[Foto’s] Hier is die tien finaliste in Wesbank se motor van die jaar

Die Toyota C-HR (Foto: Toyota)

Wesbank het Dinsdag die tien finaliste in sy motor van die jaar-kompetisie bekend gemaak.

Dié tien voertuie is gekies uit ʼn totaal van 21 semifinaliste deur lede van die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ). Die finaliste sal nou deur ʼn streng toetsperiode gaan in Januarie 2018. Die SAGMJ bied die kompetisie sedert 1986 saam met Wesbank aan.

Die tien finaliste wat deurdring na die eindronde is:

  • Alfa Romeo Guilia
  • Audi Q5
  • BMW 5-reeks
  • Kia Picanto
  • Land Rover Discovery
  • Peugeot 3008
  • Porsche Panamera
  • Suzuki Ignis
  • Toyota C-HR
  • Volvo S90

Die kriteria wat oorweeg word is:

  • Bekostigbaarheid
  • Kajuitstilering, uitleg en ergonomie
  • Enjinwerkverrigting en tegnologie
  • Ingenieurswese, integriteit en bougehalte
  • Eksterieurontwerp
  • Algehele uitnemendheid
  • Ritgehalte
  • Stuur en padhouvermoë
  • Nuwe tegnologieë
  • Ratkaswerkverrigting
  • Waarde vir geld

Die 21 semifinaliste is:

  • Alfa Romeo Giulia
  • Audi Q2
  • Audi Q5
  • BMW 5-reeks
  • Honda BR-V
  • Honda CR-V
  • Hyundai Creta
  • Hyundai Elantra
  • Kia Picanto
  • Kia Sportage
  • Land Rover Discovery
  • Mini Countryman
  • Mitsubishi Pajero Sport
  • Nissan Navara
  • Peugeot 3008
  • Porsche Panamera
  • Renault Megane
  • Suzuki Baleno
  • Suzuki Ignis
  • Toyota C-HR
  • Volvo S90

Maroela Media sal oor die volgende weke berig oor elkeen van die finaliste.

Die Volvo S90 (Foto: Volvo)

Die BMW 5-reeks (Foto: BMW)

Die Porsche Panamera (Foto: Porsche)

Die Toyota C-HR (Foto: Toyota)

Die Land Rover Discovery (Foto: Land Rover)

Die Audi Q5 (Foto: Audi)

Die Alfa Romeo Guilia (Foto: Alfa Romeo)

Die Peugeot 3008 (Foto: Peugeot)

Die Kia Picanto (Foto: Kia)

Die Suzuki Ignis (Suzuki)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adri ·

Aggenee wat. Sommer nonsens. Ek het nog nooit van verskeie van die motors nog nooit eens gehoor nie. Is hulle regtig almal in Suid-Afrika beskikbaar? Volgende hoor ons seker van ‘n Boeing Roadster en en ‘n Piper 4X4.

Piet Pompies ·

Lekker jollie-patrollie vir motorjoernaliste om tot ‘n totaal arbitrere besluit te kom.

Kiepie ·

Vir 99% van die samelewing is daar slegs 2, miskien 3, van hierdie voertuie wat aan die “Bekostigbaarheid” kriteria voldoen.
“Waarde vir geld” is ‘n heeltemal abstrakte konsep was soos skoonheid in die oog van die aanskouer (sak van die aankoper) lê.

Chris Ws ·

Hoeveel van die vorige motor van die jaar wenners het regtig gebaat by hul wen??Hierdie ”kompetiesie” is vir my net ‘n foefie.Sou ek ‘n nuwe motor wou koop sou my kriteria heeltemal anders wees as die mense wat die 21 finaliste gekies het.

Justice ·

Hoe vergelyk jy `n Kia Piccanto met ona `n Porche Panamera of `n 4×4 – sekerlik moet `n kompetisie appels met appels vergelyk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.