[Foto’s] Bekendstelling: Volkswagen se Golf-reeks opgekikker

Die splinternuwe Golf 7 1.0 TSI (Foto: Volkswagen)

Die nuwe Golf word bekendgestel met ʼn paar visuele opknappings aan die ontwerp en binneruim en daar is ʼn nuwe enjin beskikbaar. Maroela Media was by die bekendstelling om twee van die drie enjins te proe, en die smaak is lekker.

Die splinternuwe Golf 7 1.0 TSI 81kW Trendline-handrat is nou beskikbaar teen R289 900. Dit is die mees bekostigbare Golf in ʼn redelike lang tyd. Ek het die een-litertjie vir ʼn kort spin gevat en die resultate is indrukwekkend. Die drie-silinder voel geensins lui of in diep water nie. Hy trek lekker stil deur die sesgang-handrat en hou aan hol tot 180 km/h, opdraande! VW beweer ʼn brandstofverbruiksyfer van so laag as 4.8 ℓ/100km. Ek glo in die omgewing van 6 op die gekombineerde siklus is nie buite die kwessie nie.

Daar is nuwe tegnologieë in die Golf-reeks van LED-agterligte tot beter raakskerm-inligtingstelsels en ʼn slim opsionele veiligheidspakket met baanwaarskuwing en agter kruisverkeerwaarskuwing. Die Golf-pakket voel asemrowend goed gebou en heerlik toegerus, tot die intreemodel voel luuks.

Die splinternuwe Golf 7 1.0 TSI (Foto: Volkswagen)

Daar is drie enjins tans beskikbaar, 1.0 TSI met 81 kW – slegs met handrat, 1.4 TSI met 92 kW – slegs met DSG-outokas en die reeksleier, die bobaas 2.0 TSI met 169 kW, 7 kW op van die vorige model. Dié GTI hol van 0 – 100 km/h in 6.4 sekondes en sal aanhou draf tot 248 km/h. Die GTI is nou slegs beskikbaar met Volkswagen se uiters gewilde DSG-outokas.

Volkswagen bied sy Active Info Display aan as ʼn opsionele ekstra op alle Golf-modelle. Dan word jou gewone instrumente vervang met ʼn digitale skerm met ʼn magdom inligting daarop. Dit werk indrukwekkend lekker en is maklik om te beheer.

Die Golf is al 43 jaar oud. Daar is ʼn sekere gevoel wat net met tyd in ʼn motor ingeteel kan word. Die Corolla waaroor ons onlangs berig het en dié Golf wek daai selfde indruk van – hier word dit reg gedoen. Die Golf voel uiters solied. Die manier waarop die stoel en stuurwiel kan stel, verseker dat ʼn mens oombliklik gemaklik sit.

Die spesifikasievlak lyk so:

TrendlineComfortlineGTI
·         Start/stop-tegnologie

·         Hellingbeheer met ESP

·         Elektroniese handrem

·         Elektroniese en verhitte spieëls

·         Elektriese vensters, voor en agter

·         Lugreëling

·         Lapbekleedsel

·         Fatigue detection

·         LED-agterligte

·         6.5” Composition Colour Radio met raakskerm, USB, Bluetooth en 8 luidsprekers

·         Laai onder passasiersitplek

·         Armleuning

·         Lumbale steuning op voorste sitplekke

·         Lapbekleedsel

·         Misligte voor

·         16”-sierwiele

·         Spoedbeheer

·         Reënsensor

·         Selfverduisterende truspieëltjie

·         Outomatiese ligte

·         Sportsuspensie

·         Chroom-uitlaatpype

·         Omringende beligting

·         Progressive steering

·         18”-sierwiele

·         Klimaatbeheer

·         Verhitte voorste sitplekke

·         Auto high-beam

·         LED-hoofligte

·         Dynamic cornering lights

·         8” Composition Media Radio met raakskerm, USB, Bluetooth en 8 luidsprekers

·         App Connect (Apple CarPlay en Android Auto)

·         Stembeheer

Daar is ʼn magdom opsionele opknappings wat bestel kan word. Ons sal meer daaroor berig sodra ons die Golf 7 meer deurtastend getoets het.

Die reeks lyk so:

1.0 TSI 81 kW Trendline-handrat81 kW/200 Nm4.8 ℓ/100 kmR289 900
1.0 TSI 81 kW Comfortline-handrat81 kW/200 Nm4.8 ℓ/100 kmR304 200
1.4 TSI 92 kW Comfortline DSG92 kW/200 Nm5.2 ℓ/100 kmR356 400
2.0 TSI 169 kW GTI DSG169 kW/350 Nm6.4 ℓ/100 kmR545 800

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/120 000 km-waarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan.

Ons sal na die mededingers kyk in die volledige resensie. Met die kort tyd wat ons met die nuwe Golf 7 deurgebring het, glo ek die nuwe 1.0 TSI gaan groot geraas maak in die bedryf en vir Golf weer bietjie markaandeel terugwen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Basson ·

Netjies! Ek het dit gaan toetsbestuur en stem saam met jou bevindinge. Die rollende flikkerlig effek (agter) op die GTi lyk nogals oulik ook.

Die dilemma is dat die T/l goedkoper as die Polo 1.0 kos? (En as mens mooi rondsoek sal jy die Golf C/l kry teen die T/l se prys.) Dis goeie waarde vir geld!

Brendon ·

Dagsê Basson,

Baie dankie vir jou kommentaar. Die Polo 1.0 TSI is wel ‘n R-Line model met DSG, so op sy eie manier in heeltemal ‘n ander klas.

Ek glo wel dat die Golf vreeslike waarde is vir daai geld.

Groetnis,
Brendon
nms Maroela Media

Piet Pompies ·

Beslis ‘n treffer en soos alreeds genoem, goedkoper sy voorganger…..dalk eindig een op in my motorhuis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.