Hyundai beveg só beurtkrag

Hyundai mik om die R3 m op krag te bespaar oor die volgende ses jaar (Foto: Verskaf)

Hyundai het so pas ʼn R3 m se fotovoltaïese sonkragstelsel by hul onderdeleverspreidingsentrum geïnstalleer. Daar is twee redes vir dié besluit: Dit stel Hyundai Suid-Afrika in staat om hul koolstofvoetspoor te verminder en om beurtkrag beter te kan hanteer.

Hyundai mik om die R3 m op krag te bespaar oor die volgende ses jaar, waarna daar groot besparings kom. Samuel Matlhola, onderdelebedryfsdirekteur van Hyundai Suid-Afrika, glo dat sy projek binne vyf jaar homself kan terugbetaal sodra hulle op sonnige dae krag kan terugsit in die netwerk.

Hyundai Suid-Afrika wil hul koolstofvoetspoor probeer verminder (Foto: Verskaf)

Die stelsel is deur AGE Technologies, deel van die JSE-gelyste maatskappy 4Sight Holdings, geïnstalleer. Michael Powell, bedryf- en sakeontwikkelingsdirekteur van AGE, verduidelik die sonkragstelsel met batterye werk goed saam om krag te voorsien tydens spitstye wanneer krag op sy duurste is, en wanneer krag die goedkoopste is, laai die stelsels vir die volgende dag se spitstyd.

ʼn Mens moet ook in ag neem ʼn dieselkragopwekker verbrand 58 ℓ per uur en stoot 150 kg koolstofdioksied in die atmosfeer in. Die voordeel van die sonkragstelsel is beduidend. Daar word geskat dat R450 000 in die eerste jaar bespaar sal word, waarna dit elke jaar eskaleer tot ongeveer R6 m ná 15 jaar.

Niall Lynch, uitvoerende hoof van Hyundai Automotive SA, sê dat die projek by die onderdeleverspreidingsentrum as loodsstudie dien vir verdere lewensvatbaarheid in die Hyundai-netwerk en by handelaars in Suid-Afrika.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefan ·

Baie mooi, maar nou het eskom nog ‘n getrou betalende klient verloor.
Een van die daë voorsien hulle nog net soweto en ander wanbetalers, als van ons belastinggeld natuurlik.

Stefan ·

Moet sè, ons het nou so 10 maande Solar en dit werk soos ‘n droom, voel net soms bietjie skuldig as al die ligte rondom ons afgaan en ons krag bly aan, maar ons raak daar ook al aan gewoond.

Gato ·

Hoop hulle sluit die batterye met groot slotte toe want dit is baie gesog onder die minder eerlike deel van die bevolking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.