Soos ek al voorheen gesê het, ons motorjoernaliste hou daarvan om verras te word. Ek is heeltemal verras en beïndruk deur dié klein buksie. Ek het voorheen al ondervinding met Fiat se klein 900 cc-tweesilindertjie opgedoen… maar nog nie met ’n 4×4-Panda nie.
Kom ek stel dit vir jou so: Op die pad is die Panda soos enige ander klein A-segment-tjorretjie. Hy is eerlik en bied goedkoop toegang tot die vryheid wat motor-eienaarskap bied. Hy is heeltemal goed toegerus en die klein enjin is lekker gretig en indrukwekkend lig op brandstof. Die slimfoonhouer wat aan die paneelbord vas is, werk ook fantasties. Jou foon is vas daarbinne en daar is ’n app wat afgelaai kan word om allerhande truuks met jou foon te kontroleer.
Waar die Panda verras, is met die 4×4- en Panda Cross-weergawes. Die Panda-4×4 is gebaseer op die gewone Panda-stadsmotortjie, maar met die voordeel dat hy enige plek kan gaan. Die 4×4- en Cross-weergawe kry ’n 6-gang-ratkas in plaas van die 5-spoed op die Easy- en Lounge-modelle. Dit bied ’n korter eerste rat om beter te kan bergklim. Die 4×4-stelsel werk op ’n “wringkrag soos nodig”-basis en besluit self waar kort daar krag. Die stelsel werk intuïtief en verbasend vinnig.
- Die nuwe Fiat Panda Cross (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
Die Cross-weergawe het elektroniese ewenaarslotte wat inskop soos nodig, of jy kan die ewenaar self met ’n knoppie in die kajuit sluit. Die “Terrain Control” laat die bestuurder een van drie modusse kies: Auto, Lock en Hill Descent.
Die 4×4 het 150 mm-grondvryhoogte en die Cross 161 mm. Die 4×4 se benaderinghoek is 21 ⁰, die vertrekhoek is 36 ⁰ en die breekhoek is 20 ⁰. Die Cross-weergawe is 24 ⁰, 34 ⁰ en 21 ⁰. Die Panda Cross kan ’n maksimum helling van 70% en laterale helling van 55% handhaaf! Die Cross kan ’n waaddiepte van 711 mm bereik. Die Panda draf van 0 – 100 km/h in 11.2 sekondes in die 4×2 en hou aan tot 177 km/h. Die 4×4 neem 12.1 sek tot 100 km/h en hou aan tot 166 km/h. Die Cross, met effe meer krag, draf tot 100 km/h in 12 sek en hou aan tot 167 km/h.
Dit is ’n klomp nommers en syfers. Kom ek stel dit vir jou so, dié Pandatjie kán beslis. Ons het Killarney 4×4 in Natal besoek en ’n klein roete gery. Deur ’n riviertjie, los sand, oor ’n paar bultjies en weer deur ’n stroompie. Die Panda het geensins gesukkel nie en op die snelweg kan hy lag-lag by die spoedgrens hou… of meer.
Sodra ons die Panda op toets kry, wil ek beslis ’n 4×4-baan besoek en kyk hoe ver die Panda sal gaan voor hy vassit. Ek sal dit vir julle op video vaslê.
Die reeks lyk so:
Panda Easy | 63 kW/ 145 Nm | 5-spoed handrat | 4.2 ℓ/100 km | R184 900 |
Panda Lounge | 63 kW/ 145 Nm | 5-spoed handrat | 4.2 ℓ/100 km | R199 900 |
Panda 4×4 | 63 kW/ 145 Nm | 6-spoed handrat 4×4 | 4.9 ℓ/100 km | R229 900 |
Panda Cross | 66 kW/ 145 Nm | 6-spoed handrat 4×4 | 4.9 ℓ/100 km | R249 900 |
Die reeks word gedek deur ’n 3 jaar/100 000 km-waarborg en 3 jaar/100 000 km-diensplan.
Ons sal die Panda teen sy mededingers vergelyk met die indiepte-toets.
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda 4×4 (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
- Die nuwe Fiat Panda (Foto: Fiat)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Baie interessant. Gaan hy die Suzuki Jimny klop wat vaardigheid betref? Dit lyk wel of die 4×4 Panda n beter topspoed het. Ons wag in groot opgewondenheid op die groot toets!!!!!
Dagsê Tammy,
Baie dankie vir jou kommentaar. Ons sal probeer om ‘n Suzuki Jimny terselfdertyd op die video vas te lê. Mag die oulikste 4×4 wen.
Groetnis,
Brendon
nms Maroela Media
Ek wonder ook. Die Jimny se ground clearance is 190mm, die Panda 161mm.
Die Jimny approch angle 34 degrees, Brake over angle 31 degrees en depature angle 46 degrees… Nee wat ek dink ons Suzuki Jimny sal die Panda se boude ook skop op die 4×4 trek…
Ek wonder net hoeveel “Smash & Grabs” daar in SA sal wees as jy jou selfoon so mooi adverteer in daai “slimfoonhouer”.
Panda VS Jimny – deel 1: Jimny VS Panda toets sal pret wees om te doen! Hier is wat gaan gebeur tydens die toets: Bergklim: Jimny 1 – Panda 0 : Die Jimny se laestrekratkas gaan hom die klim-voordeel gee bo die Panda. (LW: die helling moet nie “cross-axle” gate hê nie, anders kan die Panda wen) Modder / nat gras : Panda 1 – Jimny 0 – Die Panda se slim kloukragbeheer (traction control) het ‘n slim diff-lock-agtige aksie wat op die remme werk. (hy sluit egter nie fisies die ewenaar soos ‘n bakkie s’n nie) Sodoende seën die… Lees meer »