Bekendstelling: Hilux kry ligte chirurgie

Foto: Verskaf

Met die onlangse bekendstelling van die Hilux Dakar het ek gedink dit is hoe die Hilux nog altyd moes gelyk het. En siedaar – Die SRX- en Raider-modelle kry nou deurgaans die nuwe Dakar-sierrooster.

Die SRX-modelle word verder opgeknap met  outo-ligte en ʼn 4-luidpsreker-raakskermklankstelsel met Bluetooth en USB wat voorheen slegs in die Raider-model beskikbaar was. Dié stelsel is nou ook met ʼn truratkamera toegerus. SRX-modelle balanseer die skaal tussen werk en ontspan met 17”-sierwiele.

ʼn Reuse pluspunt vir my is die reikafstandverstelbarestuurkolom. Die SRX gebruik Toyota se 2,4 GD-6 viersilinderturbodieselenjin. Dié enjin bied 110 kW en 400 Nm. Daar is ʼn 6-spoed handrat en 6-spoed outo beskikbaar.

Foto: Verskaf

Die reeksleidende Raider kry ʼn chroom afwerking om die sierrooster. Die hoofligte is LED-tipes en bied puik beligting en dagligte. Die raakskerminligtingstelsel kry navigasie by en DVD video-vermoë. Dié stelsel het ses luidsprekers. Die Raider se binneruim is nou soos met die Dakar heeltemal swart met ʼn swart dakvoering.

Die Raider is meer ʼn onspanningsvoertuig en lyk dus mooier met 18”- sierwiele en outomatiese klimaatbeheer. Die Raider is met sewe lugsakke toegerus. Die Raider gebruik Toyota se 2,8 GD-6 viersilinderturbodieselenjin. Dié enjin bied 130 kW en 450 Nm in outo, 420 Nm in handrat. Albei ratkaste is sesspoed. Daar is steeds ʼn 4,0 V6 beskikbaar met 175 kW en 376 Nm.

Foto: Verskaf

Daar is ʼn paar nutsbakkies bygevoeg oor die drie verskillende bakstyle, enkel, Xtra en dubbelkajuit om hul kliënte beter te dien. Die enkelkajuit kry ʼn 2,4 GD-6 outo SRX en die 2,7VVTi SRX is opgeskort. Die SR wat vloot- en mynkliënte dien met ʼn hoër veiligheidspesifikasie, maar laer toerustingvlak, is uitgebrei met ʼn 2,4 GD-6 handrat 4×2, voorheen slegs beskikbaar in 4×4. Die Xtra-kajuit met outomatiese ratkaste is goed aanvaar deur die mark na sy bekendstelling in 2017, en kry nou ʼn 2,4 GD-6 SRX outo by.

Foto: Verskaf

ʼn Splinternuwe reeks word nou bygevoeg. Die intreevlak S-model is ʼn geen fieterjasies Hilux. Die S kry ʼn PVC binneruim met ʼn “J-deck” laaibak met grendel-tipe agterklap met vraghakke.

Staal wiele en swart buffers tref onderskeid tussen die S en ander Hilux-modelle. Twee enjins is beskikbaar, 2,7VVTi met 122 kW en 245 Nm met ʼn vyfspoed handrat, of 2,4 GD-6 met 110 kW en 400 Nm en ʼn sesspoed handrat. Die dubbelkajuit SRX outo was voorheen slegs in outo beskikbaar, maar nou ook met ʼn handrat.

Die onderstelkajuit word nou weer bekendgestel met drie weergawes. 2,0 VVTi 5-spoed handrat werkperd met lugreëling, 2,4 GD-6 vyfspoed handrat werkperd met lugreëling en 2,4 GD-6 sesspoed handrat SRX 4×4.

Inferno Orange wat met die Dakar-reeks bekendgestel is sal nou deur die bank beskikbaar wees. Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en ʼn nege dienste/ 90 000 km- diensplan is standaard op alle modelle. Kliënte kan dié diensplanne verleng by die handelaar met aankoop van ʼn nuwe Hilux.

