Die padreëls word in die padverkeerregulasies uiteengesit in die Nasionale Padverkeerwet.
Wanneer dit egter by verkeersirkels kom, is daar steeds mense wat onseker is oor hoe om dit te gebruik.
Ten spyte daarvan dat baie mense onder die indruk is dat verskillende provinsies en streke ʼn verkeersirkel verkillend kan gebruik, is die padgebruiker en munisipaliteite volgens wet nie by magte om regulasies aan te pas nie.
Die manier om ʼn verkeersirkel te gebruik bly dus dieselfde ongeag waar jy jouself in die land bevind.
Die Stellenbosch-munisipaliteit het onlangs, tydens sy vervoermaand, ʼn bewusmakingsveldtog van stapel gestuur waartydens bykomende borde by mini-sirkels opgerig is, wat vir mense beter verduidelik hoe om dit te gebruik.
Volgens ʼn plasing op Stellenbosch-munisipaliteit se Facebook-blad is dié projek van stapel gestuur omdat daar steeds verwarring bestaan onder inwoners en die reëls nie altyd reg toegepas word nie.
Daar is twee soorte verkeersirkels in Suid-Afrika: ʼn gewone verkeersirkel en ʼn mini-sirkel. Dit is hoe jy elkeen moet gebruik:
Gewone verkeersirkels

Hierdie sirkels is gewoonlik groter en hanteer meer verkeer. Daar is ook soms, maar nie altyd, meer as een baan wat om die sirkel beweeg. Bestuurders moet kloksgewys om die sirkel beweeg en gee toe aan aankomende verkeer van regs af. ʼn Gewone sirkel kan uitgeken word deur die blou-en-wit padteken met pyle wat daarmee gepaard gaan.
Mini-sirkels

ʼn Mini-sirkel is gewoonlik kleiner en werk in wese dieselfde as ’n vierrigtingstopstraat. Die eerste voertuig wat by die sirkel stop, kan weer eerste ry. ʼn Mini-sirkel word identifiseer deur ʼn rooi en wit onderstebo driehoek met pyltjies binne in.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
35 Kommentare
Gebruik net asb SA tekens en fotos, ek was nou vir n oomblik baie blond!
Pyltjies op teken verkeer om!!
Baie oulik, maaaaaar hier in Gauteng waar ek woon – gaan niks help nie. Mense kom nie padreels na nie, en voel hul doen jou ‘n guns om hul flikkerligte te gebruik. Die nuwe tendens is ook om die sirkel te gebruik as ‘n geleentheid om iemand verby te steek.
Centurion bestuurders, hierdie artikel is vir julle!
Mense in Centurion weet nie hoe werk ‘n *bliepende* verkeersirkel nie!
DIe regte gebruik van ‘n verkeer sirkel is nie – die een wat eerste stop mag eerste ry nie. Die Padverkeers wet stipuleer die wat reeds in die verkeers sirkel is het toegang om eerste te ry dus as ‘n voertuig ‘n sirkel nader, die verkeer wat reeds in die sirkel is, het ry voorrang, en moet die verkeer wat dit nader, stop. Daar is ‘n ander teken – ‘n klein geel diamant teken, en dit verander hierdie wet. Dit gee dan die verkeer wat die sirkel nader, toegang om eerste te ry bo die verkeer wat reeds in die… Lees meer »