Isuzu se X-Rider kry 3.0-kragbron

Ek dink Isuzu kon self nie die sukses van die 2.5 X-Rider voorspel nie. Die publiek was gek oor die werkesel se opgeknapte ontwerp en dit het ook glad nie seergemaak dat die X-Rider baie goedkoper was as sy 3.0 LX-boetie nie.

Isuzu het van krag tot krag gegaan met die bekendstelling van sy 2.5 outo bakkie, en nou is daar net nog een gaatjie om te vul: ʼn 3.0 TD X-Rider. Die oorspronklike 2.5 X-Rider spog met 100 kW en 320 Nm en kan 2.1 ton sleep.

Die 3.0 TD X-Rider geniet dieselfde visuele opknappings as sy 2.5-boetie en is ook slegs in drie kleure beskikbaar: Summer White, Switchblade Silver en Pull Me Over Red. Die 3.0 bied 130 kW en 380 Nm en is gepaard met ʼn 6-spoed wringkragomsitter outomatiese ratkas. Die 3.0 TD kan ook 3.5 ton sleep.

Die X-Rider reeks lyk nou só:

Isuzu D-Max 2.5 TD dubbelkajuit X-Rider handrat100 kW/ 320 Nm7.7 ℓ/ 100 kmR466 500
Isuzu D-Max 2.5 TD dubbelkajuit X-Rider outo100 kW/ 320 Nm8.1 ℓ/ 100 kmR484 200
Isuzu D-Max 2.5 TD dubbelkajuit X-Rider 4×4 handrat100 kW/ 320 Nm7.9 ℓ/ 100 kmR519 200
Isuzu D-Max 3.0 TD dubbelkajuit X-Rider outo130 kW/ 380 Nm7.5 ℓ/ 100 kmR551 100

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/ 120 000 km waarborg en 5 jaar/ 90 000 km diensplan.

Soos ek onlangs berig het, die 2.5 is ʼn puik bakkie. Indien mens meer as 2.1 ton wil sleep is die 3.0 ʼn puik voertuig teen die prys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.