Die mees veelsydige ryding op aarde?

Die Range Rover Sport. Foto: Verskaf

Moderne tegnologie is darem fantasties. Duur, ja – maar steeds puik. Veertig jaar terug was die meeste voertuie ʼn “one-trick pony”. Dit was óf ʼn handelsvoertuig, óf ʼn luikrug, ʼn sedan of ʼn bakkie. Dit was omtrent die storie. Deesdae is daar vuurvretende sportnutsvoertuie … elektriese 4×4’s en allerhande vreemdhede.

Ek het onlangs tyd met ʼn Range Rover Sport P400e deurgebring. Ek krap my kop – maar dit is moontlik een van die veelsydigste voertuie wat ek al ooit bestuur het. Kom ek verduidelik hoekom. Die Range Rover Sport is ʼn ware 4×4 vol vet met ʼn laestrekratkas en lugvering wat die grondvryhoogte kan lig tot ʼn indrukwekkende 278 mm. So, hy kan berg klim.

Die Range Rover Sport. Foto: Verskaf

Reg, dan het die spesifieke model ʼn 2.0-viersilinderturbopetrolenjin wat 221 kW en 400 Nm bied. Maar dis nie al nie. Daar is ʼn elektriese motor wat die algehele stelsel se krag stoot na 297 kW en 640 Nm. Dit is sterk genoeg om dié meneer van 2,5 ton van 0 tot 100 km/h te slinger in 6,7 sekondes en hy sal aanhou draf tot ʼn behoorlike 220 km/h. So, hy kan snol.

Dieselfde gereedskap wat hom help om só te snol, help hom ook om ʼn stadskarretjie te wees. Die Range Rover Sport P400e het ʼn 85 kW/240 Nm- elektriese motor. Die 13.1 kWh-battery is goed vir 51 km lange slégs elektriese reikafstand … óf jy kan die voertuig net los om sy eie ding te doen en die reikafstand aan te vul soos mens ry.

Die Range Rover Sport. Foto: Verskaf

Dit op sigself, en die feit dat jy hom inprop by die huis, is nie die hele prentjie nie. Wat die tegnologie fantasties maak, is die feit dat die Range Rover krag deur die remme herwin en stoor, om jou weer aan die gang te help as jy wegtrek. Dit klink eenvoudig, maar is waarskynlik bitter ingewikkeld – maar die slotsom is dat mens in ʼn Range Rover lag-lag 10 ℓ/100 km kan handhaaf op die oop pad in Suid-Afrika, en so laag soos 6.1 ℓ/100 km in die dorpsverkeer.

Die 13.1 kWh-battery sal, as hy dolleeg is, in die omgewing van R26 kos om te herlaai by die huis. Die voertuig kom met ʼn 10 amp-kabel, wat die battery vol kan laai in sewe uur en 30 minute, óf mens kan ʼn vinniger 32 amp-laaier laat installeer wat dit in twee uur en 45 minute kan doen. Ek dink dis regtig nie nodig nie, want die Range Rover hét wel ʼn 90 ℓ-brandstoftenk – so, mens kan net volgooi en weer laai wanneer dit gemaklik is. Dus, hy’s ekonomies.

Die Range Rover Sport. Foto: Verskaf

Goed, hy kan “4×4”, hol én is ekonomies. O, en moenie vergeet van die luuksheid nie. ʼn Range Rover is ʼn lieflike voertuig om in tyd te verwyl, in die dorp of op die oop pad. Die Meridian-klankstelsel is puik, en die Range Rover bied ʼn magdom truuks soos WiFi en USB-poorte om almal se fone gelaai en gekoppel te hou.

Op die pad is dit eenvoudig – die Range Rover is lieflik stil, dit ry soos ʼn droom. Wat dit nóg lekkerder maak, is: Waar die teer eindig, sal jou Range Rover ongedeerd aanhou … terwyl jou Coke in die yskassie tussen die sitplekke koud bly. Baie lande in Europa begin binnebrandenjins in hul groot stede verbied. Die Range Rover sal eenvoudig in EV-modus verder gaan sonder om afgeskrik te word. By die huis aangekom, laai jy hom weer, haak die woonwa en sleep tot 2,5 ton. Fantasties.

Die reeks lyk só:

Range Rover Sport S Si4221 kW/400 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 240 308

 

Range Rover Sport SE Si4221 kW/400 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 300 908

 

Range Rover Sport S P360265 kW/450 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 326 784

 

Range Rover Sport S TDV6190 kW/600 Nm7.8 ℓ/100 kmR1 363 556

 

Range Rover Sport SE TDV6190 kW/600 Nm7.8 ℓ/100 kmR1 375 556

 

Range Rover Sport SE P360265 kW/450 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 389 184

 

Range Rover Sport SE SDV6225 kW/700 Nm7.0 ℓ/100 kmR1 497 720

 

Range Rover Sport HSE TDV6190 kW/600 Nm7.8 ℓ/100 kmR1 528 956

 

Range Rover Sport HSE Si4221 kW/400 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 529 708

 

Range Rover Sport HSE P360265 kW/450 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 624 884

 

Range Rover Sport HSE SDV6225 kW/700 Nm7.0 ℓ/100 kmR1 770 820

 

Range Rover Sport HSE P400e297 kW/640 Nm2.8 ℓ/100 kmR1 785 600

 

Range Rover Sport HSE Dynamic P400e297 kW/640 Nm2.8 ℓ/100 kmR1 833 500

 

Range Rover Sport Autobiography Dynamic P400294 kW/550 Nm9.2 ℓ/100 kmR1 841 532

 

Range Rover Sport HSE Dynamic Supercharged386 kW/625 Nm13.6 ℓ/100 kmR1 952 070

 

Range Rover Sport HSE Dynamic SDV8250 kW/740 Nm8.7 ℓ/100 kmR1 965 492

 

Range Rover Sport Autobiography Dynamic P400e297 kW/640 Nm2.8 ℓ/100 kmR1 976 000

 

Range Rover Sport Autobiography Dynamic SDV8250 kW/740 Nm8.7 ℓ/100 kmR2 176 392

 

Range Rover Sport Autobiography Dynamic Supercharged386 kW/625 Nm9.2 ℓ/100 kmR2 232 470

 

Range Rover Sport SVR423 kW/700 Nm13.6 ℓ/100 kmR2 555 970

 

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/100 000 km-waarborg en omvattende instandhoudingsplan.

Die kompetisie lyk só:

Lexus RX450h SE230 kW/335 +e Nm5.7 ℓ/100 km7 jaar/105 000 km- waarborg en omvattende instandhoudingsplanR1 368 900
BMW X5 xDrive45e xLine290 kW/600 Nm2.5 ℓ/100 km2 jaar/onbeperkte km-waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 460 000
Porsche Cayenne E-Hybrid340 kW/700 Nm3.4 ℓ/100 km2 jaar/onbeperkte km- voertuigwaarborg

8 jaar/160 000 km- batterywaarborg

3 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 832 000

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scalla ·

Met daai pryse behoort dit veelsydig te wees, wie sal nou 4×4 wou ry met so voertuig, daar is soortgelyke modelle teen die baie goedkoper.

Tinus ·

Bietjie dik vir n daalder,eerstens gaan bitter min die voertuig gebruik vir rowwe terrein,het jare in Saudi gewerk en die Land Rovers hou nie lank nie,daarom gebruik die Saudi’s Toyota,die beste 4×4 op aarde..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.