Die departement van vervoer in die Verenigde Koninkryk het Woensdag bevestig dat hy sy goedkeuring gegee het dat motors, sonder bestuurders, binnekort op openbare paaie getoets mag word.
Tydens die toetsperiode sal daar altyd ʼn gekwalifiseerde bestuurder in die motor wees.
“Bestuurderlose motors is die toekoms,” het Claire Perry, minister van vervoer, gesê. “Ek wil hê Engeland moet op die voorpunt wees van hierdie opwindende nuwe ontwikkeling. Ons moet die tegnologie aangryp wat ons paaie kan verander en ʼn nuwe weg kan baan vir internasionale beleggings.”
Lees meer: UK Department of Transport, Mashable
Is ek nou dom of wat is die doel van ‘n bestuurderlose voertuig? :/