Isuzu wys uiteindelik nuwe D-Max

Na ʼn buitensporige lang gewag het Isuzu uiteindelik sy spiksplinternuwe D-Max aan die media bekendgestel. Die nuwe D-Max is die eerste keer wat Isuzu wydsbeen staan – met een voet in die handelsvoertuigsegment en die ander in die leefstylbakkie-segment.

Daar is drie bakstyle beskikbaar: enkel-, ekstra- en dubbelkajuit. Daar is twee enjins, 1.9 en 3.0 turbodiesel, en daar is twee ratkaste, albei sesspoed – een handrat en die ander outo. Dan natuurlik twee dryfstelsels – 4 x 2 en 4 x 4. As ʼn mens dié opsies almal deurmekaar skommel, sit Isuzu met ʼn indrukwekkende 23 modelle in die mark.

Ons het tydens die bekendstelling met drie verskillende modelle gery. Twee ekstrakajuit, en een dubbelkajuit. Eerste aan die beurt was ‘n .9 ekstrakajuit. Die nuwe enjin trek lekker, en die ratkas se programmering is puik. Die nuwe D-Max toer lieflik stil sonder dat jy die heel tyd na ratte hoef rond te soek.

Tweede aan die beurt was ʼn 3.0-dubbelkajuit in ʼn relatiewe intree LS-spesifikasievlak. Die 3.0 is ʼn nuwer weergawe van die ou getroue 3.0 wat ons ken – maar dié keer met effens meer krag. Die grootste verbasing kom in die vorm van die vering. Die Isuzu D-Max en Mazda BT-50 is dieselfde bakkie. Mazda voer hul bakkies in van Thailand, en ons D-Max’e word plaaslik vervaardig in hul aanleg in Gqeberha. Die D-Max se vering verskil heeltemal van die Mazda s’n. Die dubbelkajuit is lekker gemaklik, en die rit in dieselfde omgewing as dié van ʼn Hilux, net met beter skokbrekerkalibrasie – so die bakkie loop nie en rondhop op ʼn grondpad nie.

Die ontwerp van die nuwe D-Max is beslis mooi, en die binneruim wel meer leefstyl gerig. Die intreemodelle se kajuit kan effens plastiekerig voel maar ʼn mens moet nie vergeet dat dié bakkies as handelsvoertuie gebore is nie. Die reeksleidende LSE- en V-Cross-modelle se binneruime is uiters luuks met leerbedekte paneelbord en deurkaarte wat die plastiek gevoel uitwis.

Ons sal nog baie meer tyd met die verskeie modelle deurbring, maar in tussentyd sal ek dit só opsom. Isuzu se D-Max het uiters betroubare geloofsbriewe as dit kom by betroubaarheid. Die nuwe modelle sal dieselfde reputasie geniet. Die bakkies voel uiters sterk gebou en die enjins is lieflik. Die 1.9 bied 110 kW en 350 Nm en die 3.0 bied 140 kW en 450 Nm. Daar is ʼn magdom modelle, so ʼn mens kan besluit presies wat jy nodig het, en wat jou sak pas. Gaan toetsbestuur beslis ʼn D-Max… jy sal aangenaam verras wees.

Die reeks lyk só:

Isuzu D-Max 1.9 Ddi Single Cab HRR401 700
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Single Cab HR LR421 000
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Single Cab HR L A/TR439 200
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Single Cab 4×4 LR506 200
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Single Cab 4×4 L A/T RHDR528 800
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Extended Cab HRR433 600
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Extended Cab HR LR448 500
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Extended Cab HR LSR477 000
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Extended Cab HR LS A/TR496 200
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Extended Cab HR LSE A/TR595 100
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Extended Cab 4×4 LSE A/TR670 300
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Double Cab HR LR 498 900
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Double Cab HR L A/TR517 100
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Double Cab HR LSR520 800
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Double Cab HR LS A/TR537 500
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Double Cab 4×4 LR575 900
Isuzu D-Max 1.9 Ddi Double Cab 4×4 LS A/T RHDR629 300
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Double Cab HR LSE ATR716 400
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Double Cab 4×4 LSR679 400
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Double Cab 4×4 LS A/TR697 200
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Double Cab 4×4 LSE A/TR771 100
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Double Cab V-Cross HR A/TR760 100
Isuzu D-Max 3.0 Ddi Double Cab V-Cross 4×4 A/TR814 700

Die reeks word gedek deur ʼn vyf jaar/120 000 km-waarborg en ʼn vyf jaar/90 000 km-diensplan.

Sodra ons meer tyd met die D-Max deurbring sal ons hom teen sy mededingers vergelyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.