C-klas nie net ʼn mooi gesiggie

Die Mercedes C-klas. (Foto: Verskaf)

Ons het geruime tyd gelede foto’s van die splinternuwe C-klas gesien. Dit is werklik beeldskoon, maar op ʼn konserwatiewe manier. Die motor het baie ooreenkomste met die S-klas, maar dis nie noodwendig sleg nie. Die ontwerp is na my mening uiters elegant en die binneruim is selfs beter – ʼn enorme skerm, pragtige paneelbord met digitale instrumente.

Die foto’s kon my egter nie voorberei op die ware Jakob nie. Min mense weet dat die C-klas hier in Suid-Afrika in Mercedes-Benz se fabriek in Oos-Londen gebou word en die bougehalte is indrukwekkend.

Die Mercedes C-klas. (Foto: Verskaf)

Ek het twee C-klasse onder hande gehad – eers ʼn C220d en toe ʼn C200. Ek was aanvanklik skepties oor die 200 se 1.5‑viersilinderturbopetrolenjin omdat ek nie gaande is oor die kombinasie van die 1.3‑viersilinder en dubbelkoppelaarouto wat in die A-klas te vinde is nie. Hoewel ek aangenaam verras was deur die 1.5 in die C-klas, is die enjin steeds nie so goed soos die C220d nie. Die petrol‑C-klas bied 150 kW en 300 Nm. Die enjin is relatief stil en nie uitermatig swaar op brandstof nie, maar die diesel se 2.0‑viersilinderturbo bied 147 kW en 440 Nm. Die ekstra wringkrag werk fantasties saam met Mercedes se 9G-tronic 9-spoed‑ outomatiese ratkas. Die kombinasie is boonop uitermatig lig op brandstof. Die manier waarop dit die omwentelinge laag hou en eerder wringkrag gebruik om die C-klas stilletjies vorentoe te laat beweeg, is luukser as die petrol se ratse ratwisselings en growwer voorkoms.

Op die pad beïndruk die C-klas nog meer. Die C200 met AMG Line het vierwielstuur, maar albei voertuie het ʼn baie soepel rit, ten spyte van die 18”‑ en 19”‑wiele. Ek is met die C200 in ʼn enorme storm gevang, maar die Benz se outomatiese ruitveërs het ligte werk van al die water gemaak en die puik LED‑ligte was selfs meer indrukwekkend.

Die Mercedes C-klas. (Foto: Verskaf)

Albei motors kom met ses lugsakke, sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding, vastrap‑ en stabiliteitsbeheer, baanhulp met blindekolwaarskuwing en botsingwaarskuwing‑noodremhulp.

Dit is bitter maklik om die nuwe C-klas op te som. Die C220d is beslis die lekkerder kar om te ry en gebruik omtrent 5,7 ℓ/100 km – werklik goed en die voertuig is pragtig gebou met lieflike materiale. Met al die groot sportnutsvoertuie wat beskikbaar is, vergeet ons soms hoe lieflik ʼn sedanmotor is om te bestuur.

Die reeks lyk só:

Mercedes-Benz C200 AMG Line150 kW/300 Nm6,8 ℓ/100 kmR911 956
Mercedes-Benz C220d Avantgarde147 kW/440 Nm4,7 ℓ/100 kmR912 599

Die reeks word gedek deur ʼn 2 jaar/onbeperkte km‑waarborg en 5 jaar/100 000 km‑ omvattende instandhoudingsplan.

Die Mercedes C-klas. (Foto: Verskaf)

Die kompetisie lyk só:

Audi A4 35TDI110 kW/320 Nm5 ℓ/100 km1 jaar/onbeperkte km-waarborg

5 jaar/100 000 km‑ omvattende instandhoudingsplan

R750 700
BMW 320d140 kW/400 NM4,6 ℓ/100 km2 jaar/onbeperkte km‑waarborg

5 jaar/100 000 km‑ omvattende instandhoudingsplan

R839 858
Lexus IS300h EX164 kW/221 +e Nm5,2 ℓ/100 km7 jaar/105 000 km‑waarborg en omvattende instandhoudingsplan

8 jaar/195 000 km‑batterywaarborg

R906 100

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Malligheid om bykans 1 miljoen rand vir ‘n 1500cc enjintjie te betaal.

May10 ·

Jy is nie die teikenmark nie, duidelik, Die ministers is die teikenark, Hulle gaan enetjie koop met ons belasting geld.

May10 ·

Al 4 die ministers se gunstelling karre. Hulle sal elk enetjie kry met ons belasting geldjies.

JohanR ·

Die ministers kry R700000 maar seker Mercedes het nie ‘n probleem om lekker afslag te gee. Afslag wat die man in die straat nie sal kry!

JohanR ·

As daai skerm grooter word sal die passisiers sitplek uit gehaal moet word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.