Die reeks lyk nou só:

ModelPrys
Enkelkajuit 
Hilux SC 2.0 VVTi 5MTR 253 200
Hilux SC 2.0 VVTi 5MT A/CR 261 200
Hilux SC 2.4 GD-6 5MTR 287 300
Hilux SC 2.4 GD-6 5MT A/CR 295 300
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SR 6MT (Nuut)R 360 900
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SR 6MTR 422 300
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SRX 6MTR 375 500
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SRX 6AT (Nuut)R 391 800
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6MTR 441 600
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6ATR 459 800
Hilux SC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6MTR 443 400
Hilux SC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6ATR 461 600
Hilux SC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6MTR 507 300
Hilux SC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6ATR 525 800

 

ModelPrys
Xtra-kajuit 
Hilux XC 2.4 GD-6 RB SRX 6MTR 386 700
Hilux XC 2.4 GD-6 RB SRX 6AT (Nuut)R 403 000
Hilux XC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6MTR 470 800
Hilux XC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6ATR 489 300
Hilux XC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6MTR 536 700
Hilux XC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6ATR 555 300

 

ModelPrys
Dubbelkajuit 
Hilux DC 2.7 VVTi RB “S” 5MTR 385 100
Hilux DC 2.4 GD-6 RB “S” 6MT (Nuut)R 407 800
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SR 6MT (Nuut)R 417 500
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SR 6MTR 483 400
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SRX 6MTR 432 000
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SRX 6AT (Nuut)R 446 400
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6MTR 503 500
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6ATR 526 900
Hilux DC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6MTR 534 900
Hilux DC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6ATR 553 600
Hilux DC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6MTR 601 500
Hilux DC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6ATR 621 900
Hilux DC 4.0 V6 4×4 RAIDER 6ATR 663 800

ModelPrys
Onderstelkajuit 
Hilux SC 2.0 VVTi 5MT A/C (Nuut)R 250 500
Hilux SC 2.4 GD-6 5MT A/C (Nuut)R 284 700
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6MT (Nuut)R 407 100

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kerk ·

Trots om aan die Toyota geloof te behoort, ipv kerk toe gaan, ry ek Sondae bietjie rond in my Fortuner.

Net ‘n gekeurde groepie slaag katkisasie en gaan hemel toe.

Is jy uitverkies?

Carel Kat ·

Net nog een van Toyota se “face lifts”. Beteken ‘n nuwe model is om die draai, koop jy nou sit jy binne ‘n jaar met ‘n “ou” bakkie. Vang die ouens al vir jare met die een om van die laaste paar ontslae te raak.

Nee wat ·

Al die opheg oor ‘n nuwe grill, truratkamera, bluetooth, USB???
Al hierdie goed is al jare lank die in ander voertuie. Nou in 2018 kom Toyota eers by met dit?? Plaas hulle eerder die bakkie software aanpas dat die hiluxe minder rol. Of laat ek raai Toyota het nog baie ou rekenaar sisteeme wat nie anti rol software upgrades toelaat nie. Komaan Toyota. Die Amaroks het anti roll software en hulle het nie eers ‘n reputasie van rol nie.

Vraagteken ·

Ja, maar die Toyota gaan baie langer hou as die einste VW – dis al wat tel.

TvdM ·

Vraagteken dit hang nou net af hoe vinnig jy jou Hilux rol. As jy hom rol help sy betroubaarheid net mooi niks.

Nee wat ·

@Vraagteken. En jy glo gouself?
Wie wil nou ‘n bakkie ry wat oud is of baie km’s op het? Is jy ook een van daai manne wat glo sy ou Tedelex TV van 10 jaar terug is beter as die nuutste LED TV’s ? As toyota eienaar moet jy al gewoont wees aan stadige voertuig met ‘n baie ou D-4D engin tegnologie.

Vraagteken ·

@TdvM en @Nee wat – blah blah blah, die verkoopsyfers sê alles.

TvdM ·

Ek stem saam, soos die engelsman sal sê “if you can’t beat them, join them”. Groot verbetering.

Johannes ·

Daai overdone oorhang neus lyk net slegter hoe meer tupperware hul opplak.
Baie dankbaar ek nie deel van die toyota/bloubul/ng kerk kliek nie…..

Riaan ·

Die Toyota gaan baie langer hou maar jy gaan te minste 5 keer geroof word met hom, en hom 5 keer afstaan aan diefstalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.