Jou eenstopwinkel vir voertuigregistrasies

(Grafika: Select Registration)

Die dae om in lang rye te staan, is iets van die verlede! Select Registration het ʼn interaktiewe, gebruikersvriendelike stelsel om jou te help om jou motorlisensie, nommerplate en nog vele meer te registreer en hernu.

Sodra jy jou voertuig aan Select Registration se stelsel gekoppel het, sal jy boonop elke jaar ʼn outomatiese herinnering ontvang voor jou lisensieskyf verval.

Jy kan ʼn enkele aansoek voltooi en seker maak al jou voertuie (insluitend sleepwa en karavaan) word op een stelsel hernu.

Beskikbare dienste

  • Aanlyn voertuiglisensie-hernuwing

Jou voertuig moet elke jaar hernu word. Uber-bestuurders en taxi’s moet ook elke ses maande ʼn geskiktheidsertifikaat (COF) bekom om die lisensieskyf te ontvang. Vragmotors moet jaarliks ʼn COF bekom. Select Registration stuur elke jaar vir jou ʼn herinnering en kwotasie en lewer jou lisensieskyf by jou voordeur af.

  • Kennisgewing van verandering van eienaarskap

Die eienaar wat die motor verkoop moet ʼn kennisgewing van verandering van eienaarskap (NCO) by die plaaslike munisipaliteit indien. Die verkoper sal op só manier nie verras word met enige agterstallige lisensiefooie indien die nuwe eienaar nie die voertuig in hul naam geregistreer het nie.

  • Registrasie en lisensiëring

Jy benodig ʼn afskrif van die vorige eienaar se ID-dokument, die nuwe eienaar se ID-dokument en ʼn bewys van woonadres. Die registrasie moet by jou plaaslike munisipaliteit plaasvind met ʼn getekende kennisgewing van verandering van eienaarskap (NCO) en die aansoek om registrasie en lisensiëring van motorvoertuig (RLV)-vorm.

  • Nommerplate

Alle nommerplaat-bosseleerders moet deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) goedgekeur word. Jy sal dié unieke SABS-kode vir die bosseleerder in die hoekie regs onder op die nommerplaat sien. As daar nie ʼn kode vir die nommerplaat is nie, is die nommerplaat ongeldig.

  • BRNC (Natis-sertifikaat vir besigheidregistrasie)

Elke onderneming wat ʼn voertuig op die besigheid se naam wil registreer, het só sertifikaat nodig. Die direkteurs van die onderneming sal ʼn lewende persoon as die gevolmagtigde/verteenwoordiger moet aanwys wat namens die maatskappy die dokumente kan onderteken.

  • Handelaarsvoorraad

Dit word gedoen vir handelaars wat ʼn voertuig by hul voorraad wil byvoeg (en tydelik die lisensiëringsfooie wil opskort). Hierdie voertuiglisensie verval nooit nie, aangesien die voertuig as voorraad aangedui word. Die voertuig kan as handelaarsvoorraad geregistreer word solank as wat die voertuig op die handelaar se vloer staan.

  • Permitte

Jy het ʼn 21 dae permit of 3 dae permit.

  • Handelaarsplaat

Handelaars en werkswinkels maak gebruik van ʼn handelaarsplaat om die voertuig op openbare paaie te gebruik wanneer dit vervoer word vir herstelwerk, gebruik word vir toetsritte of om dit tussen handelaars te skuif.

  • Verpersoonlikte nommerplate

Verpersoonlik jou voertuig met ʼn persoonlike nommerplaat! Vlootmaatskappye maak soms van verpersoonlikte nommerplate gebruik om die vlootnommer maklik te identifiseer.

Kontak ons

Select Registration lewer tans diens in Pretoria, Johannesburg, Ekurhuleni, Kaapstad, Gqeberha (Port Elizabeth), Nelspruit en Durban. Stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected] vir ʼn kwotasie indien jy in enige ander gebied woon.

Maak lang rye iets van die verlede en registreer jou voertuig nou by selectreg.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.