[Foto’s] Só lyk Mercedes-Benz se nuwe X-klas

'n Voorstelling van Mercedes-Benz se nuwe X-klas (Foto: Mercedes-Benz)

‘n Voorstelling van Mercedes-Benz se nuwe X-klas (Foto: Mercedes-Benz)

Mercedes-Benz se nuwe X-klas word laat in 2017 wêreldwyd bekendgestel.

Die X-klas sal die eerste bakkie van ʼn premierhandelsmerk wees om te voldoen aan behoeftes en persepsies wat wêreldwyd besig is om te verander rondom bakkies. ʼn Bakkie is deesdae ʼn leefstylvoertuig en nie meer net ʼn werkperd nie.

Twee modelle, voorsien van kragtige dieselenjins, hoë ritgehalte en ongeëwenaarde veiligheid, word in die vooruitsig gestel.

Die reeks-leier sal toegerus wees met Mercedes-Benz se beproefde V6-dieselenjin gepaard met 4MATIC-vierwielaandrywing. Laestrek en twee ewenaarslotte sal ook standaardtoerusting wees.

Die 1,1 ton loonvrag en 3,5 ton sleepkapasiteit gaan van die X-klas ʼn gedugte teenstander maak.

Die X-klas word vervaardig in ʼn produksiesamewerkingsooreenkoms tussen die Renault-Nissan-alliansie en Daimler AG.

Sleutelmarkte vir die X-klas is Europa, Latyns-Amerika, Suid-Afrika en Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ekke ·

Lyk goed.
As jy vra wat die prys is, kan jy dit nie bekostig nie.

Elsabe ·

Ek stem saam Gerhard…dit is baie baie mooi….net nie so seker van die laeprofiel-wiele…huh?

Nissan Fan ·

‘n Mens kry nie ‘n lelike Hond…
Agter stem ek saam lyk die wa nie mooi MAAR van voor- dit is flippen mooi.

Elo Quinn ·

Aanvanklik sou dit op die GL gebaaseer wees, maar nou verneem ons dit is ‘n Nissan Navara wat bietjie opgekikker. Tog probeer M-B daat die voertuig “100% Mercedes” is. So, jy neem rooi koeldrank, gooi dit in ‘n moot bottel, plak ‘n etiket op wat ‘n gewelhuis en wingerde vertoon en verkoop dit as Pinotage? Die nuutste Fiat-bakkie is toe maar net ‘n Triton soos wat ‘n Tata Indica loop met ‘n Fiat Uno FIRE enjin. Hierdie een noem ek ‘n Maskara Navara.

Hennie ·

‘n V6 dieselenjin maar die skrywer noem nie die cc van die enjin nie? Jammer Brendon Staniforth, jy moet nog gaan leer van leefstyl, dis die soort nuus wat belangstellendes wil weet.

Brendon ·

Dagsê Hennie,

Baie dankie vir jou belangstelling. Mercedes-Benz het nie die spesifieke CC van die V6 enjin bekendgemaak nie. Ek neem aan hulle sal die huidige 2987cc V6 turbodiesel gebruik wat tans in die GL-reeks te vinde is. Die enjin bied 190kW teen 3 400 r/min en 620Nm tussen 1 600 – 2 400 r/min.

Baie dankie,
Brendon Staniforth
nms. Maroela Media

MercMan ·

Puik. Voel soos ‘n kind voor Kersfees – ‘n Pragtige toevoeging tot die familie!

Smirre ·

Nee hel dis lelik. Jy gaan seker nog 100k op extra’s moet spandeer om die bakkie beter te laat lyk.

Marietjie ·

As jy styl het is jy n merc lief hebber….. trots op merc nou kan ek spaar vir volgende jaar…… en my merc inruil vir daai mooi merc bakkie. Geluk MB jul het class ??????

zahn ·

Kan julle asb vir ons ‘n foto dokter sodat ons kan sien hoe gaan hy lyk met skaaptralies op, of dalk ‘n lekker Brakpan kênnipie.. o ja, en met ‘n trekyster, asb.

Tollie ·

Inderdaad ‘n nuwe Nissan Navara. Ek sien die nuwe Fiat lyk soos die Triton (Mitsubishi)
Daar is ook niks nuut onder die son nie. Terloops, ek hoor Nissan het die beherende aandeel in Mitsubishi uitgekoop.

chris ·

Velle jy praat van pryse toe die eifel nog nege duim hoog was. Weet jy wat kos n geladen wagen??

Johannes van Rooyen ·

Word op die nuwe Nissan navara se onderstel gebou so hy sal lekker ry

TM ·

Het altyd gewonder of M-B en BMW ooit bakkies sal maak en hoe hulle sal lyk maar ek is nou spyt ek het gewonder, want so graag soos ek van die X-klas wil hou werk iets net nie vir my nie. Miskien is dit iets om gewoond te raak maar dis nogal vreemd om die X-klas van voor te bekyk en jy word betower met tipiese Merc styl en soos jou oog agtertoe beweeg eweskielik met ‘n bakkie begroet te word. Maar hierdie is net voorstellings so hopelik lyk die finale produk beter

Kobus ·

Soos almal tekere gaan het ek gedag die voertuig is hier om te koop… Net ‘n rekenaar konsep voorstelling…. Die werklike vrystellings lyk nooit so ambasieus … :)

Manie Jackson ·

Dit lyk na n puik voertuig, Pragtig. maar die ontwerp val bietjie by die agterkant. dis glad nie mooi nie en lyk baie afgeskeep en verbeelding loos.

Chris ·

Ek wonder hoekom plak Mercedes die ‘tablet of iPad’ so op die paneelbord vas pleks van dit netjies met die ander instrumente en radio, ens te integreer. Dis nie net in die bakkie nie, selfs die duur sedanmotors het ‘n tablet was soos ‘n seeroog uitstaan

Gatiep ·

Daai bakkie is mooi…maar dis soos n prostituut , mooi om na te kyk , maar soek dit nie in my lewe nie.

Wanneer die warranty verby is gaan jy suffer…ek soek n ryding wat 15 jaar of langer gaan hou en net diesel vat en minimum onderhoud. Daars ongelukkig net een fabrikaat wat dit kan doen.. TOYOTA

Daarom is hulle herverkoopwaarde baie beter as al die “ander”…(om nie van verkope te praat nie)

Ja ja , ek weet , die waarheid maak seer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.