Bekendstelling: Toyota se splinternuwe Rav4

Toyota se nuwe Rav4 (Foto: Verskaf)

ʼn Voertuig waarna ek nou al ʼn rukkie uitsien is Toyota se nuwe Rav4. Sy voorganger was vir ʼn wyle heel gewild en met Akio Toyoda, Toyota se president en uitvoerende hoof, wat in 2010 gesê het dat Toyota nie meer vervelige motors sal bou nie, was ek opgewonde vir wat die nuwe TNGA-platform met Rav4 sou bring.

Dit is goeie nuus. Die ontwerp is uiters modern en ʼn vars bries wat in die segment inwaai. Dis nie net die ontwerp wat vernuwe is nie – die binneruim is verbasend cool. Die binneruim is uiters luuks met ʼn behoorlike spesifikasievlak. Die 2.0 GX-R model wat ons eerste gery het, het funksies soos verhitte en verkoelde sitplekke en draadloselaaifunksie vir jou slimfoon.

Die enigste kwaal van die binneruim vir my is die gebrek aan CarPlay en Android Auto. Beenruimte vir agterste passasiers is verbasend groot vir dié segment. Die beenruimte is ook beskikbaar sonder om die kattebak te belemmer – die Rav4 het ʼn baie ruim kattebak.

Toyota se nuwe Rav4 (Foto: Verskaf)

Die nuwe Rav4 gebruik nuwe weergawes van Toyota se 2.0 en 2.5 atmosferiese viersilinderenjins. Albei enjins bied indrukwekkende verhogings in kW en wringkrag teenoor hul voorgangers – en die verbasendste van alles is die verbeterings in brandstofverbruik met die 2.5.

Nie lank gelede nie was 2.4- en 2.5-viersilinderenjins uitermatig dors. Ons het meer as 130 km aan Natal se Noordkus met die lugreëling op arkties gestel gery en die 2.5 het ʼn brandstofverbruiksyfer van 8,1 ℓ/ 100 km gebied. Daar is ʼn 6-spoedhandrat 2.0 GX beskikbaar, dán maak die 2.0 GX-R gebruik van ʼn palwisseltransmissie (CVT) en die 2.5 VX ʼn 8-spoed wringkragomsitter-outo. Albei ratkaste het nie gepla op die oop pad nie, maar ek sal hulle in die dorpverkeer wil beproef.

Ritgehalte is indrukwekkend soepel in albei modelle. Ek is dankbaar dat Toyota nie gepla is met sportiewe vering en 20”-wiele soos baie vervaardigers deesdae is met hul sportnutsvoertuie nie. Padhouvermoë is in die kol vir dié klas voertuig, én die vierwielaangedrewe modelle geniet ʼn grondpad terdeë.

Daar is ʼn paar sterk rolspelers in dié segment, maar die nuwe Rav4 is beslis ʼn sterk mededinger.

Die reeks lyk só:

Toyota Rav4 2.0 GX handrat127 kW/ 203 Nm6.8 ℓ/ 100 kmR416 400
Toyota Rav4 2.0 GX CVT127 kW/ 203 Nm6.5 ℓ/ 100 kmR427 600
Toyota Rav4 2.0 GX-R CVT AWD127 kW/ 203 Nm6.7 ℓ/ 100 kmR508 100
Toyota Rav4 2.0 VX CVT127 kW/ 203 Nm6.5 ℓ/ 100 kmR505 400
Toyota Rav4 2.5 VX 8AT AWD152 kW/ 243 Nm7.3 ℓ/ 100 kmR577 900

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en 6 jaar/ 90 000 km diensplan.

Ons sal binnekort weer tyd met die Rav4 deurbring en sien hoe hy hom in die dorp gedra en hom dán teen sy mededingers vergelyk.

