Dis weer tyd vir Simola-heuwelren

(Foto: Rob Till)

Die Simola-heuwelren vind vanjaar vir die 12de keer plaas en mense is weer welkom om dit by te woon.

Maroela Media was bevoorreg om die afgelope paar jaar te sien hoe daar teen die heuwel by Simola uitgejaag is.

Geen toeskouers is verlede jaar weens die Covid-19-pandemie toegelaat nie, maar vanjaar is lede van die publiek weer welkom. Koop hier kaartjies.

Die rekordtyd teen die 1,9 km hoë heuwel op is 34,9 sekondes en is deur Andre Bezuidenhout in sy Gould GR55-oopwielrenmotor opgestel. Sy gemiddelde spoed was 195,6 km/h.

Die veteraanmotors sal Vrydag hul staal wys. Suzuki sal ook vanjaar twee Suzuki Swift Sport-buksies teen die bult opstuur, terwyl Volkswagen ʼn paar elektriese voertuie en ʼn Polo Cup-renmotor sal inspan.

BMW sal sy i4- elektriese voertuig vir die eerste keer in Suid-Afrika ten toon stel en Shelby het ʼn indrukwekkende nege voertuie in verskeie klasse – ses in Classic Car Friday en drie in Saterdag se King of the Hill.

Indien jy dit nie tot in Knysna kan maak nie, kan jy die gebeure ook aanlyn volg by http://www.simolahillclimb.com/ of http://www.facebook.com/SimolaHillclimb/.

Dit word ook uitgesaai:

Vrydag 6 Mei              14:00 tot 15:30           –          regstreeks (Open View kanaal 124)

Saterdag 7 Mei            14:15 tot 15:00           –          regstreeks (Sports Arena S3)

Sondag 8 Mei                14:15 tot 14:55          –          regstreeks (Sporst Arena S3)

(Foto: Rob Till)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.