Foto’s: Nuwe Range Rover onthul

Die eerste Range Rover het in die laat sestigerjare van ʼn British Leyland-produksielyn afgerol. ʼn Ware veldryvoertuig geskik vir koninklikes.

Die nuwe Range Rover bied 19 modelle om van te kies met drie enjinopsies. Daar is die nuwe 4,4-liter V8 P530-enjin wat 390 kW en 750 Nm wringkrag lewer. 0-100 km/h vat net 4,6 sekondes en hy het ʼn topspoed van 250 km/h. Die D350 3,0-liter turbodieselenjin lewer 257 kW en 700 Nm wringkrag met 0-100 km/h wat 6,1 sekondes duur. Die Extended Range P510e PHEV kombineer ʼn 375 kW sessilinderpetrolenjin, met ʼn 38,2 kWh-battery en ʼn 105 kW elektriese motor wat met die ratkas geïntegreer is.

Met die nuwe Range Rover sal daar ʼn keuse wees van vier, vyf of sewe sitplekke in die kajuit. Die 13,1 duim geboë raakskerm is Land Rover se grootste nog en gaan gepaard met die 13,7 duim interaktiewe bestuurderskerm.

Die agterste passasiers word ook met ʼn vermaakstelsel bederf, naamlik verstelbare 11,4 duim HD-raakskerms wat aan die agterkant van die voorste sitplekke gemonteer is. Daar is ʼn HDMI-poort, terwyl die gebruik van Wi-Fi beteken dat passasiers op die agtersitplek slim TV-vermaak kan geniet.

Bestuurders kan selfs die nuwe Range Rover van buite die voertuig beheer met Remote Park Assist, wat met ʼn slimfoontoepassing werk. Dit laat die luukse SUV toe om in en uit parkeerplekke te maneuver terwyl die bestuurder vordering van buite af monitor.

Dit was nog altyd ʼn luukse affêre, maar oor die afgelope paar jaar het Range Rover werklik hul spiere begin bult.

Die jongste 2022 Range Rover is werklik ʼn meesterstuk en behoort van Julie of Augustus in Suid-Afrika beskikbaar te wees teen ʼn aanvangprys van R2,85 miljoen. Alle Land Rover-voertuie kom met ʼn standaard 5-jaar/100 000 km-Land Rover-versorgingswaarborg en -instandhoudingsplanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

AW – as jy nou in die parlement kan kom dan kry jy R700000. Dan moet jy net R2100000 iewers kry. Miskien ‘n tender maar as jy wit is vergeet dit. Ek sien soe baie swart mense in die soort voertuig. Leen hulle by die bank?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.