Noudat Triumph nuwe verspreiders in Suid Afrika bekend gestel het, was die nuutgevormde Triumph-span die laaste paar weke druk besig met papierwerk. Tussen homologasie en handelaarooreenkomste, moes hulle nog die onderdele en dienskontrakte ook afhandel. Ná dit alles afgehandel was, kon ons naby Hartbeespoortdam ontspan saam met ons gasheer, Bruce Allen, die nuwe uitvoerende hoof van Triumph SA. Hy het ook ’n stuk of 20 motorfietse saamgebring sodat ons darem die produkte kon toetsbestuur en nie net na ’n aanbieding sit en kyk nie.
Allen het ons vertel van die nuwe rigting wat Triumph wêreldwyd inslaan. Plaaslik gaan daar nou ’n paar Triumph World Black-fasiliteite gebou word wat aan Triumph se globale standaarde sal voldoen. Dit sal ’n leefstylwinkel wees wat vir kopers ’n eenstop-koopervaring sal wees. Die eerste een word in Augustus in Woodmead, Johannesburg gebou. Kaapstad is in 2019 aan die beurt en Pretoria in 2020. Triumph werk tans uit ’n tydelike perseel en verkope het reeds op 16 Junie begin. Allen het ook onderneem om een van elke model beskikbaar te hê vir ’n toetsrit. Dit is ’n groot onderneming, maar Allen wil nie potensiële kopers wegwys omdat die model waarin hulle belangstel nie beskikbaar is nie.
Ná die aanbieding is ons opgedeel in drie groepe. Daar was groepe vir avontuurfietse, klassieke fietse en padfietse.
Die avontuurgroep het die nuwe Tiger 800 en Tiger 1200 ingesluit. Met sy volkleur vloeikristaleenheid en honderde verbeteringe is die nuwe 1200 Tiger nou ligter en beter as sy voorganger. Die nuwe 800 voel ook sommer ligter en hierdie fietse behoort goed aanklank te vind in die avontuur behepte Suid-Afrika.
Die klassieke groepie het uit die uitgebreide Bonneville-reeks bestaan. Die Bobber is laasjaar hier in Suid Afrika bekend gestel, maar almal wat ingevoer was het reeds eienaars gehad. Op hierdie bekendstelling was daar sommer twee om te ry. Die standaard Bobber en die Bobber Black. Laasgenoemde het ’n dikker voorband en dubbele skywe voor. ’n Splinternuwe Speedmaster was ook in die groepie en die hele Bonneville-reeks het maar net eenmaal ’n charisma wat jy nie in byvoeglike naamwoorde kan uitdruk nie.
In die padfietsgroep was daar twee fietse wat oorsee bekend gestel is, maar nooit hier aangeland het nie: die Street Triple en Speed Triple. Met sy Arrow-uitlaatpype en harde vering is die Speed Triple seker die sportiefste Triumph wat ek al ooit gery het. Die kleiner Street Triple was net soveel pret.
Bestaande Triumph-eienaars kan nou rustig slaap. Triumph is terug en hulle verhouding met die Fury Motor Group beteken dat hulle hier is om te bly. Met 17 modelle om van te kies, gaan ek moeilik kies waar om te begin toets. En om te kies wat om te koop, gaan seker nog moeiliker wees.
Vir meer inligting, klik hier.
Modelle en voorgestelde pryse:
Avontuur | |
Tiger 800 XCx | R 181 000 |
Tiger 800 XCa | R 199 000 |
Tiger 1200 XCx | R 219 000 |
Tiger 1200 XCa | R 248 000 |
Tiger Sport | R 164 000 |
Klassiek | |
Street Twin | R 131 000 |
Bonneville T100 | R 141 000 |
Bonneville T100 Black | R 141 000 |
Bonneville T120 | R 157 000 |
Bonneville T120 Black | R 157 000 |
Bonneville Bobber | R 166 000 |
Bonneville Bobber Black | R 175 500 |
Bonneville Speedmaster | R 175 500 |
Street Scrambler | R 153 000 |
Thruxton 1200 R | R 183 000 |
Pad | |
Street Triple RS | R 152 000 |
Speed Triple RS | R 210 000 |
Waar’s die Daytona?
Willem, die Daytona is nie meer in produksie nie. Die naaste wat jy nou gaan kry is die Street Triple 765. Triumph is egter van 2019 af die amptelike verskaffers van Moto2 enjins, so kom ons hoop hulle maak in 2020 ‘n nuwe Daytona.
Naas BMW en KTM, is Triumph my 3de keuse vir ‘n avontuurfiets. Met KTM se k…..uhm…slegte diens, mag Triumph dalk my 2de keuse wees.
Hardus, ek hoor kort-kort mense wat kla oor KTM se diens, maar ek sukkel om te bepaal wat presies die probleem is. Vertel vir my wat jou ervaring is, dat ek dit onder die aandag van die manne by KTM kan bring. Is dit ‘n handelaar ding, of ‘n KTM ding?
Brian, wat is jou epos adres by MM, dan gee ek vir jou meer besonderhede ivm KTM se diens.
Ja ek moet se dat naas BMW ek verseker die Triumph, veral die Tiger reeks sal kies.
Hou nogal ook van hulle 3 silinder masjien. As ek nou geld se baas was sou ek beslis ook n 1200 Tiger in my motorhuis parkeer het.
KTM is nie Slegte fietse nie maar naverkoop diens is blykbaar volgens baie eienaars nie goed nie. Weet bv. van n persoon wat 3 maande gewag het vir ”Crash bars” en toe maar opgegee het en sy geld terug gevra het.
Moet se, BMW se diens is loshande voor en tops. Al gaan staan jy by ”Put sonder water”(nie dat hulle eintelik breek nie) is hulle net n foon oproep ver. :-)
Anton, streng gesproke is dit Puts-onderwater, nie Put-sonderwater nie. :) :)
Koppeltekens slegs ter verduideliking bygevoeg.
Brian, ek kry die idee KTM handelaars is meer onafhanklik as BMW Motorrad handelaars. Wat n slegte ding is, want dit lyk asof elke KTM handelaar dinge op sy eie manier doen. Dit lyk ook asof die KTM “dealer principals” dink net omdat hy op n stadium n goeie “biker” was, gaan hy nou outomaties n sukses van n “bike shop” maak. Wat natuurlik nie noodwendig die geval is nie. By BMW kry alle personeel dieselfde tipe opleiding, hetsy of die persoon motors of motorfietse verkoop. En omdat die BMW motoreienaars (waarskynlik Mercedes en Audi ook) propvol nonsens is en op goeie diens aandring, baat die motorfiets eienaars outomaties by dieselfde gehalte diens. Maar by KTM kry ek die idee een “biker” gee poefter diens aan ander “bikers”.