Ford waarsku eienaars teen naverkope-items

Ford het opgemerk dat eienaars van Ranger- en Everest-modelle al hoe meer naverkope-toebehore by hul voertuie byvoeg.

Volgens Neale Hill, besturende direkteur van Ford Motor Company SA, verstaan hulle dat dit moontlik ʼn uitbeelding van ʼn eienaar se persoonlikheid kan verteenwoordig, maar sulke produkte word nie aan dieselfde toetse onderwerp as Ford se eie oorspronklike toerusting nie.

Dit beïnvloed die voertuig se standaardwaarborg van 4 jaar/120 000 km omdat dit moontlik buitensporige stremming op verskeie ander onderdele kan plaas. Die F150 Raptor-sierrooster is een van hierdie produkte. Dit verander die vloei van lug deur die verkoeler. Dit kan temperature onder die kap beïnvloed en sodoende die betroubaarheid van die enjin.

Pakkette wat die vering lig of laat sak, groter of kleiner wiele en bande het almal ʼn invloed op die vering, dryfstelsel, dryfas, enjin en ratkas. Miljoene kilometer se toetse word gedoen op goedgekeurde items om te verseker dat hulle nie die voertuig negatief beïnvloed nie.

Groot 4×4-buffers kan die voertuig se veiligheidstelsels beïnvloed en kan veroorsaak dat veiligheidsitems soos lugsakke nie tydens ʼn ongeluk ontplooi nie.

Ford wil die volgende items uitlig:

  • Verbeterings aan enjinverrigting
  • Naverkope mikroskyfie-instelling
  • Elektriese items soos LED- of HID-ligte en laaitoestelle
  • Vering, wiele en bande
  • Buffers
  • Kappies, seile en roldeure

Nie net word die produkte aan streng toetse onderwerp nie, maar die passing daarvan word deur opgeleide Ford-tegnici uitgevoer, en die waarborg bly dus geldig.

ʼn Mens kan Ford se goedgekeurde toerusting hier sien:

Ranger: https://www.ford.co.za/commercial/new-ranger/accessories/

Everest: https://www.ford.co.za/suvs/everest/accessories/

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Die Goodwoodianer ·

ñ Werksesel sonder ñ yster-buffer is nie ñ werksesel nie… Basta met die plastiek!

Hexadane ·

Ek dink hulle doen dis aspris. Dit is seker dat jy te bang sal wees vir skade op die voertuig sou daar n bussie wat soos n padvark ry voor jou inry…. met n yster-buffer sal meer mense die tiepe gerdrag nie duld nie en so n voertuig skraap.

Gawie ·

Dis net ‘n slim manier om jou te dwing om hulle eie bybehore te koop, teen dubbel of drie-dubbel die prys.
Al wat hulle moet doen is om die spesifikasies van die bybehore aan die privaat-vervaardigers beskikbaar te stel, en dan is almal mos gelukkig.

Fritz ·

Deesdae se voertuie word so goed vervaardig, dat jou kans vir n waarborg eis seker een uit n duisend is. So jy kan maar met n geruste hart jou wiele “pimp” met derdepartye se toerusting. Dis hoogs onwaarskynlik dat iets slegs sal gebeur.

Remlut ·

Ja ek sien ook baie bakkies en ander voertuie wat die voorste gedeelte onder afgeval en net weg is dit lyk aaklig, kry die mense nie skaam nie? Jy moet dit laat reg maak jou “fool”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.