[Foto’s] Honda Quest: Ware avontuur met die Honda Africa Twin

Die Honda Africa Twin (Foto: Honda)

In baie mense se boekies is die Honda Africa Twin die enigste ware avontuurfiets waarmee jy Afrika kan aandurf. Ware avontuur gaan nuwe betekenis kry as Honda oor die volgende paar maande sy Quest-avontuur gaan bekendstel.

Honda Quest gaan 20 ryers op 20 spesiaal voorbereide Honda Africa Twins sit en oor 12 dae ʼn gedugte roete aanpak êrens in Namibië. Dit gee Honda die kans om die taaiheid en vermoë van die Africa Twin ten toon te stel.

Jy kan ʼn aansoek gaan indien by jou naaste Honda-handelaar in Suid-Afrika en Namibië, waarna 40 semi-finaliste gekies sal word vir die finale keuringsfase. Hardy de Kock, besturende direkteur van Specialised Adventures, sê hulle soek nie Dakar-wenners nie, maar eerder deelnemers met avontuur in die are, wat kan aanpas en leer, en wat goed in ʼn span kan werk. Jou vermoë om druk te kan hanteer, gaan ook bepaal of jy die finale 20 gaan haal of nie.

Die 20 finaliste vlieg dan Namibië toe aan die begin van September. Die presiese bestemming is nog ʼn geheim, maar verwag maar dat jy nie op die teerpad Windhoek toe gaan ry en by die Wimpy stop vir koffie nie. Nee, jy gaan geëvalueer word op grond van tegniese vaardighede en herwinningsoefeninge. Lang tye in die saal oor rowwe terrein, en jou vermoë om te navigeer en op jou voete te dink, gaan ook getoets word.

Mettertyd sal meer inligting beskikbaar gemaak word in die media. Maak seker jy mis nie uit op hierdie avontuur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.