‘Car S.O.S.’ terug op kassie

Tim Shaw en Fuzz Townshend by die Pristine. (Foto: National Geographic)

Vir motorentoesiaste is daar min dinge so mooi as ʼn ou motor wat tot sy eertydse glorie herstel word. Tim Shaw en Fuzz Townsend laat kykers al vir nege seisoene trots voel op die puik herstelwerk wat hulle doen. Dít, saam met die verdienstelike stories van die mense wie se motors herstel word, sorg partykeer vir ʼn paar trane ook.

Die tiende seisoen begin Dinsdag 26 April om 19:00 op National Geographic, kanaal 181 op DStv. Daar sal tien episodes in dié reeks wees. Die 100ste restourasie vind in dié reeks plaas.

Die eerste agt episodes is:

  • Fiat Uno Turbo
  • Saab 900
  • Ford Escort RS2000
  • Volkswagen Corrado
  • Dennis Brandweerwa
  • Toyota Supra Mk4
  • Opel Manta
  • Citroën Hy Van

Daar sal in dié reeks een voertuig van petrol na ten volle elektries omgeskakel word, en daar is ʼn magdom beroemde gaste wat hul gesig wys – onder andere David Beckham en Sir Paul McCartney.

Fuzz Townshend en Tim Shaw by die Toyota. (Foto: National Geographic)

 

Tim Shaw en Fuzz Townshend by die Vauxhall Cavalier. (Foto: National Geographic)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.