Het jy raad nodig voordat jy daardie spoggerige nuwe motor koop? Vra Maroela Media se motor-foendi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Boet Fasie ·

Nee wat Toyota hou hom maar, ons koop nie meer Toyota nie, Bied spesiale aanbiedings aan vir EFF en ANC lede dalk koop hulle dit, alhoewel hulle meer Volkswagen ondersteuners is.

Lekker ·

Stem 100% saam. Toyota kan maar die Blanke mark uitsny en probeer om die nuwe mark te breinspoel dat Toyota goed is. Geen Toyota op my erf nie, selfs nie my vriende sin nie.

Toyota # ·

So sê almal wat nie een kan bekostig nie, gaan ry maar julle GWM. Alles loop reg altyd reg… ?

AfrChick ·

Ja nee… Toyota se houding jeens AIG en Steve is ‘n jammerte, but we don’t need you. Sal maar my geld elders spandeer. Vir R600 duisend + is daar baie beter opsies. Dank aan die media wie ons ingelig hou oor diskriminerende gatkruipers. Ps. Klink my tot Nigerië is keelvol…. eis hulle dan nie multimiljoene in boetes van MTN vir korrupsie nie?

LHJ ·

@Toyota, eendag as jy groot is kan jy ook n Ford ry, wanneer jy een kan bekostig.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die voertuig is doodeenvoudig te duur want daar is groter voertuie bv die Isuzu wat n beter waarde vir geld is. Met Toyota se skop wat hulle ons blankes pas op die mond gegee het moet hulle maar die voertuie aan die kaders gaan verkoop.

marco polo ·

Waar is die dae toe motors nog geboubis vir mense wat daarvan hou om te bestuur. Lyk my deesdae se motors word gebou vir diegene wat eerder met hul selfone wil speel.

Johann cb ·

Bedek die vervaardiger se wapen op die voertuig, en dit is ‘n….enige ander sportnutsvoertuig op die Suid-Afrikaanse mark!

Siener ·

My ou vriend het klaar Ford wapens op sy 3 hiluxe gesit en foto’s vir Toyota SA gestuur. Dit sal seker ook op FB uitkom. Ek kan sien in die BOER gemeentskap dat die manne omgkrap is en sommige gaan uit ‘n staanpunt van hulle toyotas ontslae raak. Moet nie aan ‘n boer se taal krap nie.

Anita ·

Hou ma julle rav stem saam Isuzu is baie beter. Koop nooit weet toy toy nie

Brent ·

Jihny stem. Mense die blaam kry vir wapens….soo ok voeruie. Nou berig gelees. Jip n toyota.

Sheryah ·

Jammer Toyota, maar al probeer julle nou-weer mooi broodjies bak is dit te laat. Aan die eenkant wil julle Boer-soek-‘n-Vrou se borg wees en aan die anderkant verloën julle die afrikaner deur die Afrikaans-is-Groot borgskap te ontrek. Nou wil julle weer by Maroela-Media probeer gatkruip. – Maar ek dink ek is meer teleurgesteld in Maroela Media. Ek kan nie verstaan hoe maroela wat deel v Afriforum is so laag daal om ‘n artikel oor die toyota te doen nie (al was dit dalk ‘n betalende advertensie!) Solidariteit/Afriforum moes hier vir die Afrikaner opgestaan het en die artikel/advertensie geweier het.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

Net so “boring” soos Apple produkte…an acquired taste…

.
.

Anton Kld ·

Ek is ook ongelukkig met Toyota se besluit, maar spring nie op die “bandwagon” soos Baie van die wat al hier kommentaar gelewer het nie en nou galbraak nie. Diegene wat nou net Ford en Isuzu wil ondersteun – Gee vir my inligting asseblief van hoeveel die 2 vervaardigers die afgelope 5 jaar vir Afrikaans gedoen het en indien dit meer is as Toyota, wel dan is daar dalk meriete in hierdie lawaai makery ?

