‘King of the Hill’ begin vandag by Simola

Die fantastiese Nissan GTR is beslis een van die mees verteenwoordige mededingers elke jaar by die Simola Hillclimb. (Foto: Brendon Staniforth)

Die Simola Hillclimb is aan die gang en ʼn reuseverskeidenheid van motors, van Mini’s tot renmotors, is in aksie.

Ons het gister pragtige veteraanmotors teen die bekende bult sien opjaag.

Franco Scribante het met die louere weggestap in sy Chevron B26 wat deur twee Suzuki Hyabusa-enjins aangedryf word. Scribante is die suksesvolste renjaer in die Hillclimb se geskiedenis. Sy tyd oor die wenstreep is 39.943 sekondes.

Scribante se tyd was aanvanklik naasbeste teen die blitsvinnige Minardi F1-renmotor, maar die F1 het kegels geraak en die reëls bepaal dat die tyd dan uitgevee word. Dus het Scribante met sy tyd gewen.

Die twee Hyabusa-enjins is oorgebou in een V8-kragbron met dieselfde liefde vir hoë toere soos die skenkerenjins.

Die Simola Hillclimb is aan die gang en ʼn reuseverskeidenheid van motors, van Mini’s tot renmotors, is in aksie. (Foto: Brendon Staniforth)

Vandag begin die King of the Hill-segment van die toernooi. Die 2019-kampioen in die enkelsitplek-ren-en-sportmotor is André Bezuidenhout in sy Gould GR55 met 36.764 sekondes.

In die gewysigde sedanmotor-kategorie is Franco Scribante in sy Nissan GTR R35 met 39.342 sekondes. In die padvaardige sedan-en-supermotor-kategorie is Reghard Roets in sy Nissan GTR R35 met 44.094 sekondes.

Vandag se mededingers is:

 

 

Naam

 

Van

 

Kar

 

Enjin

Enjin  (l)#

sil

 

Jaar

AndreBezuidenhoutGouldMcClaren3,882007
RobertWolkPillbeamFord3,581989
WayneJardineReynardVW2,042004
ByronMitchellReynardVW2,042002
Andrew IanSchofieldMygaleFord Duratec2,042018
AndrewSchofieldMygaleFord Duratec1,642015
AndrewRackstrawReynardVW2,042002
LouisVan der MerweSwiftVolkswagen2,041992
TerrySmithSpeedcar XtremeSuzuki0,642018
MeganVerlaqueSpeedcar XtremeSuzuki0,642018
TomBarrettLotusToyota2,042006
DevinRobertsonRadicalHyabusa1,441992
JeffreyKrugerLotusToyota1,642000
JamesForbesADRSuzuki1,342006
MichaelVerrierShelbyNissan3,561989
RuiCamposShelbyFord5,081990
WilhelmBaardNissanNissan3,862014
ChrisHollisNissanNissan3,862014
ReghardRoetsNissanNissan3,862015
AldoScribanteAudiAudi3,062011
FrancoScribanteNissanNissan3,862016
ElwynSteenkampNissanNissan3,862013
DarronGudmanzNissanNissan2,661992
BrendonRobson ParsonsAudiAudi2,552021
JodyVan ZummerenNissanRB 262,661994
MartinVan ZummerenNissanRB 262,662002
WadeVan ZummerenNissanRB 262,662002
CharlJoubertLotusHonda3,562005
JanusJanse van RensburgNissanNissan2,561991
GaryMartinsBMWBMW Diesel3,062016
DawieJoubertLotusFerrari3,982001
CraigCzankLotusNissan3,862001
SaverioGualtieriBMWBMW4,082014
BoetaCrouseNobleFord V63,062006
ThoucaMechanicosMercedes-BenzAMG5,582004
AdrianDaltonBMWBMW3,062008
PieterZeelieToyotaToyota3,562002
IanShrosbreeNissanNissan2,561996
ColePowelsonCitroenAudi / Cosworth2,762002
StiaanKrielBackdraftLexus4,081964
SilvioScribanteLamborghiniLamborghini5,2102019
RicardoGiannoccaroLamborghiniLamborghini5,2102014
CharlArangiesLamborghiniLamborghini5,2102019
FrancoDi MatteoJaguarFord6,082000
AntonCronjeSubaruSubaru2,542013
PierreBesterMercedesMercedes2,042104
JuanVan RensburgAudiAudi1,842001
RobbyFerroliVWVW2,041980
ShaneNaiduMitsubishiMitsubishi2,042007
NicSchwerdtfegerMitsubishiMitsubishi2,042007
ClareValeSubaruSubaru2,042013
OwenBridgerHondaHonda2,442007
LeeThompsonVWVW2,042016
BobNeillFordFord2,042017
FarhaadEbrahimBMWBMW3,262001
JohanDe BruynBMWBMW3,662009
PaulMunroBMWBMW3,262003
KarelStolsMazda20B Rotary1,9R1993
UdoDe BeurgesAudiAudi2,552019
RynoScheepersMazda13B Rotary1,361976
PaigeLindenbergFordFord5,082018
FrancoisFritzToyotaToyota5,0122011
PeterLindenbergShelbyFord5,082016
CharlesNeedhamShelbyFord5,082017
JohanPretoriusMercedesMercedes4,082017
GarthMackintoshMcLarenMcLaren4,082017
PietPotgieterAlfa RomeoAlfa Romeo2,962017
GordonNicholsonAudiAudi V10 plus5,2102017
MartinWiidBMWBMW4,082008
Jean-PierreVan der WaltPorschePorsche4,062016
FerozEbrahimBMWBMW3,262008
FrancoisCowleyBMWBMW2,561989
FrancoisVan TonderAudiAudi2,851996
WillieStanderOpelOpel2,041990
ArnoldDu PlessisMiniMini2,042020
JacquesBowerFordFord2,041977
JaredYeoPorschePorsche2,542017

Die fantastiese Nissan GTR is beslis een van die mees verteenwoordige mededingers elke jaar by die Simola Hillclimb.

Godzilla is dié jaar weer terug en ek is oortuig dat Scribante die vinnigste tyd met sy verskriklike GTR wil opraap.

Die ‘King of the Hill’ begin vandag by Simola. (Foto: Brendon Staniforth)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.