Cars.co.za se motors van die jaar

Volkswagen het in ses kategorieë skoonskip gemaak.

Die webwerf Cars.co.za het Donderdagaand vir die vyfde agtereenvolgende jaar sy Verbruikerstoekenningsgeleentheid by Kyalami in Midrand aangebied.

Die formaat is heel eenvoudig en daar is 13 kategorieë. Daar word drie voertuie per kategorie op die kortlys geplaas. Dié drie word by Gerotek deur ʼn paneel van Suid-Afrika se gewildste motorjoernaliste van alle publikasies en mediums getoets.

Lede van die publiek kry dan ook die geleentheid om hul sê te sê … en siedaar – 13 kategoriewenners en ʼn algehele handelsmerk van die jaar.

Só lyk die kategorieë en hul wenners:

Avontuur-sportnuts (Adventure SUV) – Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4×4 auto

Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4×4 auto

Begrotingsmotor (Budget Car) – Suzuki Swift 1.2 GLX

Die Suzuki Swift 1.2 GLX

Sakeklas (Business Class) – Volkswagen Arteon 2.0TSI 4Motion R-Line

Die Volkswagen Arteon 2.0TSI 4Motion R-Line

Kompak-gesinsmotor (Compact Family Car) – Volkswagen T-Cross 1.0TSI Highline R-Line

Die Volkswagen T-Cross 1.0TSI Highline R-Line

Kompak-luikrug (Compact Hatch) – Volkswagen Polo 1.0TSI Comfortline auto

Die Volkswagen Polo 1.0TSI Comfortline auto

Lewenstylers (Crossover) – Audi Q3 35 TFSI S-Line

Die Audi Q3 35 TFSI S-Line

Luukse sportnuts (Executive SUV) – BMW X3 xDrive20d M Sport

Die BMW X3 xDrive20d M Sport

Gesinsmotor (Family Car) – Mazda CX-5 2.0 Dynamic auto

Die Mazda CX-5 2.0 Dynamic auto

Prettige luikrug (Fun Hatch) – Volkswagen Polo GTI

Die Volkswagen Polo GTI

Ontspanning-dubbelkajuit (Leisure Double Cab) – Volkswagen Amarok 3.0 V6 TDI Highline 4Motion

Die Volkswagen Amarok (Foto: Volkswagen)

Sportmotor (Performance Car) – Toyota GR Supra

Die Toyota GR Supra

Premium-luikrug (Premium Hatch) – Volkswagen Golf GTI 

Die Volkswagen Golf GTI

Premium-sportnuts (Premium SUV) – BMW X5 xDrive30d M Sport

Die BMW X5 xDrive30d M Sport

In die toekennings se vyf jaar lange geskiedenis is Volkswagen die suksesvolste kategoriewenner met 16 kategorieë op sy kerfstok. Dit sluit gisteraand se fantastiese ses kategorieë in.

Volkswagen is ook as Suid-Afrika se algehele handelsmerk van die jaar aangewys. Suzuki en Toyota het albei al twee keer met dié toekenning weggery.

Volkswagen se Amarok en Toyota se Fortuner het elk nou al drie agtereenvolgende keer in hul kategorieë gewen. Suzuki het in die begrotingsmotor-kategorie al ʼn verstommende vier keer met verskeie van sy Swift-modelle gewen.

In vyf van die kategorieë het die beoordelaars se gunsteling nié gewen nie weens die publiek se stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Ons het vandag eienaarskap van ‘n VW TCross geneem, wat ‘n puik motor, na my mening het VW hier ‘n wenner veral as die Trendline model wat minder as R300K kos, bekend gestel gaan word.

Vonkprop ·

Is hierdie prysuitdeling uit ‘n VW vertoon lokaal gedoen? Hierdie lys maak glad nie sin nie. Die Arteon verkoop so sleg hulle is af na net een model wat hulle aanbied. Gaan waarskynlik uit produksie gehaal word. Die Amarok verkoop maar slegs 10% van die totale verkoopsyfer as jy hom met die Ranger en Hilux vergelyk. Nou hoe kan iemand vir iets stem wat glad nie verkoop nie? In my opinie maak Kia en Hyundai veel beter motors en gee meer waarde vir jou geld. Is al 7 jaar deel van die Koreaanse familie en sal verby al hierdie voertuie loop (behalwe die Mazda) en weer Kia of Hyundai koop.

Niklaas ·

Ek sien Ford verskyn nerens. Ek is egter heel tevrede met my Ford items , dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.