Goodyear se rateltaai-bande vir álle terreine

Good Year se Wrangler® All-Terrain Adventure (Foto: Good Year)

Goodyear beloof ʼn sterk, duursame band wat rateltaai is vir veldry en moeilike terreine, maar wat ook tuis is op die teerpad waar bande ’n groot gedeelte van hul lewe deurbring.

Sportnutsvoertuie en bakkies is besig om wêreldwyd verskriklik gewild te raak, nes hier in Suid-Afrika. In 2016 was meer as 40% van alle nuwe voertuie wat in Suid-Afrika geregistreer is ʼn sportnutsvoertuig of ʼn 4×4.

Die Wrangler All-Terrain Adventure word versterk met ’n ultra-sterk Kevlar-laag. Dié laag verhard die loopvlak en bied die vermoë om beter te vaar teen gate en snye in die bande. Die eienskappe word ondersteun deur Durawall™-tegnologie wat die sykante teen skade versterk. Oop skouerblokkies verbeter die bande se vermoë om modder uit die loopvlak te skuif om beter in gladde situasies vas te trap.

’n Onafhanklike DEKRA-toets toon dat die Wrangler All-Terrain Adventure gemiddeld 37% beter afstand oor sy leeftyd sal behaal as sy mededingers. Goodyear gaan ook die Wrangler All-Terrain Adventure beskikbaar stel in ’n verskeidenheid nuwe groottes, tot en met 19”. Die nuwe groottes sal teen einde 2017 beskikbaar wees by handelaars.

Maroela Media het die bekendstelling bygewoon en ’n Volkswagen Amarok TDI 4 Motion getoetsry wat met die nuwe bande toegerus is. Ons het ongeveer 200 km afgelê oor verskeie terreine en die Wrangler All-Terrain Adventure verbaas werklik met sy stilte op die teerpad. Ons is onder meer oor Montagupas – een van die mooiste uitsigte wat ek al beleef het.

André de Villiers van Safari 4×4 Roetes het ook vir ons ‘n demonstrasie gedoen teen ‘n indrukwekkende duin op. Kyk, die Amarok is taai en André se vermoë speel ook ‘n rol, maar vir ‘n alle-terrein-band het die Wrangler All-Terrain Adventure beslis beïndruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Burger ·

Hoop die verbetering is werklik . Ek het 2 stelle van die huidige Wranglers gehad , maks 40,000 per stel en het hard gery . Koop toe General Grabbers . Voel soos n nuwe bakkie en na 20000 km is slytasie amper nie merkbaar nie .

LP ·

Koop gerus liewers vir jou BF’s ko2’s, Gee jou 90-110000 km’s

ekke ·

Nee wat….. BF kos 2 keer soveel as die Grabbers en lg ry net beter

ekke ·

Nee wat….. BF kos 2 keer soveel as die Grabbers en lg ry net beter . My 1ste stel Grabbers het 100 000km gedoen en ek wag nou vir die nuwe Grabber AT3….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.