Hyundai se Kona word mooi

Die Koreane is al geruime tyd lekker sterk motorvervaardigers. Kia, Hyundai en Genesis sit al vir jare bo-aan die JD Power & Associates se aanvanklike kwaliteitstudie. Die Kona laat weet ʼn mens vinnig hoekom dit só is.

Maak geen fout nie. Die Kona is nie ʼn hiperluukse voertuig nie maar wat hy wel bied werk. Die ontwerp op die eerste Kona was bietjie vreemd, soos die huidige Creta. Gelukkig het die ontwerper dié keer sy potlood gaan skerp maak.

Die binneruim is lekker gemaklik en het ʼn bekende ontwerp en gevoel. ʼn Mens is vinnig gemaklik in die kajuit. Daar is klomp luukshede soos klimaat- en spoedbeheer, Apple CarPlay en Android Auto, ʼn draadlose laaimatjie vir jou selfoon, outomatiese ligte en ruitveërs – die lot.

Meer indrukwekkend as die Kona se binneruim is sy veiligheidspesifikasievlak. Die spoedkontrole is aanpasbaar, daar is baanhulp en kruisverkeerswaarskuwing. Die blindekolwaarskuwingstelsel sal jou eers probeer verhoed om te beweeg indien daar ʼn voertuig in jou blindekol is – én die kinderslotte op die agterdeure sal die deure verhoed om oop te maak indien daar verkeer van agter kom en jy die deur probeer oopmaak. Werklik slim, aktiewe veiligheidstelsels, en ses lugsakke.

Die model wat ek by die bekendstelling op die proef kon stel is die turboaangejaagde 1,6 viersilinder.

Hy bied 146 kW en 265 Nm… nie te versmaai nie. Dié enjin gaan gepaard aan ʼn sewespoed dubbelkoppelaarratkas. 0 – 100 km/h neem 7,7 sekondes en hy sal 210 km/h voluit hol. Indrukwekkend. Indien ʼn mens versigtig is, kan jy 5,5 ℓ/ 100 km op die meter sien, maar die gemiddeld is nader aan 7,7ℓl/ 100 km.

Op die pad beïndruk die Kona met ʼn lekker ritgehalte. Padhouvermoë voel heel in die kol vir dié tipe voertuig. Die lekker klankstelsel en gemaklike sitplekke maak van die Kona ʼn lieflike reismaat – al is die kattebak nie reusagtig vir weke lange vakansies nie.

Ons gaan weer met die Kona ry en meer tyd met hom deurbring en sien hoe hy hom in die daaglikse roetine gedra. Tot dán sit mens met ʼn mooi tjor, met ʼn bitter sterk waarborg en diensplan. Hyundai maak al ʼn geruime tyd rateltaai motors – én daar is nou ʼn N-Line-model beskikbaar wat net so sterk lyk soos sy turbo-enjin.

Die reeks lyk só:

Hyundai Kona 2.0 Nu Executive outo110 kW/ 180 Nm6,5 ℓ/ 100 kmR449 900
Hyundai Kona 1.6 T-GDi Executive DCT146 kW/ 265 Nm7,5 ℓ/ 100 kmR499 900
Hyundai Kona 1.6 T-GDi N-Line DCT146 kW/ 265 Nm7,5 ℓ/ 100 kmR579 900

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/ 75 000 km diensplan en padbystand sowel as ʼn 5 jaar/ 150 000 km voertuig en 7 jaar/ 200 000 km dryfstelselwaarborg. Diensintervalle is elke 15 000 km.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Martie Smartie

Wat is vreemd aan die nuwe Creta? Dis ‘n pragtige voetuig. Jy praat seker vd eerste model.