Ineos se Grenadier ál meer ʼn werklikheid

Om deesdae ʼn nuwe maatskappy op die been te bring is geen grap nie.

Ek dink dis des te meer die geval om ʼn spiksplinternuwe motorhandelsmerk op die been te bring. Ineos stem nie met my saam nie en is op die hond se stert met sy nuwe voertuig – die Grenadier.

As mens die ontwerp die eerste keer sien, dink mens ou Defender – maar dit is glad nie die geval nie. Ineos gaan BMW-enjins gebruik, ZF-ratkaste en net die beste onderdele van markleiers op die wêreldverhoog.

Ná Ineos vir ons die eerste keer die Grenadier gewys het, was ek maar bekommerd dat ʼn geskatte prys van R2 miljoen al die blink planne in die wiele sou ry nog voordat die Grenadier die lig kon sien. Ineos het nou die voorlopige prys van die Grenadier bekendgemaak – ʼn beginprys van R1 395 000. Dit is werklik mededingend in die segment.

Die eerste model sal die stasiewa-sportnutsvoertuig wees. Daar is ʼn groot aanvraag na ʼn dubbelkajuitweergawe waaraan Ineos glo reeds werk. Daar sal in November voorproduksiemodelle in Suid-Afrika beskikbaar wees wat dan glo aan die media gewys sal word.

Daar sal aanvanklik drie handelaars in Suid-Afrika wees. BMW se SMH Groep is gekies as die handelaar vir Johannesburg en Pretoria, terwyl BMW se SMG in Kaapstad en Durban sal voorsien.

Tim Abbott, voormalige uitvoerende hoof van BMW Suid-Afrika, is nou die streekleier vir Ineos Automotive in Suid-Afrika en die sub-Saharastreek.

Lees Maroela Media se oorspronklike berig oor die Ineos Grenadier hier.

Indien jy belangstel, kan jy solank hier ʼn deposito op ʼn Ineos van jou eie neersit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.