Jacoba ·

Werk jy dalk vir Toyota? Ek ry ‘n RAV4 2 liter en wragtig die ding het minder krag as my Jetta 1200 turbo. Ek gaan met gemak verby ‘n ander voertuig met die Jetta, met die RAV moet jy op die pedaal le om net genoeg spoed op te tel om verby ‘n ander voertuig te gaan. Nooit weer ‘n RAV nie. VW bly maar net die motor vir my.

B ·

Presies Anton, dankie.
Toyota het en is steeds betrokke op ‘voetsoolvlak’ en hang dit noodwendig aan die groot klok. TSA het ook oor jare ‘n groot bydrae gelewer.
(Ek lees vanogg hoe EFF lede weereens vir Ernst dood geskree het tydens ‘n grond debat, ons moet oppas dat ons nie ook net ‘dood-skreeuers’ word.

Siener ·

Op ‘n ernstiger nood. Ek stem saam met Jacoba dat Toyota baie ver agter geraak het veral as jy hom vergelyk met enige Duitse voertuig soos MB, Audi en VW wat werksverrrigting en Petrol/Diesel verbruik. My MB C250cdi is ‘n 2.1L motor met 150kW en 500NM. En bygese is hy twee en ‘n half keer sterker en twee keer ligter op diesel as die 2.0 Raf4. Toyota moet beslis ‘n nuwe denkwyse begin en ‘n haas uit ‘n hoed haal as hy saam met die bigboys wil begin praat. Vir ‘n paar rand meer kry jy baie motor as jy Duits koop. Aan die ander kant glo ek daar sal nog steeds ‘n mark wees vir die RAV aangahangers.

Anton Kld ·

Nee Jacoba ek werk Nie vir Toyota nie. Ek neem ook waar dat jy eintlik ‘n probleem het met die vorige RAV4 se werkverrigting en dat dit dus geen betrekking het op my kommentaar nie.
Geniet gerus jou VW produk, ek het regtig geen probleem met jou keuse nie.

Piet ·

Anton, Isuzu en Ford het nog nooit erken om NIE vir Afrikaans te ondersteun nie terwyl toyota dit WEL gedoen het. Ry maar met jou voertuig. Jy ken nie van beter nie.

Piet ·

Anton, Isuzu en Ford het nog nooit erken dat hulle NIE vir Afrikaans ondersteun nie terwyl toyota dit WEL gedoen het. Ry maar met jou geleentheid, jy ken nie van beter nie.

Anton Kld ·

Dankie Piet ek ry graag my voertuig wat ek gekies het om te koop en betaal het omdat ek wel dit geweet het wat belangrik was om ‘n keuse te kon maak.
Jou stelling random die ander 2 vervaardigers hou nie water nie aangesien jy nog steeds nie kon sê wat hulle dan wel vir Afrikaans is Groot gedoen het nie.
Ek ondersteun ook AIG met of sonder die Borge en ook met of sonder Steve.

Henk ·

Toyota moet nou maar konsentreer daarop om Taxis te verkoop, want hulle het duidelik nie besef hoe groot die AIG ondersteuningsbasis is nie. Isuzu, Ford, Nissan – almal nuwe opsies!

Andrew ·

Ek dink nog altyd die Land Cruiser is een van die bestes, maar die weermag moet hulle nou maar verder ondersteun.

Pajero ·

My straat is nog VOL Toyotas. Het ook maar ‘n gevoel dit sal so bly! Die meeste lyk nie soos Steve aanhangers nie – meer Snotneus (Of wat sy naam ookal is!)

JDB ·

Nuwe RAV lyk soos ‘n basterbrak – een ma en baie pa’s. Ag nee, daar is te veel geleen by ander Japanese produkte. Voorwaar ‘n voertuig wat aan ‘n identiteitskrisis ly. Sy werkverrigting vertel die verhaal verder van ‘n inteling wat die bloedlyn verswak. Dit laat my terugdink aan ‘n program van Topgear waar die komediante twee verskillende motors aan mekaar gelas het om een grap van ‘n motor te vorm. Seker het Toyota ook daardie program gesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.