Ford stel ʼn goedkoper outo EcoSport bekend

Foto: Verskaf

Ford het tydens die inperking ʼn slim treetjie in die regte rigting gegee. Sy EcoSport is ʼn uiters gewilde buksie en verkoop ongeveer ʼn gemiddeld van 1 000 eenhede per maand. Die goedkoopste outomatiese weergawe was tot onlangs die 1.0T Trend outo teen R330 000. Nou kan jy ʼn 1.5 outo kry vir minder as R300 000.

Die EcoSport is nie my gunsteling nie – maar hy is uiters gewild. Ek is nie die 1.0 Ecoboost-enjintjie se grootste liefhebber nie omdat hy in werklikheid baie swaarder is op brandstof as wat Ford se laboratoriumtoetse voorgee. Die nuwe 1.5 het wel ʼn baie oulike enjin en ratkas wat van die Figo modelreeks geleen word.

Die nuwe 1.5 driesilinderenjin bied ʼn behoorlike 91 kW en 150 Nm. Dit is wel verreweg een van die romerigste driesilinderenjins waarmee ek al te doen gehad het. Sy brandstofverbruik in die Figo heel goed in die 7ℓ/ 100 km merk, sonder om hard te probeer. Ek sou voorspel dat 8 ℓ/ 100 km in die EcoSport maklik bereikbaar sal wees. Die 1.5 word gepaar met ʼn doodgewone 6-spoed wringkragomsitter outomatiese ratkas, en dit werk puik.

Foto: Verskaf

Die EcoSport het nou sewe modelle in sy reeks. Daar is ʼn sterk spesifikasievlak beskikbaar, afhangend van jou begroting. Daar is drie enjins en drie ratkaste beskikbaar oor ʼn wye prysklas – so ’n mens kan die perfekte model kies vir jou behoeftes … veral as ‘’n ens in ag neem dat daar moontlik baie motoriste nou sal wil afskaal namate die inperking lig.

Op die pad is die bougehalte aansienlik verbeter om die nuwer EcoSport. Al is die 1.0T enjin swaar op brandstof, dink en die nuwe 1.5 petrol en outo kombinasie hoort puik te wees. Ons sal binnekort ʼn beurt kry om met hom te ry. Ons sal hom dán teen sy direkte mededingers vergelyk.

Die reeks lyk nou só:

Ford EcoSport 1.5 Ambiente 5-spd handrat91 kW/ 150 Nm6.4 ℓ/ 100 kmR279 700
Ford EcoSport 1.5 TDCi Ambiente 5-spd handrat74 kW/ 205 Nm4.6 ℓ/ 100 kmR289 900
Ford EcoSport 1.5 Ambiente 6-spd outo91 kW/ 150 Nm6.9 ℓ/ 100 kmR297 600
Ford EcoSport 1.0T Trend 6-spd handrat92 kW/ 170 Nm5.4 ℓ/ 100 kmR319 200
Ford EcoSport 1.0T Trend 6-spd outo92 kW/ 170 Nm6.3 ℓ/ 100 kmR333 900
Ford EcoSport 1.0T Titanium 6-spd handrat92 kW/ 170 Nm5.4 ℓ/ 100 kmR357 000
Ford EcoSport 1.0T Titanium 6-spd outo92 kW/ 170 Nm6.3 ℓ/ 100 kmR370 400

Die reeks word deur ʼn 4 jaar/ 120 000 km waarborg en 4 jaar/ 60 000 km diensplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.