
Ford Model T Port Elizabeth 1920s(Foto: Verskaf)
Ford het ʼn honderd jaar gelede, in 1923, die Model T op eie bodem begin vervaardig uit ʼn fabriek in Port Elizabeth. Die Model T het die moderne motor wêreldwyd na die massas gebring en vandag is Ford ʼn trots Suid-Afrikaanse handelsmerk met modelle wat diep wortels in die harte van hul aanhangers geskiet het.
My eie pad met Ford het al op vyfjarige ouderdom begin. My ma het ʼn Ford Laser 1.5 Sport gehad. Dit was eintlik ʼn Mazda onder – maar só het Samcor Suid-Afrika se wiele aan die rol gehou toe Ford uit SA onttrek het aan die einde van apartheid. Ons het ook ʼn Ford Husky‑minibus gehad wat op die Mitsubishi L300 geskoei was.
- 1984 Ford Bantam (Foto: Verskaf)
- Ford Sierra XR8 (Foto: Verskaf)
ʼn Paar jaar later het my stiefpa ʼn Ford Cortina‑bakkie gehad. Die 3.0 V6. Dit was ons sleepvoertuig viswaters toe en indien dit langs die Vaaldam gereën het, sou my stiefpa die Kanadese kettings op die agterwiele sit. Ons het só talle 4×4’s uit die modderige turfgrond gesleep, met daai einste 4×2 V6. My oom het ʼn pragtige bloedrooi XR6 Cortina gehad. Hy en my pa het altyd gepraat van hulle jong dae. My pa het klomp Escorts gehad. Selfs sy nek in een gebreek. Hy het dit darem oorleef. Dalk is dit waar my jaagduiwelbloed vandaan kom?
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
In daai era is ʼn magdom Fords vervaardig wat uiters spesiaal is. Name soos Escort, Cortina and Capri was huishoudelike name. Selfs die Granada was ʼn droomsleepvoertuig vir baie. Dan praat ons nie eers van die Perana‑embleem nie, wat op nét die warmste Fords ʼn tuiste gevind het. Basil Green het ʼn enorme Mustang V8 in verskeie motors soos die Capri ingewurg, met fantastiese resultate.
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
Ek self sou nie omgee vir ʼn Mk1 Escort 1600 Sport nie – dit bly ʼn pragtige tjorrie. Die Escort was só indrukwekkend in die hande van Sarel van der Merwe met daai BDA‑enjin onder die kap dat daai tydrenmotortjies nou maklik sewe syfers behaal – dis nou indien jy een kan vind.
Tussen 1976 en die vroeë 2000’s het die nuwe aanleg in Silverton alles gebou. Soms nie baie suksesvol nie – maar toe die aanleg fokus kry en slegs Ranger begin bou, was die gehalte uit daardie fabriek wêreldklas.
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
Tans vervaardig dié spog-aanleg in Silverton 200 000 Ford Rangers en Volkswagen Amaroks vir plaaslike verkope én uitvoer na meer as 100 markte wêreldwyd. Veels geluk, Ford… ons sien uit na die volgende honderd jaar!
NBaie geluk FORD SA!