié segment.
Daar is grootliks twee nuwe rolspelers. Daar is ʼn enkelturbo 2.0 viersilinder diesel wat 132 kW en 420 Nm bied. Die ander een is ʼn tweelingturbo 2.0 viersilinder diesel wat 157 kW en 500 Nm bied. Albei die enjins is slegs beskikbaar met ʼn tienspoed outomatiese ratkas. My enigste kwaal met die vorige Ranger reeks was die ratkas.
Daar was ʼn kort eerste en tweede rat gevolg met ʼn reuse-gaping na ʼn lang derde rat. Dit was opmerkbaar in die 2.2 en 3.2, handrat én outo. Die goeie nuus is dat die tienspoed outo glad nie daai probleem het nie. Die ratverhoudings is mooi eweredig versprei en die wisselings seepglad.
Die enkelturbo 2.0 is beskikbaar slegs in XLT-vorm, met die tienspoed outokas. Dit is beslis my keuse in die reeks. Die 132 kW en 420 Nm klink moontlik nie asemrowend nie, maar die kraglewering deur die tienspoed outo is puik. Die rolstaaf op die voorste as is geskuif en die rit is heelwat verbeter. Met die rolstaaf waar hy nou sit kan hy beter bakrol voorkom sonder dat die vering harder gemaak moes word. Op die toetsroete het ons glad nie rustig gery nie, en die 2.0 SiT het 9.5 ℓ/ 100 km gehandhaaf.
Die dubbelturbo 2.0 is beskikbaar slegs in Wildtrak-vorm, met die tienspoed outokas. Ek wil weer tyd met dié enjin deurbring en mooi gaan voel wat gaan vir wat. Daar was vir my ʼn geringe verbetering in krag teenoor die enkelturbo – amper onmerkbaar.
Waar die Wildtrak wel beïndruk is in die spesifikasievlak. Daar is botsingwaarskuwing, baanbeheer, aanpasbare spoedbeheer, wegtrekhulp, afdraandbeheer en ʼn magdom lugsakke. Die klimaatbeheer werk puik én daar is verhitte sitplekke vir daai koue wintersoggende … én hy kan homself parkeer. Met Ford se nuwe ruisonderdrukking bly die kajuit voorwaar stil al ry mens vinnig op die oop pad.
Nóg ʼn funksie wat Ford ontwerp het is ʼn staaf in die laaibakklap wat die meeste van sy gewig dra en beheer. Sodra ʼn mens die klap oopmaak, val hy nie oop met vreeslike geweld nie, en as ʼn mens hom wil toemaak kan jy dit letterlik met een vinger doen. ʼn Briljante funksie aangesien baie dubbelkajuitbakkies deesdae deur gesinne as daaglikse familiemotors gebruik word; nou kan mamma self die klap toe maak.
Ons sleep in Junie met ʼn Ranger ʼn bietjie woonwa en sien uit om dán te sien wat gaan vir wat as mens meer tyd met die bakkie kan deurbring. Albei 2.0 ℓ-enjins het ʼn sleepkapasiteit van 3,5 ton op beide 4×2 en 4×4, heel indrukwekkend. Vir ʼn eerste indruk het die ander vervaardigers ʼn reusetaak om dié Rangers te klop.
Die reeks lyk só:
Enkelkajuit
Ranger 2.2TDCI intreemodel 5-spd handrat 4×2 | 88 kW/ 285 Nm | R287 100 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R359 800 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R372 300 |
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R390 900 |
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2 | 147 kW/ 470 Nm | R401 800 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R411 400 |
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R449 200 |
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4 | 147 kW/ 470 Nm | R460 100 |
Super Cab
Ranger 2.2TDCI intreemodel 5-spd handrat 4×2 | 88 kW/ 285 Nm | R336 500 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R381 400 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R393 800 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R429 300 |
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R426 400 |
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R472 400 |
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2 | 147 kW/ 470 Nm | R424 900 |
Ranger 3.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×4 | 147 kW/ 470 Nm | R480 900 |
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd outo 4×4 | 147 kW/ 470 Nm | R568 600 |
Dubbelkajuit
Ranger 2.2TDCI intreemodel 5-spd handrat 4×2 | 88 kW/ 285 Nm | R350 000 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R409 400 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd handrat 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R455 300 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R428 800 |
Ranger 2.2TDCI XL 6-spd outo 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R474 700 |
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd handrat 4×2 | 118 kW/ 385 Nm | R455 100 |
Ranger 2.2TDCI XLS 6-spd outo 4×4 | 118 kW/ 385 Nm | R508 400 |
Ranger 2.0L Turbo XLT 10-spd outo 4×2 | 132 kW/ 420 Nm | R514 300 |
Ranger 2.0L Turbo XLT 10-spd outo 4×4 | 132 kW/ 420 Nm | R570 200 |
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd handrat 4×2 | 147 kW/ 470 Nm | R542 600 |
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd outo 4×2 | 147 kW/ 470 Nm | R571 400 |
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd handrat 4×4 | 147 kW/ 470 Nm | R604 800 |
Ranger 3.2TDCI XLT 6-spd outo 4×4 | 147 kW/ 470 Nm | R617 300 |
Ranger 3.2 TDCI Wildtrak 6-spd outo 4×2 | 147 kW/ 470 Nm | R609 800 |
Ranger 2.0L BiT Wildtrak 10-spd outo 4×2 | 157 kW/ 500 Nm | R632 300 |
Ranger 2.0L BiT Wildtrak 10-spd outo 4×4 | 157 kW/ 500 Nm | R678 200 |
Die reekse word gedek deur ʼn vier jaar/ 120 000 km waarborg en ses jaar/ 90 000 km diensplan.
- Die Ford Ranger Wildtrak. Foto: Verskaf
- Die Ford Ranger Wildtrak. Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
En die Ford-manne was destyds eerste om 2L meklbottel grappies te maak met die Amarok bekendstelling ??? #verleentheid #rooigesig #wielaastelag
Niemand kan se FORD probeer nie!Ek hoop hy gaan nou nog sterker kompitisie vir Toyota se Hilux wees.Dit kan net voordele onthou.Sal goed wees as Isuzu nou ook inspring!
Goeie artikel Brendon. Gin wonder die nuwe Ranger is Australia se bakkie van die jaar nie. Ek hou baie van die veiligheids eienskappe en hulp funskies. Hy is luukser as my MB C250 cdi. Die safaripak en langkous klan sal nie al die tegnologie verstaan nie.
Alhoewel die Ford bakkie goed is en verkope is ‘n bewys daarvan dink ek dit is bietjie voortydig om die Ford bakkie die koning te noem.
Suid Afrikaanse voertuig kopers hou vas aan hulle “brand” en dit neem heelwat oortuiging om ‘n kopskuif te bewerkstellig.
Teen die einde van die jaar behoort ek die eienaar van my eerste Amarok te wees.
Ek wens Isuzu wil so bietjie bykom met die tech. Kyk, hulle is regtig mooi bakkies, baie betroubaar, lig op diesel ens ens. Ek LOVE my Lorrie, maar hulle kom redelik kort as dit kom by die tegnologie. Kom Isuzu, kort voor lank wil ek ietsie nuuts koop en dan is jul so ver agter dat ek dalk n Amarokkie of Ranger sal moet oorweeg.