Die goedkoopste dubbelkajuit?

Die Toyota Hilux

Suid-Afrikaners is bitter lief vir hul bakkies. Dit sorg vir ure lange gesels om die braaivleisvuur oor watter bakkie nou eintlik die beste en taaiste is.

Bakkies is baie duur en dit laat dan die vraag ontstaan: Is daar ʼn lekker dubbelkajuitbakkie beskikbaar wat meer in Jan Alleman se prysklas val? Indien wel, wat gaan kort?

Daar is beslis twee kategorieë bakkies – die veterane met goedkoop weergawes van topverkopers, soos die Hilux en die Ranger, en dan is daar goedkoop bakkies soos die Mahindra Pik Up, GWM se P Series en die JAC T8.

Kom ons kyk só na hulle:

Mahindra Pik up 2.2CRDe S6 dubbelkajuit103 kW/ 320 Nm7,9 l/100 kmtwee lugsakke2,5 ton4 jaar/ 120 000 km- waarborg

5 jaar/ 90 000 km- diensplan

R339 999
GWM P Series 2.0TD SX dubbelkajuit120 kW/ 400 NmNVTtwee lugsakke1,3 ton5 jaar/ 100 000 km- waarborg en diensplanR377 900
JAC T8 1.9TDi Lux dubbelkajuit100 kW/ 320 Nm8 l/100 kmtwee lugsakkeNVT5 jaar/ 150 000 km- waarborg

5 jaar/ 60 000 km- diensplan

R402 400
Isuzu D-Max 250 Hi-Ride dubbelkajuit100 kW/ 320 Nm7,7 l/100 kmtwee lugsakke2 ton5 jaar/ 120 000 km- waarborg

5 jaar/ 90 000 km- diensplan

R470 400
Nissan Navara 2.5DDTi SE dubbelkajuit120 kW/ 403 Nm7,2 l/100 kmtwee lugsakke3,5 ton6 jaar/ 150 000 km- waarborg

6 jaar/ 90 000 km- diensplan

R479 000
Ford Ranger 2.2TDCi Hi-Rider XL dubbelkajuit118 kW/ 385 Nm6,5 l/100 kmtwee lugsakke3,5 ton4 jaar/ 120 000 km- waarborg

6 jaar/ 90 000 km- diensplan

R497 900
Toyota HIlux 2.4 GD-6 Raider dubbelkajuit110 kW/ 400 Nm7,1 l/100 kmsewe lugsakke2,75 ton3 jaar/ 100 000 km- waarborg

9 dienste- diensplan

R529 700

Die GWM P Series

Die Mahindra, GWM en JAC staan saam in ʼn klas. Die P-Series bied werklik goeie waarde, maar ek sal versigtig wees. Ons weet nog nie hoe betroubaar hy sal wees nie, en herverkoopwaarde is sensitief vir dié koper – andersins sou hulle in die eerste plek ʼn onbeperkte begroting gehad het.

Die Isuzu, Nissan, Ford en Toyota staan saam as die ou staatmakers. Die Isuzu het ʼn sagte plek in my hart, maar dit kan ʼn harde opsie wees as die bakkie nooit gaan hoef te werk nie. Die verrassing hier vir my is die Navara. Hy word nou plaaslik vervaardig, bied fantastiese waarde én het die beste rit van enige van dié bakkies – met ʼn groot marge.

Al dié bakkies het min of meer dieselfde tipe verrigting en die brandstofverbruik sal in dieselfde klas wees. Ek het self nog nie die JAC gery nie, so ek kan nie té veel raad daar gee nie. Die GWM se sleepvermoë is té min vir ʼn bakkie. Die res is almal aanvaarbaar, maar die Ranger en Navara die sterkstes met 3,5 ton.

Die Nissan Nivara

Al dié bakkies is handrat en nie 4×4 nie. Dit is die laagste spesifikasievlak wat beskikbaar is – bó ʼn werksbakkie. Hier is nie plastieksitplekke nie, eerder duursame bekleedsel. Hier is geen wieldoppe nie, eerder sierwiele. ʼn Funksie wat op die meeste modelle gemis sal word, is spoedkontrole, maar dit is beskikbaar op die Hilux, Mahindra en GWM. Die meeste van dié bakkies het gewone lugreëling, nie elektroniese klimaatbeheer nie, maar ek dink nie dit is iets om oor te huil nie.

Ek sal dit só opsom: Indien jou begroting werklik druk, koop die Mahindra. Indien jy meer geld het, is die Hilux, Ranger, Nissan of Isuzu goeie opsies. Indien ritgehalte vir jou ʼn belangrike eienskap is, gaan toetsbestuur die Navara – jy sal nie spyt wees nie. Indien jy ʼn bakkie wil koop en hom vir ewig wil ry, kies dan die Hilux of die Isuzu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael ·

Onderdele vir Hilux bakkies is te maklik beskibaar-maak my bang. Hulle moet dus gereeld probleme gee anders sou die handelaars nie kon bekostig om altyd onderdele in voorraad te hou nie want wie sou dit dan koop indien die bakkies nie gereeld probleme gee nie

Wielspore ·

Sien dit eerder as goeie diens en dit is hoekom Toyota se suksesvol is.

Wielspore ·

Ek besit ‘n 2010 Amarok 2.0 TDi DC met 280 000km se wiele wat gedraai het, die voertuig is goed onderhou en lewer puik diens.
terug na die onderwerp, uit belangstelling het ek so in die verbyloop in ‘n parkeer area na die GWM P Series gekyk. Nogal ‘n indrukwekkende bakkie met heelwat klokkies in fluitjies met ‘n redelike prys, dit is iets wat ek uit bekostigbaarheid sal oorweeg. As koste nie ‘n faktor was is my keuse ‘n V6 Amarok met die nodige respek vir Toyota en Ford. Geen fout met die ander vervaardigers, dit is net my keuse. Wat van ‘n scoop oor die nuwe Ford/Amarok huwelik. Sien nogal uit na die produkte en pryse.
Lekker ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.