GR-beker dié naweek by Zwartkops

Die motorjoernaliste wat aan vanjaar se aksie deelneem. Maroela se Brendon Staniforth is heel links.

Brendon Staniforth, Maroela Media se motorjoernalis, sal die naweek weer saam met vyf ander motorjoernaliste hul staal probeer wys in die derde ronde van die GR-beker.

Mark Jones van The Citizen staan sterk in die eerste plek in die kampioenskap met 21 punte, gevolg deur die blitsige Setshaba Mashigo met slegs twee punte minnder as Jones. Chad Lückhoff van Auto Trader hou die derde posisie met tien punte en Staniforth is kort op sy hakke in die vierde plek met nege punte. Dennis Droppa van TimesLive sit in die vyfde posisie, ook met nege punte, en Reuben van Niekerk laaste op die ranglys met ses punte.

Vir hierdie rondte van die GR-beker is die jaers terug in Gauteng by Zwartkops-renbaan net buite Pretoria en teen dié tyd het hulle almal heelwat meer ervaring en is daar ook reeds ʼn klompie voet-in-die-hoek-rondtes by Zwartkops afgelê. Die naweek se jaagaksie behoort dus  regtig iets te wees om te aanskou. ʼn Sewende gasrenjaer, Toyota se eie John Thomson, sluit by die motorjoernaliste aan. Die ses jong jaers in hul GR Yaris- buksies gaan ook saam op die baan wees.

Saterdag se skedule lyk só:

Opwarm en kwalifiserende rondtes
GR-beker08:00
CompCare Polo-beker08:20
Investchem F160008:35
GTC & SupaCup08:55
G&H Transport Extreme SuperCars09:30
Wedren 1
GR-beker10:15
G&H Transport Extreme SuperCars10:35
CompCare Polo-beker11:00
Top of the Hill- demonstrasie11:30
Investchem F160011:45
GTC & SupaCup12:10
SupaDrift Jam Battle12:40
Middagete & baanskoonmaak
Wedren 2
G&H Transport Extreme SuperCars13:45
CompCare Polo-beker14:10
GR-beker14:40
Investchem F160015:00
G&H Transport Extreme SuperCars15:25
GTC & SupaCup15:55
CompCare Polo-beker16:25

Kaartjies is beskikbaar by die hek teen R130 per volwassene of R90 per student. Toegang vir kinders jonger as 12 is gratis. Gasbraaiers is welkom.

Indien jy dit nie self kan bywoon nie, kyk gerus regstreeks op YouTube of Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.